Monday, 25 November 2013

“For every minute you are angry, you lose sixty seconds of happiness…” ~ Ralph Waldo Emerson


Haloes! J

“For every minute you are angry, you lose sixty seconds of happiness…” ~ Ralph Waldo Emerson

Ecclesiastes 3:1-8

There is a time for everything, and a season for every activity under heaven: a time to be born and a time to die, a time to plant and a time to uproot, a time to kill and a time to heal,
a time to tear down and a time to build, a time to weep and a time to laugh, a time to mourn and a time to dance, a time to scatter stones and a time to gather them, a time to embrace and a time to refrain, a time to search and a time to give up, a time to keep and a time to throw away, a time to tear and a time to mend, a time to be silent and a time to speak,

a time to love and a time to hate, a time for war and a time for peace.

Isaiah 49:13

Shout for joy, you heavens; rejoice, you earth; burst into song, you mountains! For the LORD comforts his people and will have compassion on his afflicted ones.

Daar is 'n gediggie wat sê: As ek geweet het dis die laaste keer, dat ek jou aan die slaap sou sien raak, sou ek meer moeite gedoen het om jou warm toe te maak. As ek geweet het dis die laaste keer wat ek jou by die deur sien uitloop, sou ek jou gedruk en gesoen het - en jou teruggeroep het vir nog n drukkie. As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor, sou ek dit op band op geneem het sodat ek dit weer en weer kon speel. Ons leef so asof daar nog baie tyd oor is om alles te doen wat ons graag wil maar se nou vandag was die Laaste Kans! Die Bybel sê: " Ons is maar n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn." Kom ons maak vandag tyd om te sê: `Ek is jammer` of `Dankie` of `Ek waardeer Jou`! As môre dalk nie daar is nie, kom ons leef vandag voluit! Waardeer vandag die mense rondom jou.

Hoe maklik raak mens nie kwaad of geiriteerd met mense nie? Veral wanneer ons moeg is en veral hierdie tyd van die jaar!!  Die druk is meer, ons lonte is korter, en dit neem nie baie om ons oor die “edge” te stuur nie. Ek dink nie eens baie mense bedoel dit die helfte van die tyd nie, maar dan glip die baklei deur sonder dat jy dit eers bedoel het?! Dinge word gesê wat kon gebly het, en mense word seergemaak wat dit nie verdien nie… Miskien kan jy assosieer met hierdie – as die persoon wat kwaad word, maar ook as die persoon wat seergekry het… Is jy besig om vandag, op hierdie oomblik te LEWE, of is jy besig om op die kantlyn te sit en wag om as ‘n plaasvervanger vir iemand op te gaan? Jy het dalk al soveel seergekry, dat jy ophou om te probeer, en maar eerder as ‘n toeskouer sit en kyk hoe die ander mense lewe?

Seerkry is deel van die lewe (ongelukkig is dit ‘n harde realiteit!) – dis wat die legkaartstukkies kleur gee :) Sonder dit, sou jou lewe se prentjie net wit en swart blokkies wees :) God het ‘n doel met elke stukkie seerkry wat jy al moes deurmaak, en ook nog gaan deurmaak… En Hy weet wat Hy vir jou beplan, en wat jy nodig het om daar uit te kom – al wat Hy van jou vra, is om te vertrou… Ek wil hierdie gediggie voor jou deur lê en vra dat jy dit sal onthou wanneer jy weer op die “bench” wil klim en kyk hoe ander lewe! Niemand van ons weet of ons volgende week, wat nog volgende jaar hier gaan wees nie… Mens weet ook nie of jou laaste woordewisseling of baklei die laaste woorde sal wees wat jy vir ‘n geliefde of vriend uiter nie… Of as jy dalk stilbly toe jy kans gehad het om dinge reg te maak met jammer, of te sê dat jy lief is vir iemand… Waardeer die mense in jou lewe!!! Waardeer al die kanse wat God jou saam met hulle gee! God sal die stukke van jou seerkry weer saamsit, en vir jou sorg! HY sal die moeilike tye en stukkende hart wat jy dalk het, ten goede gebruik… Laat Hom toe om Sy beste vir jou te gee, deur bietjie meer te waag deur Hom te vertrou!, en minder op jouself staat te maak deur op die bench te sit…

Blessings! 

anelli**

 

