Monday, 17 March 2014

gebedsversoeke

Hi julle,

Sien asb die onderstaande gebedsversoeke!

Mag jou dag pragtig wees!!

blessings!

anel

1.  Kan ek asb vra dat daar vir Cath-Mari Nel gebid moet word. Haar man, Lee, is skielik oorlede Vrydag en sy is 7maande swanger met hulle eerste kind. Bid asb vir haar deur hierdie eina tydperk en al die onsekerheid wat sy nou het en dat God sal voorsien in alles wat sy nodig het.

2.  Ek wil graag vra dat almal vandag sal bid vir my vriendin, haar gesin en die familie. Dis haar oupa se begrafnis . bid asb vir krag en dat God hulle sal vashou. Baie dankie.
 

Sunday, 16 March 2014

praise report en gebedsversoeke...

Hi julle!

Sien asb die praise report en gebedsversoeke hieronder!

God is groot!!!

blessings!

anelxx
 
 
Hi Al my Jesus Maatjies
Baie Baie dankie vir elkeen van julle se gebede My kleinkind se magie is sedert my versoek pynloos en so normaal soos kan kom die laaste tydjie en Ja daar is verligting met  my geldsake PRYS DIE HERE
Anel asb kan jy vra dat almal asb ernstig moet Bid vir Marelize Niemand (Kollega) baie ernstig siek(kanker) Sy verduur dag en nag  Baie pyn Asb vra die Liewe Heer om ‘n wonderwerk te doen en vir Haar verligting te gee
En dan ook Vir Helen (Kollega) wat Haar Liefling seun  in Moterfiets ongeluk verloor het Sy is stukkend mag die Liewe Heer haar en haar gesin ook hierdeur sal dra
Nogmaals Dankie vir mense soos julle Mag God elke dag oor almal van julle waak
Lekker Dag
Lovies

"Don't lose hope... When the sun goes down, the stars come out..." ~ Unknown


Haloes! J

"Don’t lose hope…  When the sun goes down, the stars come out…” ~ Unknown

Romans 8:39

“No power in the sky above or in the earth below—indeed, nothing in all creation will ever be able to separate us from the love of God that is revealed in Christ Jesus our Lord…”

Joel 3:10

“Let the weak say I am strong…”

“I may not have gone where I intended to go, but I think I have ended up where I needed to be…” ~ Douglas Adams

“Failure is a destination for those who give up and success, for those who keep trying…” ~ Apoorve Dubey

Een van my gunsteling dinge van die Kaap, is die pragtige berg, Tafelberg waarmee ons geseën is…  Volgens die New York Times was daar vir Kaapstad gestem as die gunsteling plek om te besoek gedurende 2014 – nommer 1 uit 52 ander plekke …  Iets wat NOG mooier is, is wanneer jy op Blouberg se strand, die son kan sien sak oor Tafelbaai…  Wanneer dit dan so skemer word en jy die sterre hulle opwagting sien maak, voel dit asof dit ‘n stukkie van die hemel moet wees…  Op die platteland – weg uit die stad, is dit vir my altyd AMAZING hoeveel helderder mens die sterre kan sien skyn…

