Wednesday, 11 July 2012

“You have three choices in life; Give up; Give in or give it all you’ve got…” ~ Unknown

Haloes! J



“You have three choices in life; Give up; Give in or give it all you’ve got…” ~ Unknown



Josua 1:9



“Solank jy lewe sal niemand teen jou bestand wees nie… Soos ek by Moses was, so sal ek by jou wees…”



Hebrews 13:5



“The Lord said: I will never leave you, nor forsake you…”



“When we least expect it, life sets up a challenge that test our courage and willingness to change; at such a moment, there is no point in pretending that nothing has happened or in saying that we are not ready… The challenge will not wait… Life does not look back… A week is more than enough time for us to decide wheter or not to accept our destiny…” ~Paulo Coelho



Ek het gedurende die vakansie die geleentheid gehad om Mount Vesuvios te stap… Dit is ‘n vulkaan wat nou al "slaap" vanaf 1944… Hulle het gesê vir ons dat die vulkaan op die stadium dormant is, maar dat indien hy aktief sou raak, hy moontlik die totale gemeenskap in Pompeii en Salerno kan uitwis… Ons was onder die indruk dat die stap vroeg die oggend sou plaasvind, aangesien dit ongelooflik warm daar was – die oggend vroeg was die humiditeit al vrek hoog en ek dink dit was al oor die 30 grade… Ons word toe verras, deurdat ons toerleier dit goedgedink het, om ons om half 1 die middag – op die hitte van die dag – die stap te laat aandurf… Ek het reeds flou gevoel toe ek dit begin stap het, NET om toe uit te vind, dat al die pad tot bo, op volcanic ash gestap word… Dis soos om op die strand te probeer draf – jou voete sak heeltyd weg, en dis boonop nog opdraend… en seker 40+ grade…



Toe ek daar opstap, het ek net besef – hierdie is presies soos ons lewens ELKE dag is… Ons begin vol entosiasme, net om dan toegegooi te word met allerhande dinge wat onverwags was… Ons begin sink (soos in daardie “sand”), en ons kry net opdraend van voor… Vir baie mense sal dit die “cue” wees om op te gee / net handdoek in te gooi… My pa en boetie het saam met my gestap, en ek sal altyd onthou, hoe my pa sy hand uitgesteek het vir my, toe ons op ’n moeilike stuk geloop het… Dit het my net laat besef – Jesus is daar vir ons DAAGLIKS, soos my pa vir my daar was… My tekkies se rubber het losgekom (gesmelt) van hoe warm dit was! (gelukkig het ek dit eers gesien aan die einde van die stapJ)… Toe ons die bo-punt van die krater bereik het, was dit die ONGELOOFLIKSTE uitsig van die vulkaan, asook die hele Pompeii en Solerno… Dit het my weer laat besef dat al is die klim moeilik, die beloning om stappie vir stappie te neem, uiteindelik ALLES oorheers! God sal jou wat geduldig op Hom wag beloon… Hy SAL NIE jou gebede onbeantwoord laat nie… Hy sal JOU wat aangehou, en uitgehou het, gebruik om ‘n “WORLD CHANGER” te wees… Soos Vesuvios dit in hom het om ’n hele landskap te verander, so kan God JOU gebruik om ’n HUGE verandering en verskil in die wereld te maak! Jy moet net jou skoene van bereidwilligheid aantrek…



Mag jy Jesus se hand vandag raaksien wanneer dinge dalk bietjie moeiliker gaan as wat jy gehoop het! En mag Hy jou seen, soos Hy vir Jabes geseen het!