Sunday, 24 November 2013

“Sometimes God does not give you what you think you want, not because you don’t deserve it, but because you deserve better…” ~ Unknown

Haloes! J

“Sometimes God does not give you what you think you want, not because you don’t deserve it, but because you deserve better…” ~ Unknown
Deuteronomy 7:9

“Know therefore that the LORD your God is God, the faithful God who keeps covenant and steadfast love with those who love him and keep his commandments, to a thousand generations…”

Joshua 1:7-9

“Only be strong and very courageous, being careful to do according to all the law that Moses my servant commanded you. Do not turn from it to the right hand or to the left, that you may have good success wherever you go. This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall meditate on it day and night, so that you may be careful to do according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success. Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be frightened, and do not be dismayed, for the LORD your God is with you wherever you go.”

“The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren

“If the only prayer you said was thank you, that would be enough.” ― Meister Eckhart
 
Ekt so ‘n tyd terug op ‘n donker pad gery…  My pa het agter my aangery, so wanneer ek in my tru-spieel gekyk het, het ek daardie rustige gevoel gehad, omdat ek geweet het hy ry net agter my…  Ons kom toe egter by ‘n verkeerslig, waar ek oor die lig gery het, maar hy gevang was met ‘n rooi lig…  Ek moes toe ‘n gedeelte van die donker pad op my eie aflê…  Kort, kort het ek in my tru-spieel gekyk, en niks behalwe donkerte gewaar nie.  Na seker so 5 kilometer van donkerte, het sy motor weer agter my verskyn, en ons het die res van die pad saam afgele…  Nou is my vraag - wanneer jy fiets ry, of motor bestuur, hardloop of stap – kyk jy heeltyd agter jou, of kyk jy na wat voor jou in die pad lê? Ek is seker dat ten minste 99% van die tyd, kyk jy voor jou! Want as jy heeltyd gaan terugkyk, is die kans goed dat jy in iets gaan vasry of vasloop en daar sal ’n groot kans wees dat jy baie seer sal kry! Die goed waar jy verbyry of verby stap, mense wat jy ontmoet oppad, is alles deel van God se groter plan vir jou lewe… Elke dag, is daar dinge wat gebeur, geselsies wat jy het, situasies wat jy moet hanteer, wat jou vorm en gevorm het tot die mens wat jy is vandag…

Hoekom dan, as ons die bostaande toepas wanneer ons bestuur, fietsry, hardloop of stap, doen ons die teenoorgestelde in ons daaglikse lewe? Ons bly terugkyk, na die dinge wat reeds gebeur het… Dinge wat ons verkeerd gedoen het, waarvoor ons, onsself nie kan vergewe nie… Ons bly tob oor mense wat ons seergemaak het voorheen, en hou dan in die proses AWESOME ander mense uit ons lewe, omdat ons bang is dieselfde gebeur weer… Ons kan nie mense oor dieselfde kam skeer nie… Sommige goed gebeur in mens se lewe, sodat jy daaruit kan leer, en sterker word… Maar God stuur daaglikse blessings oor jou pad… Ons moet dit net raaksien!! Is jou daaglikse geselsie met Jesus ’n stuurwiel, of ’n spaarwiel? Soos wat jy jou beste vriend, of vriendin vertel van dinge wat daagliks in jou lewe gebeur – en so julle vriendskapverhouding bou, so wil Jesus ook daagliks deel wees van jou lewe… Hy het jou oneindig lief… Soos wat my pa, heel pad agter my aangery het huis toe, SO staan God ELKE LIEWE DAG EN NAG, vierkantig agter jou…  Wanneer dit dalk donker raak op jou lewenspad, beteken dit nie dat God jou verlaat het nie – al sien jy Hom nie, of al kry jy dalk nie dadelik antwoorde op jou gebede nie, beteken dit nie dat Hy nie daar is nie…  God antwoord ’n hart wat met verwagting na Hom toe kom… God KEN jou hart – so jy kan kom nes jy is… Wanneer jy op jou knieë staan, is dit moeilik om platgeslaan te word deur die storms van die lewe… Jesus sal jou staande hou – en Hy sal jou lewensboot deur die storm, tot in die veilige hawe deursien… VERTROU… BLY HOOP… HOU AAN OM GELOOF IN GOD TE HE! Moenie ongeduldig raak met Jesus nie - die seen sal net soveel groter wees, wanneer jy wag vir Sy tyd...

