Wednesday, 21 November 2012

“Gebed is geestelike dinamiet...” ~ Helen Smith Shoemaker


Haloes! :)
 
“Gebed is geestelike dinamiet...”  ~ Helen Smith Shoemaker

Jakobus 5:13

“As daar iemand onder julle is wat swaarkry, moet hy bid...  As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing...  As daar iemand onder julle is wat siek is, moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here...  En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring, die Here sal hom gesond maak...  Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking...”

Matteus 18:19

“As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die Hemel is, hulle dit laat kry, want daar waar twee of drie in my Naam is, daar is Ek by julle...”

“Ons gebede word in verhouding tot ons geloof verhoor...  ‘n Klein stuk geloof sal ‘n groot stuk genade ontvang, maar ‘n groter geloof, selfs meer...”  ~ Charles H Spurgeon

“As jy nie kan bid soos jy wil nie, bid soos jy kan...  God weet wat jy bedoel...”  ~ Vance Havner

Dinamiet kom in klein pakkies...  Dis een van my gunsteling aanhalings en die van julle wat weet hoe groot ek is, sal verstaan :) Ek is 1.53m :)  Gebed  is vir my soos ‘n pakkie dinamiet...  Die klein pakkie dinamiet kan GROOT uitwerkings hê op jou onmiddellike omgewing...  Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking... Gebed kan lei tot ongelooflike wonderwerke...  Situasies wat onmoontlik gelyk het, kan deur God verander word, sodat uitkoms moontlik is...  Efesiers 3:20 sê die volgende:  “Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, moontlik is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus...”  

Solank ons glo, is niks onmoontlik nie...  Ek weet mens kan partykeer so oorweldig wees met omstandighede en situasies, dat dit nie altyd vir jou moontlik is om die regte woorde te kry ten einde te bid nie...  God verstaan!!!  Al sit jy net by Hom en huil, sal Hy verstaan wat jy bedoel...   Hy ken jou hart... Ek het nou die dag ‘n aanhaling gelees wat sê dat as jy ‘n net ‘n gedagte hemel toe stuur, is dit soos ‘n gebed... 

Wat ons ook baie keer beperk in gebed, is dat ons weet dat ons mense met beperkings is...  Ons probeer baie keer vir God oor dieselfde kam skeer...  Ons brein is nie groot genoeg om te besef hoe groot, en HOE magtig ons God is nie...  Daar is NIKS wat God nie kan doen nie – niks!  Maar as ons nie glo dat God enige iets, al is dit HOE onmoontlik, kan bewerkstellig nie, sal ons dit nie ontvang nie... Moenie vir God “limit” deur jou eie beperkings nie...  Gaan op jou knieë, en rus dan in die wete – wanneer God in beheer en aan die werk is, HOEF jy nie te vrees nie...  Hy sal by jou wees, en seker maak dat jy nie ‘n voet teen ‘n klip stamp nie of dat geen haar op jou hoof seergemaak word nie...  Gebed is 'n "habit" wat gekweek moet word...  Dat jy later nie eens meer dink dat jy moet bid nie - jy bid net...  Moenie dink God hoor jou nie - omdat Hy jou dalk nie antwoord nie...  God hoor elke gebed, en Hy ken elke hart.  Hy weet wat moet gebeur en wanneer, vir jou om die ultimate seen in jou lewe te ontvang...  God sal uitkomste vir onmoontlikhede voorsien - jou werk is om net te bid (in dinamiet pakkies - wat uiteindelik SO GROOT invloed sal he, in jou eie lewe, maar wat ook "faith" sal laat uitkring na die mense rondom jou), en te glo... 
 
Mag God jou vandag ryklik seen!  En mag jy weet dat jy oneindig kosbaar is vir Hom!

Blessings!
 
anelli**

“Time is free, but it's priceless. You can't own it, but you can use it. You can't keep it, but you can spend it. Once you've lost it you can never get it back.” ~ Harvey MacKay quotes


Haloes! J

“Time is free, but it's priceless. You can't own it, but you can use it. You can't keep it, but you can spend it. Once you've lost it you can never get it back.” ~  Harvey MacKay quotes

Jeremaia 33:3 

“Cry to me and I will hear thee: and I will shew thee great things, and sure things which thou knowest not…”

Psalm 121:7-8

“The LORD will keep you from all harm— he will watch over your life; the LORD will watch over your coming and 
going both now and forevermore…”