Baie blessings J



Anelli**


Tuesday, 10 July 2012

“Always do what you are afraid to do…” - Ralph Waldo Emerson


Haloes! :)

“Always do what you are afraid to do…”  - Ralph Waldo Emerson

Psalm 91:4-8 NLT
“He will cover you with his feathers. He will shelter you with his wings. His faithful promises are your armor and protection. Do not be afraid of the terrors of the night, nor the arrow that flies in the day. Do not dread the disease that stalks in darkness, nor the disaster that strikes at midday. Though a thousand fall at your side, though ten thousand are dying around you, these evils will not touch you…”

Proverbs 29:25 NLT
“Fearing people is a dangerous trap, but trusting the Lord means safety…”

Don’t fear failure so much that you refuse to try new things…”  ~ Unknown

“You can conquer almost any fear if you will only make up your mind to do so. For remember, fear doesn’t exist anywhere except in the mind…” ~ Dale Carnegie

Dink jy Dawid was bang die dag toe hy Goliat moes “face”?  Of Noag toe hy die ark moes bou?  Daniël toe hy in die leeukuil gegooi is?  Jona toe hy deur die vis ingesluk is?  Maria toe sy uitvind sy is swanger?  Jesus toe Hy die kruisdood moes sterf?  Al hierdie GROOT stories van getuienis hoe God ELKEEN van hierdie mense beloon het, deur hulle heel anderkant uit te kry, omdat hulle Hom vertrou het…  Deurdat hulle nie getwyfel het dat Hy sal uitkoms bring nie – maar vertrou het dat Hy sal voorsien…  En hoe het Hy nie!

Dawid, so klein soos hy was, het vir Goliat verslaan met ‘n klippie en ‘n slingervel…  Ek is seker daarvan nie oor die krag wat die klippie gehad het nie, maar die feit dat God gesorg het dat dit vir Goliat op ‘n plek van “weakness” getref het…  Vir Noag het Hy weer voorsien van krag om staande te bly terwyl almal hom gespot en vir hom gelag het oor sy gehoorsaamheid aan God…  Wie bou 'n ark wanneer daar geen teken van reen is nie?!  
Wat is reen?!  God het die leeus se bekke gesluit toe Daniël in die leeukuil gegooi is…  Vir Jona het Hy bewaar in die vis, maar Jona moes daardeur gaan om sterker te word, en te besef dat wanneer mens dinge doen wat nie in God se wil is nie, mens die gevolge moet dra…  God laat jou egter nooit alleen nie – dis ‘n bewys in die storie van Jona!  Al moet jy harde lesse leer, sal Hy altyd daar wees, om jou deur te dra…  Vir Maria het Hy beskerm toe selfs Josef nie wou glo dat sy nog ‘n maagd was nie…  Teen mense wat geskinder het, het Hy haar bewaar, en die skille van die mense se oë afgehaal…  Al hierdie mense het 1 ding in gemeen…  In tye van VREES, het hulle die vrees hokgeslaan deur met BRAAFHEID op te tree…  Jesus het vir ons kom sterf, sodat ons die Ewige lewe kan hê…  Hy sorg nogsteeds ELKE dag vir jou en my soos Hy vir al hierdie mense gesorg het…  Ons is partykeer net TE besig, en TE aan die hardloop om dit raak te sien J  Jesus is met jou…  Daar gaan dinge wees wat jou bangmaak, en onderkry…  MAAR, omdat jy die belofte het dat Jesus by jou sal wees, soos wat Hy by ELKEEN van die mense was, en vir jou sal sorg wat Sy kind is, soos Hy vir AL die mense gesorg het kan jy gerus gaan slaap…  Ons kan die bangmaak dinge aanpak deur dag vir dag (nie week vir week of maand vir maand nie) te vat, en ons kan ons vrese FACE deur die COURAGE wat God aan elkeen van ons gee, deur Sy groot genade!

Blessings J

Monday, 9 July 2012

“Many of the great achievements of the world were accomplished by tired and discouraged men who kept on working.” ~ Unknown


Haloes! J


Deuternomium 31:8

"Die Here sal voor jou uitgaan.  Hy sal by jou wees...  Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie.  Moenie bang wees nie, moenie skrik nie..."

Jesaja 41:10,13

"Moenie bang wees nie, Ek is by jou...  Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God...  Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou...  Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand.  Moenie bang wees nie, Ek help jou..."

Storie vir jou!