Blessings!

Anelli**

 

Thursday, 21 November 2013

“Pain is your ally; it is your friend. Pain reminds you to finish the job and get the hell home. Pain tells you when you have been seriously wounded. And you know what the best thing about pain is? It tells you you’re not dead yet!” – G.I Jane

Haloes! J

“Pain is your ally; it is your friend. Pain reminds you to finish the job and get the hell home. Pain tells you when you have been seriously wounded. And you know what the best thing about pain is? It tells you you’re not dead yet!” – G.I Jane

Isaiah 40:31

“But they that wait upon the LORD shall renew their strength; they shall mount up with wings as eagles; they shall run, and not be weary; and they shall walk, and not faint.

Habakkuk 3:19

“Although the fig tree shall not blossom, neither shall fruit be in the vines; the labour of the olive shall fail, and the fields shall yield no meat; the flock shall be cut off from the fold, and there shall be no herd in the stalls: Yet I will rejoice in the LORD, I will joy in the God of my salvation. The LORD God is my strength, and he will make my feet like hinds’ feet, and he will make me to walk upon mine high places.”

“When everything seems to be going against you, remember that the airplane takes off against the wind, not with it.” – Henry Ford

“There is only one response we should have towards fear…  I will not fear…” ~ Joyce Meyer

As jy dink aan die woordjie PYN, wat is die gedagtes wat by jou opkom? Fisiese pyn – soos nerf-af knieë, kopseer, tandpyn of figuurlike pyn – soos jou stukkende hart, hartseer wat jy ervaar, verlies, bekommernis? Beide die tipes pyn kan ongelooflik seermaak! Ek dink aan toe ek klein was en met my fiets geval het… ’n Nerf-af knie, waarop my ma dan mercuricrum gesit het om die wond droog te maak… Ek onthou dat dit onmenslik seer was! Die wond kon ook slegs genees deurdat my ma my versorg het… My been gedokter het, en die wond gereeld skoongemaak het… As ek net ’n groot pleister daaroor sou plak, was daar die gevaar dat die wond kon onsteek, en ek infeksie daarin kon kry, wat nog erger gevolge sou hê!
Ons doen baie keer net die teenoorgestelde wanneer pyn in ons lewens na vore kom… Ons plak ’n pleister daarop, en hoop dat deur nie daarna te kyk nie, of nie daaroor te praat nie, dat dit net sal weggaan… Pyn – letterlik of figuurlik, het tyd nodig, om minder te raak… En om uiteindelik gesond te raak… Daar is ook nie ’n maklike antwoord vir hoekom ons, wat God se kinders is, pyn moet ervaar en daardeur moet sukkel nie… Miskien het ’n vriend of vriendin jou ongelooflik seergemaak, of miskien het iemand jou hart gebreek… Miskien is daar iemand in jou lewe wat net aanhou verkeerd doen, en is jou hande afgekap, dat jy niks kan doen om hom / haar te help nie… Miskien sit jy met ongelooflike bekommernis wat uiteindelik konstante pyn veroorsaak, omdat dit finansieël, so moeilik gaan dat jy nie weet waar jy uitkoms gaan kry nie… Miskien is jy siek, en weet jy nie hoe om positief te bly, en die siekte te face nie?

God is met jou… Die stukkie in Psalm 34:18: “The Lord is close to the brokenhearted and saves those who are crushed in spirit…” is vir my so mooi! TIME HEALS ALL wounds… God sal heelmaak wat stukkend is… Jy moet Hom net in beheer stel en toelaat… Baie van ons is “fixers”… Ons probeer heeltyd sterk wees vir almal en alles rondom ons, en probeer om vir al die moeilikhede uitkoms te kry… Ons probeer maklike oplossings vind (“quick fix”), maar dit is nie noodwendig wat ons hart gaan heelmaak nie… God het BAIE meer ondervinding as ons in moeilik situasies… Al wat Hy vra is ons vertroue in Hom, om vir ons dit uit te sorteer… Jesus is GROTER as ENIGE IETS wat JY vandag moet deurmaak… Hy het die GROOTSTE PYN deurstaan aan die Kruis, en HY sal OM DAARDIE REDE, jou NOOIT ALLEEN los nie!
Blessings!