Toe ek hieroor sit en dink het, het dit vir my soveel meer sin gemaak…  In die stad is ons geneig om baie gejaagd te lewe…  Jaag van die een “to do list” na die volgende, die een funksie of verpligting na die ander…  Staan op, begin met ons dagtaak, slaap partykeeer so laat as moontlik om net die ekstra stukkie slaap in te haal, ten einde meer energie te hê vir dit wat voorlê…  Waar wanneer jy op die platteland is, is die spoed van alles net bietjie stadiger…  Dae voel langer, mens het tyd vir jou medemens, tyd vir jou gesin en meer tyd vir God…  Soos wat jy meer sterre kan raaksien wanneer jy op die platteland is – weg van die gejaag en al die “bright city lights”, wil ek dus vergelyk met wanneer jy rustiger is, en uiteindelik meer kan “connect” met God…  Mens sien die sterre duideliker wanneer jy rustig is, genoeg tyd het en bietjie meer afgesonder is…  Wat ek eintlik wil skets aan jou, is wanneer jy jou stiltetyd hou – om werklik te kan connect met God, moet jy voldoende tyd uitsit – jy moet jouself afsonder sodat jy lekker kan gesels met God…  Van my lekkerste kuiers met vriende en vriendinne, is wanneer ons one on one kan sit en gesels en net bietjie “connect”…  Vergeet van alles wat nog gedoen moet word, vergeet van ‘n horlosie, vergeet van alles wat jou tyd opslurp, en fokus net op die hier en nou…  Ekt drie weke gelede gekuier by twee van my hartsvriende, en ek kon werklik voel hoe “re-charged” ek was na ‘n naweek in hulle geselskap…  Miskien is jy op moedverloor se vlakte vandag…  Miskien wil dinge net nie uitwerk soos wat jy gehoop het nie…  Miskien het daar dinge in jou lewe gebeur hierdie afgelope tyd, waarmee jy net nie lekker weet WAT om mee te doen…  Hoe verwerk jy dinge wat jou lewe uitmekaar geruk het?  Hoe gaan jy aan?  Al wat ek kan sê – maak tyd vir God…  Gaan sit vanoggend of vanaand by Sy voete, en gesels met God soos jy met jou beste vriend of vriendin sou gesels – Hy wil weet wat aangaan in jou lewe, en Hy sal sorg vir antwoorde op jou tientalle vrae waarmee jy worstel…  God het ‘n manier om ons te verras – om antwoorde te gee op die vrae waarmee ons worstel – partykeer op die awesomste maniere denkbaar!  Iemand het laas week toe ek in Cum was, vir my en my broer ‘n kaartjie met ‘n Bybelvers op gegee toe ons iets gekoop het…  My broer s’n het my so getref, die boodskappie was – NIKS is vir God onmoontlik nie (Lukas 1:37)…  So al voel dit vir jou of jy binne in ‘n storm vasgekeer is – weet vandag, NIKS is vir God onmoontlik nie…  Hy sal sorg...   

Blessings!

anelxx

Thursday, 13 March 2014

“We learn something from everyone who passes through our lives... Some lessons are painful, some are painless, but, all are priceless.” - Unknown


 Haloes! J

“We learn something from everyone who passes through our lives... Some lessons are painful, some are painless, but, all are priceless.” - Unknown

Isaiah 35:4

"... say to those with fearful hearts, "Be strong, do not fear; your God will come, he will come with vengeance; with divine retribution he will come to save you."

1 Chronicles 22:13

Then you will have success if you are careful to observe the decrees and laws that the LORD gave Moses for Israel. Be strong and courageous. Do not be afraid or discouraged.

“Three things you cannot recover in life: the WORD after it’s said, the MOMENT after it’s missed and the TIME after it’s gone. Be Careful!” – Unknown

“When the past calls, let it go to voicemail, believe me, it has nothing new to say.” - Unknown

Dis vir my ongelooflik hoe divers God ons geskep het…  Elke persoon het verskillende talente, ons lyk anders as die persoon langs ons en ons belangstellings is uniek…  Ek’t veral opgetel toe ek in Nederland gewerk het, hoe Suid-Afrikaanse kultuur verskil van die Nederlanders…  Dieselfde is ook waar vir my huidige Indiese kollegas…  En dis nie dat een reg is en die ander verkeerd nie – dis net AMAZING om te sien HOE groot God moet wees, aangesien elke liewe een van ons na Sy beeld geskape is…  Ek dink nie ons brein is groot genoeg om dit te begryp nie… Hierdie aanhaling vandag is vir my absoluut uniek!  Want hoe waar is dit nie??  Ek glo dat mense nie maar TOEVALLIG oor jou lewenspad kom nie…  Sommige mense kom oor ons pad sodat ons van hulle kan leer en dat hulle ons kan equip vir die paaie wat vir ons voorlê…  Ek dink byvoorbeeld aan leiers by die werk, leiers by die kerk en vriende wat vir jou soos ‘n “mentor” is…  Ander mense kom weer oor jou pad sodat JY vir HULLE iets kan beteken  of leer…  God stuur baie keer mense oor ons pad wat deur dieselfde uitdagings worstel, as wat ons al moes deurworstel…  En wie beter om te verstaan waardeur iemand gaan, as JY wat reeds deur ‘n soortgelyke uitdaging is?  God weet wat Hy vir jou beplan – selfs al moes jy deur moeilike tye worstel as gevolg van MENSE – ek glo dat jy iets uit die situasie geleer het en dat dit jou weer sal equip vir volgende vriendskappe…  Ek wil vandag ‘n baie inspirerende storie met jou deel van HOE ‘n tannie, ‘n jong mens se lewe op ‘n BAIE positiewe manier beïnvloed het…  Daar is vir ons elkeen GROOT waarheid in die storie opgesluit – so neem 5 minute en lees dit…