Die Klein vissie swem, duidelik gestres, op en af in die middel van die oseaan.  Hy swem by die groot vis verby, en die ou kan sommer dadelik sien daar's fout.  Hy roep die Klein vissie terug en vra hom waarna hy so ernstig opsoek is.  Die vissie sê toe dat hy dringend opsoek is na water, want hy't iemand hoor sê dat 'n vis doodgaan sonder water…  Die groot vis, duidelik al 'n "old campaigner", antwoord: "Maar Vissie, jy Swem nog jou hele lewe lank in die water.....!" Wat 'n openbaring vir die Klein vissie! Hy kon nie gou genoeg terugswem na sy vriende toe om vir hulle die goeie nuus te gaan vertel nie! As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seën van God, Swem in voorspoed, Swem in geluk en blydskap en Swem in die liefde van ons almagtige Vader! Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien!  Dit is selfs nodig dat ons so 'n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor.   Ek het vandag 'n werk, kos, klere, gesondheid, 'n dak oor my kop… familie, vriende, en ek ervaar liefde van albei die groepe.  Ja ek LEWE in GENADE.  ~ Forward Email

HOE baie het ons om voor dankbaar te wees?!  EN hoe baie bekommer ons onsself oor soveel onbenullighede!  Ek dink baie keer sien ons nie eers waarmee ons geseën is nie…  Ons hardloop elke dag, op en af, baie bekommerd, oor die tientalle spoke wat ons gedagte-wêreld optower (“die ‘wat as’ siekteJ), terwyl God ons ELKE dag voorsien van wat ons nodig het, en ook situasies laat uitwerk soos dit moet…  Al is dit nie altyd wat ONS wil hê nie, is dit altyd die beste paadjie vir JOU lewe… 

Mens moet aan die gebeurtenisse van jou lewe dink soos wat jy ‘n huis sal bou…  Vir ‘n huis om gebou te word, moet sekere stappe gevolg word…  Die mure van die huis kan nie gebou word, voor die huis ontwerp is, of voor die fondasie gegrawe is nie?!  Die ontwerp van die huis moet in plek wees, dan kan die fondasie gegrawe word, en DAN eers kan die stene gelê word…  God berei ons lewe voor met sekere gebeurtenisse, ten einde ons te equip vir dit wat kom…  JY is tot BAIE meer in staat as wat jy jouself krediet wil gee!  Ons gedagtes beïnvloed ons aksies…  Jou brein is een van jou magtigste wapens, en jy kan baie maklik word wat jy dink…  As jy dus heeltyd negatiewe dinge oor jouself dink, gaan die uitkoms van dit wat jy aanpak, heel waarskynlik negatief wees…  As ons egter vir God VERTROU – TEN VOLLE, en oorgee aan Hom, kan ons nie anders as om heel anderkant uit te kom nie!  Te midde van swaarkry, te midde van seerkry – as Hy in beheer is, SAL Hy jou van die krag voorsien wat jy nodig het om heel anderkant uit te kom…  Hy is groter as siekte, groter as finansies, groter as pyn, groter as ‘n stukkende hart…  Hou op om met die WAT AS spoke te worstel…  Vat dit dag vir dag, stap vir stap…  Mens kom op die bopunt van die berg, deur tree vir tree te gee…

Blessings!