Too many people put off something that brings them joy just because they haven't thought about it, don't have it on their schedule, didn't know it was coming or are too rigid to depart from their routine.  I got to thinking one day about all those women on the Titanic who passed up dessert at dinner that fateful night in an effort to cut back. From then on, I've tried to be a little more flexible.  How many women out there will eat at home because their husband didn't suggest going out to dinner until after something had been thawed? Does the word 'refrigeration' mean nothing to you?  How often have your kids dropped in to talk and sat in silence while you watched ' Jeopardy ' on television?  I cannot count the times I called my sister and said, 'How about going to lunch in a half hour?' She would gas up and stammer, 'I can't. I have clothes on the line. My hair is dirty. I wish I had known yesterday, I had a late breakfast, It looks like rain.' And my personal favourite: 'It's Monday.' She died a few years ago. We never did have lunch together.

Because we cram so much into our lives, we tend to schedule our headaches.  We live on a sparse diet of promises we make to ourselves when all the conditions are perfect!  We'll go back and visit the grandparents when we get Steve toilet-trained. We'll entertain when we replace the living-room carpet... We'll go on a second honeymoon when we get two more kids out of college.  Life has a way of accelerating as we get older. The days get shorter, and the list of promises to ourselves gets longer. One morning, we awaken, and all we have to show for our lives is a litany of…'I'm going to,' 'I plan on,' and, 'Someday, when things are settled down a bit.'  When anyone calls my 'seize the moment' friend, she is open to adventure and available for trips. She keeps an open mind on new ideas. Her enthusiasm for life is contagious. You talk with her for five minutes, and you're ready to trade your bad feet for a pair of Roller blades and skip an elevator for a bungee cord..  My lips have not touched ice cream in 10 years. I love ice cream. It's just that I might as well apply it directly to my stomach with a spatula and eliminate the digestive process The other day, I stopped the car and bought a triple-Decker. If my car had hit an iceberg on the way home, I would have died happy.   Now...go on and have a nice day. Do something you WANT to......not something on your SHOULD DO list. If you were going to die soon and had only one phone call you could make, who would you call and what would you say? And why are you waiting?  ~ Forward email

Is jou skedule een van daardie waar jy moet beplan, om te kan ontspan??  Dan is hierdie stukkie hierbo NET vir jou (en vir my!)…  God gee elke dag aan ons die wonderwerk van tyd…  Wat ons daarmee doen, hang egter van onsself af…  Dis maklik om in “autopilot” al die take te doen wat gedoen moet word…  Hoeveel van jou dag is egter verrykend?  Hoeveel van jou dag spandeer jy tyd aan jou geliefdes?  Hoeveel tyd van jou dag spandeer jy om gelukkig te wees, en innerlike JOY te ervaar?  Hoeveel tyd spandeer jy om jouself te bekommer oor dinge waaroor jy geen beheer het nie?  Hoeveel keer in ‘n week sê jy vir die mense in jou lewe wat saakmaak dat jy hulle liefhet en dat hulle vir jou baie beteken?  Of leef ons maar van ons MOET doen lysies?  En sit alles wat ons nog wil doen op ‘n ander lysie?  En dis waar alles bly – op ‘n lysie… Moenie spyt wees oor dit wat jy nog altyd wou doen wanneer dit te laat is nie!  God sal die dinge in plek laat val soos wat dit moet wees, wanneer dit so moet wees… Al wat van jou verwag word, is om die oomblike en geleenthede wat aan jou daagliks gegee word, te BENUT en te waardeer en VOLUIT te lewe!  Mens is meer spyt oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het…  LEEF – jy is NOU hier!

Blessings!

Anelli**

Monday, 19 November 2012

“It’s our faith that activates the power of God.” – Joel Osteen


Haloes! J

“It’s our faith that activates the power of God.” – Joel Osteen

 Jonah 2:1-10

From inside the fish Jonah prayed to the Lord his God. He said:  “In my distress I called to the Lord,

and he answered me.  From deep in the realm of the dead I called for help, and you listened to my cry.  You hurled me into the depths, into the very heart of the seas, and the currents swirled about me; all your waves and breakers swept over me.  I said, ‘I have been banished  from your sight; yet I will look again toward your holy temple.’ The engulfing waters threatened me,  the deep surrounded me; seaweed was wrapped around my head.  To the roots of the mountains I sank down; the earth beneath barred me in forever.  But you, Lord my God, brought my life up from the pit.  “When my life was ebbing away,  I remembered you, Lord, and my prayer rose to you, to your holy temple. “Those who cling to worthless idols turn away from God’s love for them. But I, with shouts of grateful praise, will sacrifice to you. What I have vowed I will make good.   I will say, ‘Salvation comes from the Lord.’”  And the Lord commanded the fish, and it vomited Jonah onto dry land. 