Anelli**

Wednesday, 20 November 2013

“Having a rough day? Place your hand over your heart… Feel that? It is called purpose… You’re alive for a reason… Don’t give up…” ~ Joyce Meyer


Haloes! J

“Having a rough day? Place your hand over your heart…  Feel that?  It is called purpose…  You’re alive for a reason… Don’t give up…” ~ Joyce Meyer

Psalm 23:1-6

“The Lord is my shepherd; I have all that I need.  He lets me rest in green meadows; he leads me beside peaceful streams.  He renews my strength.  He guides me along right paths, bringing honour to his name.  Even when I walk through the darkest valley, I will not be afraid, for you are close beside me. Your rod and your staff protect and comfort me.  You prepare a feast for me in the presence of my enemies. You honour me by anointing my head with oil. My cup overflows with blessings. Surely your goodness and unfailing love will pursue me all the days of my life, and I will live in the house of the Lord forever…”

Revelation 22:21

“The grace of Lord Jesus Christ be with you all. Amen…”                                                                      

“Happiness is not a feeling, it is a choice. To be happy, one must choose to be happy, not respond to a circumstance that now controls your happiness.” ― Joyce Meyer

“God has planted greatness in you…  Let TODAY be the beginning of a great adventure as you step into the gifts He’s given you…” ~ Joyce Meyer

Hierdie tyd van die jaar is mens geneig om baie keer net te “bestaan”…  Opstaan, werk toe, skool toe, doen wat gedoen moet word, skryf eksamen, huis toe, slaap, REPEAT TOMORROW…  Die jaar van gejaadheid, lysies wat gecheck moet word, mense wat gelukkig gehou moet word, eksamens wat geskryf moet word, funksies wat bygewoon moet word, alles wat klaargemaak moet word voor jy dalk gelukkig genoeg is om vakansie te kan neem, is eindeloos…  Dis ook gewoonlik hierdie tyd van die jaar dat mens voel – my krag en geduld is min, dinge wat verkeerd loop is BAIE en ek’t net ‘n break nodig, want ek sukkel om die PURPOSE in my lewe raak te sien of dalk om dit uit te lewe?!                         

Miskien is hierdie vandag jy…  Miskien het jou jaar ‘n paar draaie geloop wat jy nie voorsien het nie…  Miskien is jy op hierdie stadium so moeg dat jy jou stiltetyd sny, om tyd te maak vir al die ander 100 dinge wat gedoen moet word…  Miskien het jy jou hoop verloor…  Miskien weet jy nie meer WAT jou purpose in hierdie wêreld is nie…  Ek’t nou die dag ‘n awesome aanhaling gelees…   Dit het gesê – maak seker dat jy nie vir God “in-pencil” in jou dagboek, en dan rondskuif of partykeer sommer jou gesprek met Hom totaal en al kanselleer nie…  Sit vir God EERSTE in jou dagboek, en skuif die ander dinge rondom Hom…  Ek wil met Joyce Meyer se aanhaling hierbo ook heelhartig saamstem…  As jy jou hart voel klop – WEET vandag dat jy geskape is om ‘n spesifieke doel te vervul…  God het jou geskape, en die wêreld sal ‘n armer plek sonder jou wees, want NIEMAND anders is geskape om die PURPOSE te vervul wat God vir jou bestem het nie!  Jy is ONGELOOFLIK spesiaal…  Bid, en sit alles wat jou pla, vandag neer by die Kruis…  Laat Jesus toe om die dinge wat jou so omkrap, ongelukkig of moeg maak, uit te sorteer…  En byt vas – die einde van die jaar is om die draai!  Maak seker dat jy nie die laaste stukkie van 2013 omwens nie, maar maak seker dat jy elke dag LEEF!!  Moenie dinge uitstel nie – doen dit wat jou bangmaak, maak seker dat mense in jou lewe WEET hoe kosbaar hulle vir jou is – say what you need to say… LIVE, so that when you get to the end, you can say – I truly have NO REGRETS…  God het jou oneindig baie lief, en Sy purpose vir JOU lewe, is groter as wat jy OOIT sal hoop of dink…  Glo dit, LEEF dit! 

Blessings!

Anelli**                                                                                                                                                                     

Tuesday, 19 November 2013

“Tough times never last, but tough people do.” – Robert H Schuller


Haloes! J

“Tough times never last, but tough people do.” – Robert H Schuller

Psalm 117:1-2

“Praise the Lord, all you nations.  Praise him, all you people of the earth.  For he loves us with unfailing love; the Lord’s faithfulness endures forever. Praise the Lord!”