Thursday, 14 June 2012

He who kneels before God can stand before anyone. ~Author Unknown

Haloes! :)
He who kneels before God can stand before anyone.  ~Author Unknown
 Hebreërs 3:4
 "Want elke huis het 'n bouer, maar God is die meesterbouer van alles..."
 Hebreërs 13:5
 "Ek sal jou nie los nie...  Ek sal jou nie in die steek laat nie..."
 "We all cling to the past, and because we cling to the past, we become unavailable in the present..." ~ Unknown
 "When you feel that you have reached the end and you cannot go one step further, when life seems to be drained of all purpose, what a wonderful opportunity to turn over a new page..." ~ Eileen Caddy
 Wat sal jy doen as ek vanoggend vir jou sê - jy het 'n erf gewen en jy kan jou droomhuis daarop ontwerp...  Daar is geen koste limiete nie - jy kan besluit die tipe teëls; matte; houtvloere; boustene - sky is the limit!  Die enigste catch is dat niemand jou mag help nie.  Jy moet elke besluit self neem,  sonder om voorbeelde te kan sien...  Jy moet self die ontwerp doen...  Vir die van ons wat minder kreatief is sal dit 'n baie moeilike taak wees!
Die lewe is vir my baie soos hierdie!  Jy is die argitek van jou eie lewe...  Die besluite wat jy vandag neem, sal bepaal hoe jou dag se verloop gaan plaasvind…  Die groter besluite wat jy omtrent jou lewe maak, sal beinvloed hoe jou lewe uitdraai...  Baie keer raak mens ook so vasgevang in die wêreld; vriende; geliefdes, dat besluite geneem word om mense te "please" eerder as om vir God te "please"...  Ons laat groot geleenthede verbygaan omdat ons dink aan vorige mislukkings of dinge wat ons moes deurmaak, dat ons te bang is om weer te probeer...  'n Ander voorbeeld is as jy dalk 'n liefdesteleurstelling gehad het en waar jy dan steeds vasgevang is in dit wat kon wees, dat jy uitmis op ongelooflike liefde wat God dalk nou vir jou wil gee...  Jou hart is onbeskikbaar, alhoewel jy eintlik beskikbaar is...
Onthou - dis JOU lewe...  Elke besluit wat jy neem, moet jy neem ten einde God se wil in jou lewe te laat geskied.  Nie ander mense se wil vir jou lewe nie - hulle het hul eie lewe wat hulle kan lei!  Baie keer probeer ouers verlore kanse waarop hulle uitgemis het, deur hul kinders se lewens te herwin…  Of vriende probeer deur ander vriende lewe…  Elkeen van ons moet daagliks die meeste maak van die 86,400 sekondes wat aan ons geskenk word!  God sal jou help om 'n "paleis" van 'n lewe te hê - wanneer jy Hom as die Meesterbouer vertrou...  Bid; glo en vertrou!  Elkeen van ons is met iets geseën - al is dit HOE klein!  God kan daai "iets kleins" in iets ongeloofliks omskep!  Vertrou net!
 Ek hoop jy sal 'n pragtige daggie he!!
 blessings!
 anelli**             
 Die gedagteki vir die daggie sal ongelukkig eers weer op 10 Julie 2012 verskyn…  Ek is vanaf Maandag 18 Junie 2012 met vakansie – my familie kom kuier vir my in Europa, en ek is nie seker dat ek heeltyd in omgewings sal wees waar ek internet toegang sal hê nie…  Ek wens julle ‘n geseënde tyd toe!  Baie blessings vir julle!!!J

Wednesday, 13 June 2012

gebedsversoek...

Haai julle awesome mense :)
Ek het die volgende gebedsversoek op my blog gekry gister, en ek wil vra dat julle sal saambid vir hierdie persoon en hulle familie... ONs dien 'n God wat wonderwerke doen! Moenie ophou glo daaraan nie!!!
Anonymous said...
Ek wil graag vra dat julle asseblief vir my ma moet bid. Sy was so paar weke terug gediagnoseer met kolon en lewer kanker en het Maandag met Chemoterapie begin. Sy is maar net 59 en het nog 'n groot lewe voor haar. Vandag was die eerste dag wat die chemo haar siek gemaak het en ek vra net dat almal vir haar bid sodat sy sal sterk bly en dat die kanker haar nie onder sal kry of haar geloof sal beproef nie. En dan ook vir my en my familie dat ons ook deur die here se genade sal sterk bly en aanhou glo en vertrou dat hy ons familie deur dit sal trek. Baie dankie!! xxx
Ephesians 3:20-21
""Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever..."
Vir die ander van julle wat gebedsversoeke het - onthou dat julle dit anonymous kan post op my blog! www.gedagteki.blogspot.com. Indien jy sommer net 'wil he ek moet saam met jou bid - mail my net :)
LEkker daggie vir julle!!!
baie seen!!!!
anelli**