 Men create real miracles when they use their God-given courage and intelligence...” – Jean Anouilh

“I am not embarrassed to tell you that I believe in miracles…” – Corazon Aquino

God het gevra dat Jona moet gaan preek in Nineve – en dat hy die inwoners moet wys daarop dat hulle afgedwaal het, en dat hulle ongehoorsaam was aan God…  Jona het egter gevlug, weg van die rigting waarin God hom gewys het, en het sy eie kop gevolg…  Hy het met ’n skip gevlug, saam met skeepsvaarders, wat nie ’n idee gehad het wat oppad was nie…  God het ’n storm laat uitbars wat so kragtig was, dat die boot onbeheerbaar geraak het…  Die bemanning het van die bagasie afgegooi, maar dit het geen verskil gemaak nie…  Hulle het na Jona gedraai en hom gevra om tot sy God te bid…  Jona het aan die bemanning gesê om hom oorboord te gooi (hy het geweet dat dit sy skuld was dat daar so ’n groot storm losgebreek het), maar hulle wou nie…  Hulle was bang dat hulle gestraf sou word vir die dood van ’n “onskuldige” man…  Toe daar later geen kant toe was waarheen hulle kon vlug nie, het hulle vir Jona oorboord gegooi…  God het ’n groot vis gestuur wat hom ingesluk het…  Vir 3 dae en 3 nagte was hy in die vis…  Hierbo is die gebed wat hy tot God gebid het…  Dis vir my ongelooflik mooi!  ELKEEN van ons kan daarmee assosieer…  Hoveel keer het ons nie al ons eie kop gevolg, en daardie stemmetjie in ons binneste geïgnoreer nie?  Hoe baie keer “vergeet” ons nie van God wanneer dit goed gaan nie?  Dis maklik om te bid wanneer dit moeilik gaan – want dan is God jou anker – jou vaste grond waarop jou voete kan staan…  Maar partykeer, vergeet ons om God te dank wanneer dit goed gaan…  En partykeer bid ons nie wanneer ons groot besluite moet neem nie, maar besluit ons sommer self…  Die lewe is so ’n gejaag dat daar nie tyd is vir stil en rustig word nie…

Ek het vandag 3 keer die boodskap gekry – God se tyd, nie my eie tyd nie…  Maar hoe moeilik is dit nie!!  Daar is niks meer frustrerend om in ’n ry te staan en wag, veral as jy haastig is nie!  Hoeveel meer frustrerend is dit dus nie, as jy antwoorde wil hê op sekere goed waarmee jy worstel, maar jy geen konkrete antwoord van God kry nie?  Partykeer hou jy op bid, omdat dit vir jou voel of God nie luister nie…  Miskien slaan al die deure wat jy graag sou wou oop hê, toe…  Ek belowe jou vandag – iets waarvan ek BAIE seker is, in die woorde van Hellen Keller:  “When one door of happiness closes, another opens; but often we look so long at the closed door that we do not see the one which has been opened for us.”  Vir elke “Nee” antwoord wat God vir jou het, het Hy iets BAIE meer spesiaal en besonders as wat jy vir jouself hoop of droom of dink…  Die geheim is net om nie op te hou bid nie, nie op te hou vertrou nie, en nie op te hou wag op God nie…  God se “experience” ten opsigte van DIE LEWE, is duisende jare meer as jou en myne!  Laat ons getrou op God wag – Hy sal jou beloon daarvoor!!!  God seën jou daagliks!  Moet net nie so vaskyk in als wat teen jou is dat jy dit wat VIR jou is miskyk nie…  Ek wil jou uitdaag – GLO, dat God vir jou iets beter ingedagte het as wat jy vir jouself het…  En maak nie saak WAT jy al gedoen het nie, as jy dit bely het, is God getrou en regverdig – Hy het jou reeds duisende jare gelede, al SO lief gehad dat Hy vir jou sondes aan ’n Kruis gesterf het!

Blessings!