“The first day of university our professor introduced himself and challenged us to get to know someone we didn't already know. I stood up to look around when a gentle hand touched my shoulder.  I turned around to find a wrinkled, little old lady beaming up at me with a smile that lit up her entire being.  She said, 'Hi handsome. My name is Rose. I'm eighty-seven years old. Can I give you a hug?'   I laughed and enthusiastically responded, 'Of course you may!' and she gave me a giant squeeze…  'Why are you in college at such a young, innocent age?' I asked.   She jokingly replied, 'I'm here to meet a rich husband, get married, and have a couple of kids....'   'No seriously,' I asked. I was curious what may have motivated her to be taking on this challenge at her age.  'I always dreamed of having a college education and now I'm getting one!' she told me.   After class we walked to the student union building and shared a chocolate milkshake.

We became instant friends. Every day for the next three months we would leave class together and talk nonstop. I was always mesmerized listening to this 'time machine' as she shared her wisdom and experience with me.  Over the course of the year, Rose became a campus icon and she easily made friends wherever she went. She loved to dress up and she reveled in the attention bestowed upon her from the other students. She was living it up.   At the end of the semester we invited Rose to speak at our football banquet. I'll never forget what she taught us. She was introduced and stepped up to the podium. As she began to deliver her prepared speech, she dropped her three by five cards on the floor.

Frustrated and a little embarrassed she leaned into the microphone and simply said, 'I'm sorry I'm so jittery. I gave up beer for Lent and this whiskey is killing me! I'll never get my speech back in order so let me just tell you what I know.'   As we laughed she cleared her throat and began, ' We do not stop playing because we are old; we grow old because we stop playing.  There are only four secrets to staying young, being happy, and achieving success. You have to laugh and find humour every day. You've got to have a dream. When you lose your dreams, you die.  We have so many people walking around who are dead and don't even know it!  There is a huge difference between growing older and growing up.   If you are nineteen years old and lie in bed for one full year and don't do one productive thing, you will turn twenty years old. If I am eighty-seven years old and stay in bed for a year and never do anything I will turn eighty-eight.  Anybody! Can grow older. That doesn't take any talent or ability. The idea is to grow up by always finding opportunity in change. Have no regrets.

The elderly usually don't have regrets for what we did, but rather for things we did not do. The only people who fear death are those with regrets.'  She concluded her speech by courageously singing 'The Rose.' She challenged each of us to study the lyrics and live them out in our daily lives. At the year's end Rose finished the college degree she had begun all those months ago.   One week after graduation Rose died peacefully in her sleep.   Over two thousand college students attended her funeral in tribute to the wonderful woman who taught by example that it's never too late to be all you can possibly be.   REMEMBER, GROWING OLDER IS MANDATORY. GROWING UP IS OPTIONAL. We make a Living by what we get. We make a Life by what we give.   God promises a safe landing, not a calm passage. If God brings you to it, He will bring you through it. Good friends are like stars..... .....You don't always see them, but you know they are always there.'  ~ Forward email

Mag jou naweek AWESOME wees!

Blessings!

Anel xx

Wednesday, 12 March 2014

gebedsversoek

hi julle!

Ekt die volgende dringende gebedsversoek vanmiddag gekry...  Bid asb saam - soos ons vandag getuienis gesien het, weet ons, ons dien 'n God wat WONDERS doen!

Mag julle 'n pragtige daggie he!

blessings!

anel

Hi anel,

Ek le in hospitaal. Het 2.5 weke terug n operasie gehad en is eergister weer opgeneem agv ernstige bloeding. Moes weer in teater ingaan. Dis nou dag 3 in die hospitaal. Ek voel baie sleg en hulle oorweeg n bloedoortapping. Ek is bang. Sal jy asb vra dat mense vir my bid vir rustigheid en dat ek sal herstel en dat as ek bloed moet kry dit sal goed gaan.

baie dankie xx