Philippians 3:13

“Brothers, I do not consider myself yet to have taken hold of it. But one thing I do: Forgetting what is behind and straining toward what is ahead, I press on toward the goal to win the prize for which God has called me heavenward in Christ Jesus.”

“What God intended for you goes far beyond anything you can imagine…” - Oprah

“Courage is fear that has said its prayers and decided to go forward anyway.” ― Joyce Meyer

Wanneer jy ‘n slegte dag het kan die tyd partykeer BITTER stadig verby gaan…  Die lekker ding om te weet in so ‘n geval, is dat jy net moet uithou tot aan die einde van die werk- of skooldag, totdat jy kan huis toe gaan…  Die dag kan nie langer as 24uur aanhou nie…  Netso met ‘n “scary” fliek wat jy kyk, slegte funksies wat jy moet bywoon, onderhoude wat jy moet deurmaak, dokters of tandarts-afsprake waarvoor jy vrees – jy weet die uur gaan aanbreek, en jy sal dit moet verduur vir die lengte daarvan, maar jy weet ook (of dit nou van vorige ervaring of logiese denke is), dit sal NIE vir ewig aanhou nie!

Dieselfde is waar vir slegte “tydperke” waar uitdagings, moeilikheid, pyn, hartseer of groot uitdagings aan die orde van die dag is…  Dit hou partykeer vir ‘n baie lang tyd aan, en wanneer jy IN die situasie is, kan dit partykeer voel asof dit NOOIT as te nimmer gaan ophou nie…  Maar soos alle goeie goed in die lewe, MOET die wiel iewers draai…  Jesus het vir ons die grootste voorbeeld kom gee van dat slegte tye nie vir ewig aanhou nie – deurdat Hy vir ons ‘n NUWE lewe kom gee het die dag toe Hy vir ons aan die kruis kom sterf het…  Ek dink dit moes vir Hom bitter erg gewees het om te weet wat vir Hom voorlê, maar steeds het Hy deurgedruk, en danksy Hom kan ons eendag die Ewige Lewe hê, wanneer ons Hom kies…

Miskien voel jy vandag op moed verloor se vlakte en weet jy net nie meer wat die punt is van al die gesukkel wat jy moet verduur nie…  Miskien bid jy al vir ‘n tyd lank vir iets, maar die deurbrake wil net nie kom nie…  Miskien is jy moeg gewag…  God ken jou hart…  Hy IS by jou, selfs al voel dit vir jou of jy nou al ‘n tyd lank die lewensreis op jou eie aangepak het…  Miskien is jy al OP van karakter bou – mens voel mos baie keer – ek is nou al sterk genoeg – HOEVEEL moet ek dan nou nog deurmaak?!  Ek’t nie die antwoorde vir jou op al hierdie vrae nie…  Al wat ek jou kan verseker is dat jy NOOIT alleen hoef te voel, of dat jy die lewe en al sy dinge ALLEEN hoef aan te pak nie…  Jesus is ELKE dag met jou…  Sy Heilige Gees is IN jou en sal jou omvou met Sy liefde, genade en vrede…  Baie van die karakter-bou wat ek moes deurmaak, het my gehelp om op ‘n manier daar te kan wees vir ander mense wat deur soortgelyke dinge moet gaan…  Dit leer jou om humble te wees en compassion vir ander te hê…  Ek wil jou laat met die woorde van Robert H Schuller – tough times never last, but tough people do…  God is BY jou – elke oomblik van elke dag…  In die donkerste nag, en in die langste dag – Hy is by jou…  Hy sal jou dra waar dit vir jou voel of jy nie ‘n tree verder kan stap nie…  Hy is groter as ENIGE iets of IEMAND wat vandag oor jou pad sal kom…  Moenie moed opgee nie – dis altyd te vroeg om moed op te gee!  As jy aan ‘n resies deelneem, maar ophou hardloop voor jy die eindstreep oorsteek, sal jy uitmis op daardie “gevoel” van “accomplishment” asook die moontlike “prys” wat vir jou wag…  God het BAIE meer in store vir jou as wat jy ooit sal hoop of dink…  Jy is ONEINDIG kosbaar en Hy het jou bitter baie lief!  Hardloop jou lewenspad met volharding!!

Blessings!

Anel**