Wednesday, 7 March 2012

Yesterday is a canceled check; tomorrow is a promissory note; today is the only cash you have - so spend it wisely” ~ Kay Lyons quotes

Haloes! :)
Yesterday is a canceled check; tomorrow is a promissory note; today is the only cash you have - so spend it wisely” ~ Kay Lyons quotes
1 Peter 5:7
"Cast all your anxiety on him because he cares for you..."
2 Korintiërs 12:9
“Hy het eger vir my gesê…  My genade is vir jou genoeg, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking…”
“Time is too slow for those who wait, too swift for those who fear, too long for those who grieve, too short for those who rejoice, but for those who love, time is eternity.” ~ Henry Van Dyke quotes
“I have never in my life learned anything from any man who agreed with me.” - Dudley Field Malone
Sien jy op teen die dag wat voorlê??  Is die lewe besig om die beter van jou te kry?  Dis al Maart, maar ek kom agter daar is al soveel mense vir wie dit voel asof hierdie eerste 3 maande al eintlik ‘n jaar se tyd was…  Of dit nou werksdinge is wat jou onderkry, verhoudingsprobleme, of  miskien is daar soveel onsekerheid in jou lewe dat jy nie meer weet of jy die regte besluite neem nie, miskien is jy besig om ‘n stryd te stry teen siekte, of miskien is jy by ‘n kruispad…  Watookal die omstandigheid is waarmee jy worstel – die antwoord daarvoor is Jesus…  Hy is groter as ENIGE iets wat jy op die oomblik deurmaak!! 
Die lewe is kort vriende!!  Hierdie afgelope naweek was dit 5 jaar wat ‘n geliefde vriendin van my oorlede is…   MAAR, ek vind troos in die feit dat sy ‘n voorbeeld vir my was – ELKE dag, oor hoe mens moet lewe om VOLUIT te lewe!!!  Sy was so ‘n ongelooflike inspirasie – Sy inspireer my selfs nou nog, terwyl sy nie meer hier is nie.  Sy het ALTYD geglimlag, niks was te veel moeite nie, en sy was ‘n “bok vir sports!”  Haar lewenslus en JOY vir die LEWE was aansteeklik!  Ek sou nooit weggaan na 'n koffie of kuier saam met haar, dat ek nie ligter daar uitgestap het nie... Dis hoe ek eendag onthou wil word!  Dat mense nie by my weggaan, sonder om ligter, en gelukkiger te voel nie…  Ek dink dis iets wat elkeen van ons kan nastreef…  Al gaan dit hoe swaar – ons het BAIE om voor dankbaar te wees!  Die feit dat ons vir Jesus kan ken – is klaar iets om voor dankie te sê!  Die feit dat Hy daagliks, 24/7 vir jou daar is – nog iets om Hom te loof en prys voor!  Ons moet ons ingesteldheid en ons fokus verander…  Wee s dankbaar en postief oor dit wat wel goed gaan in jou lewe…  Dit wat sleg gaan is gewoonlik goed waaroor ons geen beheer het nie…  Laat dit dus in God se hande!  Moenie jou lewe by jou verby laat gaan, omdat jy worry oor goed wat jy nie kan beheer nie!!  God is groter…  Hy sal vir jou sorg vir uitkoms – maak JY net seker dat jy VOLUIT leef, elke dag…  Dat jy jou afdruk op ander se lewens agterlaat…  Dat hulle beter menses al wees omdat jy in hulle lewe is!  Jy is nie maar toevallig daar waar jy jouself bevind nie!  God kan jou gebruik – nes jy is…  Sit net jou hand in Syne, en laat Hom toe om jou ‘n seën te laat wees vir die mense rondom jou!
Blessings!