Anelli**

Sunday, 18 November 2012

“Do not pray for easy lives. Pray to be stronger men. Do not pray for tasks equal to your powers. Pray for powers equal to your tasks. Then the doing of your work shall be no miracle, but you shall be the miracle.” – Phillips Brooks


Haloes! J

  “Do not pray for easy lives. Pray to be stronger men. Do not pray for tasks equal to your powers. Pray for powers equal to your tasks. Then the doing of your work shall be no miracle, but you shall be the miracle.” – Phillips Brooks

 
Daniel 6:16-23

So the king gave the order, and they brought Daniel and threw him into the lions’ den. The king said to Daniel, “May your God, whom you serve continually, rescue you!”  A stone was brought and placed over the mouth of the den, and the king sealed it with his own signet ring and with the rings of his nobles, so that Daniel’s situation might not be changed.  Then the king returned to his palace and spent the night without eating and without any entertainment being brought to him. And he could not sleep.  At the first light of dawn, the king got up and hurried to the lions’ den.  When he came near the den, he called to Daniel in an anguished voice, “Daniel, servant of the living God, has your God, whom you serve continually, been able to rescue you from the lions?”  Daniel answered, “May the king live forever!  My God sent his angel, and he shut the mouths of the lions. They have not hurt me, because I was found innocent in his sight. Nor have I ever done any wrong before you, Your Majesty.”  The king was overjoyed and gave orders to lift Daniel out of the den. And when Daniel was lifted from the den, no wound was found on him, because he had trusted in his God.

“To love someone is to see a miracle invisible to others.” – Francois Mauriac

“We must not allow the clock and the calendar to blind us to the fact that each moment of life is a miracle and mystery.” – H. G. Wells

Ek was verlede week vir die eerste keer in BAIE lank by ’n dieretuin…  Om daar te kon rondloop was werklik weereens net ’n humbling experience van hoe groot ons God is!  Die dieretuin was opgedeel in verskillende dele – diere van Asië, diere  van Afrika ens ens…  Ek het voor die leeu se hok gestaan en dit was vir my so ’n ongelooflike gesig…  Sy bene en pote was so ongelooflik groot, dat ek gedink het, dat dit kinderspeletjies vir hom sou wees om sy prooi te vang!  God het elke dier perfek geskape, om sy spesifieke doel te kan uitleef in die natuur…  Hy het ook vir diere instink gegee om die regte kos te soek sodat hulle sterk en gesond kan bly…  ALLES, van die kleinste mier, tot die grootste hippo, is deur Hom geskape…  Ons het gestaan en kyk hoe daar vir renosters voer gegooi is, en hoe hulle (so groot soos hulle is), grasieus draf om die kos te kom verober…  Jy kon sien – hulle WEET dat die “caretakers” in die dieretuin, daagliks vir hulle sorg en dat wanneer die voer gegooi word, hulle moet hardloop om te eet J  Hulle het geweet dat hulle nie sonder kos gelos sou word nie… 

Daniël het SO op God vertrou…  Dat selfs toe hy in ’n leeukuil gegooi is, hy steeds geweet het – God sal die onskuldige persoon, die regverdige persoon, en die persoon wat sy hoop en vertroue in God stel ,NIE alleen laat nie!!   God sal nie toelaat dat Sy kind vernietig word deur aanslae van mense  of die duiwel nie…   Ook nie deur die lewe se “challenges” wat na ons kant toe kom nie!  Elkeen van ons kry daagliks (of partykeer selfs UURLIKS, dinge wat oor ons pad kom, wat te groot lyk vir ons om te kan hanteer…  Partykeer wens mens – ek wens ek kan die tyd forward vir so ’n jaar, sodat ek dan net kan terugkyk op hierdie situasie en net kan lag hieroor J  Maar tyd is KOSBAAR J  Elke minuut wat aan ons gegee is, is ’n geskenk van God…  Selfs die slegte en uitdagende tye!!  Dis als tyd wat ons kan gebruik om ’n verskil te maak in hierdie deurmekaar wêreld…  Selfs al is dit net om te bid vir die boere wat tans deur soveel onsekerheid en geweld gaan…  Of vir ’n vriend of vriendin wat iemand nodig het…  Jy is nie per toeval daar waar jy tans is nie…   Jy is daar om as instrument van God gebruik te kan word…  Selfs al voel dit vir jou – ek is op die oomblik in ’n leeukuil vasgevang, en die leeus se bekke is DEFNITIEF nie TOE nie J J  God sal die bekke toemaak, en Hy sal jou seën soos Hy vir Daniël geseën het…  Solank jy net jou hoop en vertroue in Hom stel…  Hou op om so hard te probeer om situasies te beheer, mense SELF te probeer verander, of jou situasie waarin jy jouself bevind te red…  God staan LANGS jou, Sy helpende hand is uitgestrek om jou situasie te verander, die “leeus” in jou lewe se bekke toe te maak, en mense wat jou probeer “breek” in toom te hou…  “Ek kan nie”, moet nie in jou woordeskat wees nie…  “My God KAN” – kan jou week van ’n baie slegte een, na ’n ongelooflike ene verander…  Een waar “impossibilities”, “possibilities” kan word J

Mag jy ’n PRAGTIGE week hê!