Tuesday, 6 March 2012

“God really wants to take care of you, but you have to let Him, and stop worrying about every little thing which you cannot control…”

Haloes! :)
“God really wants to take care of you, but you have to let Him, and stop worrying about every little thing which you cannot control…”
1 Petrus 4:18
“Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie…  Ook Christus het so gely toe Hy vir eens en vir altyd vir ons gesterf het…”
James 5:13-16
"Is anyone among you in trouble? Let them pray. Is anyone happy? Let them sing songs of praise.  Is anyone among you sick? Let them call the elders of the church to pray over them and anoint them with oil in the name of the Lord.  And the prayer offered in faith will make the sick person well; the Lord will raise them up. If they have sinned, they will be forgiven.  Therefore confess your sins to each other and pray for each other so that you may be healed. The prayer of a righteous person is powerful and effective…”
I believe God is managing affairs and that He doesn't need any advice from me. With God in charge, I believe everything will work out for the best in the end. So what is there to worry about." ~ Ford, Henry.
"When you worry, you go over the same ground endlessly and come out the same place you started. Thinking makes progress from one place to another; worry remains static." ~ Walker, Harold B
Lees jou Bybel, bid elke dag!  Verlustig jou in Hom, en Hy sal jou gee, die begeertes van jou hart, verlustig jou in Hom…   Dis liedjies wat ons in die Kerk sing, maar besef ons werklik wat die woorde beteken?  Ons moet vir God NOMMER 1 maak, en vertrou dat Hy die beste weet…  Ek wil gou hê jy moet dink aan toe jy klein was en daar sekere dinge was wat jy baie graag wou gehad het, maar jou ouers het nee gesê…  Of dit nou was om na ‘n sekere partytjie toe te gaan, na ‘n sekere tyd uit te bly, met jou fiets te ry verby ‘n sekere punt – watookal…  Hoe het dit jou laat voel??  Jy het heel waarskynlik opstandig en kwaad gevoel!  Ek is ook seker dat daar van julle is, wat steeds gedoen het wat julle verbied was om te doen J  Ek weet van ‘n hele paar gevalle waar mense nie vir hul ouers geluister het, gedoen het wat hulle wou, en waar daar dan baie slegte nagevolge was…
Hoekom sê ouers nee?  Want hulle het meer wysheid en hulle het visie, en hulle wil net die BESTE vir jou hê…  Al maak hulle soms besluite waarmee jy nie saamstem nie…  God is dieselfde…  Is daar sekere goed waarvoor jy al lank bid en jy ontvang dit net nie?  Of is daar goed waarvoor jy gebid het, en dit het net glad nie uitgewerk nie?  Ek kan sommer hoor hoe julle JA sê…  My vriend, en vriendin!!  God WEET wat jou toekoms inhou…  Hy weet wat Hy vir jou beplan en Hy weet wat jy nodig het…  Wanneer jy nie ontvang waarvoor jy bid nie, of wanneer dinge anders uitwerk as dit waarvoor jy bid, is dit nie so dat God jou STRAF vir dit wat jy al verkeerd gedoen het nie?!  Dit is omdat HY vir jou SOVEEL beter drome droom, en soveel beter dinge vir jou beplan, as wat jy vir jouself droom en beplan…  Ons mis partykeer uit op seerkry, en hartseer omdat ons Hemelse Pa ons dit SPAAR deur sommige gebede nie waar te maak nie…  Al wat ons kan doen, is om ons gebede in God se hande te plaas – DAAGLIKS – en dan in GELOOF te glo en te vertrou dat God die dinge sal uitwerk, sodat jy die GROOTSTE seën daaruit kan ontvang…
Blessings! 

Monday, 5 March 2012

“Reputation is what men and women think of us… Character is what God and angels know of us…” ~ Thomas Pain

Haloes! :)
“Reputation is what men and women think of us…  Character is what God and angels know of us…”  ~ Thomas Pain
Isaiah 41:10
So do not fear, for I am with you; do not be dismayed, for I am your God. I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand
Johannes 16:33
“Ek sê vir julle hierdie dinge sodat julle in My rus en vrede kan vind…  In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed – Ek het die wêreld reeds oorwin…”
“Be what you are. Don't change yourself for anything. God made you that way for a reason.” ― Anthony Edwards
Don’t change yourself so someone else will like you. Stay true & you’ll find someone who likes you for you…  ~ Anonymous
Dr Seuss het gesê:  “Be who you are and say what you feel, because those who mind don’t matter and those who matter don’t mind.”  Deur met mense te gesels, het ek al so baie agtergekom dat almal van ons 1 iets in gemeen het…  Meeste mense is bang vir eensaamheid en om nooit liefde te vind nie…  Almal wil graag vriende of familie hê wat jou liefhet…  Almal wil graag eendag daardie een persoon hê saam wie hulle die lewe se battles kan fight…  Ek’t nog ‘n cool aanhaling gehoor in ‘n fliek wat ek gekyk het – “Having someone help you, does not mean that you failed, it just means that you are not in it alone…”  ~ Life as we know it
Iets wat egter bitter belangrik is om te onthou, is dat dit NIE nodig is om te verander WIE en WAT jy is, ten einde liefde te ontvang nie…  As iemand jou nie liefhet, of aanvaar as ‘n vriend / vriendin vir die MENS wat jy is nie, is hulle JOU nie werd nie!!  Dit moenie nodig wees om jouself te verander ten einde aanvaarding in mense se oë te ontvang nie…  God het ELKEEN van ons gemaak volgens Sy “image”…  Hy is nie iemand wat foute maak, of “onbruikbare” mense nie…  ELKEEN van ons, is geseën met gawes, en kwaliteite wat elkeen van ons uniek maak!  God het ook vir elkeen van ons vriende; of familie of daardie spesiale iemand uitgesit – iemand wat jou sal aanvaar nes jy is, en jou sal liefhê nes jy is…  God aanvaar jou en Hy het jou lief NES jy is…  Jy hoef NIKS te doen om dit te verdien nie!  Hy gee dit vir jou – FREE OF CHARGE!!  Moenie settle of jouself verander om aanvaar te word, of om daardie stukkie liefde te ervaar nie…  God wil DIE BESTE vir jou hê!  Nie tweede beste nie…  En HY WEET wat Hy vir jou beplan – GOEIE goed, en nie slegte nie…   Hou aan bid en vertrou…  WEES jouself – want JYS AWESOME!  Iemand wat van jou verwag om iets te wees wat jy nie is nie, is jou nie waardig nie…  God sal jou gebede nie onbeantwoord laat nie…  Wanneer die tyd reg is, sal Hy jou seën en jou gebede verhoor…  Ek bid vandag Numeri 6:24-26 oor jou lewe...  "Mag die Here jou seen en jou beskerm...  Mag die Here tot jou redding verskyn en jou genadig wees...  Mag die Here jou gebede verhoor, en aan jou Sy vrede gee!!"
Blessings!

Sunday, 4 March 2012

“The elevator to success is out of order. You’ll have to use the stairs… one step at a time...” - Joe Girard

Haloes! J
“The elevator to success is out of order. You’ll have to use the stairs… one step at a time.” - Joe Girard
2 Korintiërs 4:16-18
“Om hierdie rede gee ons nie moed op nie…  Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe…  Ons swaarkry op hierdie oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan…  Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare dinge vir altyd…”
 “There are two primary choices in life: to accept conditions as they exist, or accept the responsibility for changing them.” - Dr. Denis Waitley
“Do not let what you cannot do interfere with what you can do.” - John Wooden
‘n Goeie sportman is iemand wat kan verloor met waardigheid, maar ook iemand wat sal aanhou veg tot daar geen kans meer is nie…  “It’s not over till it’s over!”  Dis iets wat ons ELKE oggend moet onthou wanneer ons, ons oë oopmaak!  Ek dink byvoorbeeld aan ‘n rugby wedstryd…  As halftyd aanbreek, en die span reeds ver agter is, het hulle een van 2 keuses…  Hulle kan maar uitdraf vir die tweede helfte en net “opdaag”…  Dus – hul speel glad nie meer nie…  Hul gaan net “deur die motions” om die wedstryd net oor te kry OF, hulle kan uitdraf met die “mindset” – dat die scoreboard weer 0-0 is…  Hulle moet vergeet hoe ver hulle agter is, en veg met alles wat in hulle is…  Hulle moet hul beste gee, en dan hoop en vertrou dat dit genoeg sal wees om die oorwinning te behaal…
Die scoreboard van jou lewe is elke oggend weer 0-0…  Dit wat jy gister alles verkeerd gedoen het,  is REEDS vergewe toe Jesus vir jou aan die kruis gesterf het…  Al die ander dinge wat verkeerd gegaan het – is dinge wat verby is…  Om vandag nogsteeds daaroor te tob, gaan nie vir jou die VOL lewe gee wat Jesus vir jou het nie!!  Deurdat ons Hom in ons lewe het, en Hom aanvaar het as ons Hemelse Pappa, het ons toegang tot AL die blessings wat Hy vir ons in store het!  Die lewe gaan goed na jou kant toe gooi wat vir jou uitdagings gaan wees…  Al manier hoe ons dit kan face, is deur dit dag vir dag te vat…  Elke oggend ontvang ons weer nuwe krag, en genade vir daardie dag wat voorlê…  God weet presies wat jy nodig het…  Hy sal voorsien wat jy nodig het, om elke dag die scoreboard in JOU guns te laat eindig…  Die dae wat dit nie in jou guns eindig nie, moet jy net sien as ‘n dag waar jou karakter gebou word, en waar jy nuwe dinge leer om jou te equip om weer ‘n positiewe impak in ANDER se lewens te kan maak…  Moenie op jou eie kragte fokus en wat jy kan doen nie – fokus op God – sit Hom eerste en fokus op wat Hy deur jou kan doen…  Wanneer ons ophou om so hard te probeer om al die balle in die lug te hou, en dit oorgee aan God om te juggle, val die dinge in plek…  Hy sal jou voorsien van meer krag en meer energie, en Hy sal sorg dat die dinge waaroor jy so worry, hulself sal uitsorteer…  Vertrou net, en leef VOLUIT!
Blessings!