Blessings!

Anelli**

 

 

Friday, 16 November 2012

There are only two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle…~Albert Einstein

Haloes! J

There are only two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle…~Albert Einstein

 John 2:1-11

Jesus Changes Water Into Wine

“On the third day a wedding took place at Cana in Galilee. Jesus’ mother was there, and Jesus and his disciples had also been invited to the wedding.  When the wine was gone, Jesus’ mother said to him, “They have no more wine.”  “Woman, why do you involve me?” Jesus replied. “My hour has not yet come.” His mother said to the servants, “Do whatever he tells you.” Nearby stood six stone water jars, the kind used by the Jews for ceremonial washing, each holding from twenty to thirty gallons.   Jesus said to the servants, “Fill the jars with water”; so they filled them to the brim.  Then he told them, “Now draw some out and take it to the master of the banquet.”  They did so, and the master of the banquet tasted the water that had been turned into wine. He did not realize where it had come from, though the servants who had drawn the water knew. Then he called the bridegroom aside and said, “Everyone brings out the choice wine first and then the cheaper wine after the guests have had too much to drink; but you have saved the best till now.” What Jesus did here in Cana of Galilee was the first of the signs through which he revealed his glory; and his disciples believed in him…”

“The most incredible thing about miracles is that they happen.” – G.K. Chesterton
"Don't give up before the miracle happens.” – Fannie Flagg

Die beste vir laaste?  Ek weet nie van jou nie,  maar ek is al van kleins af so dat wanneer ek ’n bord kos eet, hou ek altyd my gunsteling (oftewel die lekkerste vir my) tot laaste…  Die uitsien daarna is amper net so lekker soos om dit te geniet J  Die gaste by hierdie bruilof was aangenaam verras, want hulle het gedink dat hulle reeds die beste ontvang het, maar God het die beste vir laaste gehou!  Die gasheer het gedink dat hy met ’n groot probleem sit, vanweë die feit dat die wyn op was voordat die partytjjie klaar was, maar Jesus het voorsien!  Toe hy dit die nodigste gehad het, was God reeds daar!
Hoe amazing is dit nie om te weet dat die God wat ons dien, sulke ongelooflike wonderwerke verrig het nie…  Hierdie was een van Sy eerste wonderwerke waar Hy sy grootheid en almag ten toon gestel het!  Miskien voel jy vanoggend dat jy reeds God se beste ontvang het…  Of dat daar dinge ontbreek in jou lewe wat jy regtig broodnodig het, maar nie weet WAAR dit vandaan gaan kom nie?!  Miskien is jy aan die einde van jou kragte, en is jy net oneindig moeg, moeg om te probeer, moeg om te veg vir alles wat jy wil hê of nodig het…  Ek wil jou vanoggend verseker – God wil ELKE dag die beste vir jou hê!  Ek’t die storie gehoor van ’n ou wat gesterf het, waar die Engel van God Hom op aarde kom haal het, en na die Hemel geneem het…  Hulle het by ’n kamer ingestap, VOL geskenke…  Van die vloer tot teen die dak, net geskenke, en al die geskenke het sy naam daarop gehad…  Toe hy die engel daaroor vra, het die engel hom geantwoord – al hierdie is seëninge wat God vir jou lewe gehad het…  Maar omdat jy nooit geglo het dat dit vir jou moontlik is nie, of nie met verwagting gekom het, en gebid het vir God se wil en seën in jou lewe nie, het jy uitgemis op AL hierdie geskenke!  Hoe erg moet dit nie wees nie?!  Elke dag is ’n geskenk van God…  Kom met verwagting, bid DAAGLIKS vir God se wil en Sy seën in jou lewe, en GLO dat ELKE dag beter as die vorige ene sal wees!  Omdat God Sy beste vir laaste hou, maar tog ELKE dag vir jou ’n pakkie het…  Een wat gevul is met genade, liefde en seën wat jy nodig het om die nuwe dag aan te pak!

Blessings!
Anelli**