Thursday, 1 March 2012

“God will make a way, where there seems to be no way…”

Haloes! :)
“God will make a way, where there seems to be no way…”
Hebreërs 11:1
“Wat is geloof dan?  Dit is ‘n vaste versekering, dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur…  Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, sal waar maak…”
Luke 18:27 (NIV)
Jesus replied, "What is impossible with men is possible with God."
“Sometimes, the things that may or may not be true, are the things a man needs to believe in the most…  That people are basically good, that honor, courage and virtue mean everything; that power and money, money and power mean nothing…  That good always triumphs over evil; and I want you to remember this, that love… true love never dies…  You remember that boy…  You remember that…  You see, a man should belive in those things, because those are the things worth believing in…”  ~ Movie:  Secondhand Lions
Kutless is ‘n gospel band, en in een van hulle liedjies sing hulle – “Impossible is not a word, it’s just an excuse not to try…”  Daar is nog ‘n aanhaling wat sê – “Impossible just means you have not found the solution yet…”  Wie van julle hou van raaisels??  Of puzzles??  Of rekenaar speletjies waar jy sekere dinge moet doen om na ‘n volgende vlak te kan aanbeweeg? Dit is dinge wat jou vir ure kan besig hou…  Maar as jy enigsins soos ek is – sal jy aanhou probeer tot jy dit regkry…   Want as jy opgee, sal jy nooit weet wat die antwoord is nie, of hoe dit eindig nie?!  As ‘n fliek jou boei – sal jy enduit kyk, sodat jy kan weet hoe dit eindig!  Jy sal nie halfpad deur ophou nie…
As ons elke slag moes ophou lewe wanneer daar ‘n onmoontlike situasie opduik, kon ons maar netsowel permanent handdoek ingooi…  Want dis ‘n feit soos ‘n koei!  Elke dag bring sy eie uitdagings…  Party dae bring groter uitdagings as ander…  MAAR – ons het die VERSEKERING, dat ons die uitdagings van die lewe nie alleen hoef aan te durf nie…  ONMOONTLIK is ‘n woord wat nie in jou woordeboek KAN bestaan nie, want jy het vir God…  En God, is ‘n spesialis in onmoontlikhede!!  Voel jy nog skepties daaroor as jy dit lees?  Hier is vir jou ‘n stukkie proof:  Markus 9:23 – “As ‘n mens glo, is alles moontlik…”  en ook in Efesiërs 3:20 – “Hy wat mag het, om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of kan dink om te vra…”
Impossible is not a word…  IT’s just an excuse not to try…  Koningskind!  Dis ‘n woord wat uit jou woordeboek verwyder is, die dag wat jy vir Jesus aanvaar het as jou Hemelse Pappa…  Hy is GROTER…  as ENIGE iets…  HY kan ‘n pad maak, waar daar dalk net water lê…  Hy het vir die Israelite ‘n droeë pad gemaak deur die Rietsee toe hulle gevlug het vir die Egiptenare (Eksodus 14:15-31), en Hy het ELKEEN van hulle veilig aan die anderkant laat uitkom…  Hy sal vandag nog dieselfde vir jou doen…  Omdat jy KOSBAAR is, en omdat Hy jou oneindig baie liefhet…  Lewe vandag met VREUGDE in jou hart…  Jou Pa is in beheer!!
Blessings!