Monday, 7 September 2015

"It is the possibility that keeps me going, not the guarantee..." ~ Nicholas Sparks

Haloes! :)

"It is the possibility that keeps me going, not the guarantee..." - Nicholas Sparks

Psalm 25:4-5

"Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my U paaie... Lei my deur U waarheid, en leer my, o God is my redder... Die hele dag wag ek op U..."

1 Samuel 2:1-3

 "My hart is bly in die Here! Kyk hoe het die Here my geseen! Nou kan ek my vyande antwoord terwyl ek my verbly in U verlossing... Niemand is heilig soos die Here nie! Niemand is U gelyke nie... Daar is geen rots soos ons God nie..."

"Never forget that God is your friend... And like all friends, He longs to hear what is happening in your life... Good or bad, whether it's been full of sorrow or anger, or even when you're questioning why terrible things have to happen..." - Nicholas Sparks (The Last Song)

"Regrets about the journey maybe, but not the destination..." - Nicholas Sparks (Dear John)

Waarvan is ons gewaarborg in die lewe? As jy byvoorbeeld dink aan 'n wedstryd, is daar gewoonlik 2 moontlike uitkomste - jy kan wen of verloor (en in sommige rare gevalle, kan jy gelykop speel)... Ek dink julle almal sal met my saamstem dat mens die wedstryd ingaan, nie met die hoop om te verloor of gelykop te speel nie, maar om te wen! Dis tog die rede hoekom mens deelneem - om jou vermoens te meet aan 'n opponent en in die proses te sien hoe jy vorder om uiteindelik jou drome en doelwitte te kan bewaarheid...

Wanneer ons, ons beste gee, is ons nie altyd gewaarborg dat ons sukses sal behaal nie... Waarvan ons wel gewaarborg is, is dat God saam met ons sal stap, en dat Hy ons daagliks sal voorsien van genade en krag om ons lewenspad aan te pak... Sy liefde vir jou is so oneindig groot, en Sy genade is ELKE dag vir ons nuut... Selfs al het jy op die oomblik 'n paar "verlore agter die blad - moenie moed opgee nie... Die "verlore" is die boublokke tot die suksesse van jou toekoms! Chat sommer nou daar waar jy sit met God... Se Hom wat jou bangmaak, waaroor jy droom en wat jou mismoedig maak... Hy is nooit te besig om vir jou tyd te maak nie... En Sy hoop vir jou toekoms, is groter as wat jy ooit sal kan hoop of droom!  Daar is altyd hoop vir 'n moontlikheid!  Moenie moed opgee nie!

Blessings vir jou!

Anel xx

Sunday, 6 September 2015

“Dan dink ek aan al die aande wat ek bang was en aan die oggende wat ek vir myself gelag het, omdat ek bang was...” ~ PJ Schoeman


Haloes! :)
 
“Dan dink ek aan al die aande wat ek bang was en aan die oggende wat ek vir myself gelag het, omdat ek bang was...” ~ PJ Schoeman
 
Isaiah 41::10,13
 
“You are my witnesses,” declares the Lord, “and my servant whom I have chosen, so that you may know and believe me and understand that I am he. Before me no god was formed, nor will there be one after me.  I, even I, am the Lord, and apart from me there is no savior. I have revealed and saved and proclaimed - I, and not some foreign god among you.  You are my witnesses,” declares the Lord, “that I am God.  Yes, and from ancient days I am he.  No one can deliver out of my hand. When I act, who can reverse it?”
 
Ephesians 3:20
 
“Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen…”
 
“Here, gee my die krag om te doen wat U van my vra; vra dan van my, net wat U wil...” ~ Augustinus
 
“As mens stilweg die besluit geneem het dat daar niks is wat hulle nie – in God se krag – kan verduur nie, verlaat die vrees hulle...” ~ Grove Patterson
 
Vrees is ‘n besluit... Grove Patterson se aanhaling is vir my pragtig... ‘n Mens se brein en gedagtes is ‘n baie magtige wapen... Jy kan jouself soveel dinge wysmaak, en soveel spoke opjaag, sonder dat dit eens ‘n moontlikheid is... Ons raak so vasgevang in dinge wat ons vir onsself oorkompliseer, dat ons partykeer nie meer die “regte” prentjie raaksien nie... Ons sien wat ons wil sien, en vrees verblind ons nog verder, wat die “prentjie” nog meer verwronge maak...
 
As ons weet – ons het vir God as ons hulp, ons beskermer, ons Pa, ons 24/7 bewaarder en ons weet – ek gee my beste, in elke situasie of uitdaging waarmee ek gekonfronteer word of ek stel vir God in beheer, sodat Sy wil kan geskied, hoekom wil ons dan vrees? Deur God wat vir ons krag gee, kan ons ENIGE iets wat ons kant toe kom hanteer... Ons moet ‘n wilsbesluit neem, om vrees uit ons kop te sit... Wanneer benoudheid jou wil oorval, wil ek jou uitdaag om diep in en uit te asem, en vir vrees te sê: “Weet jy hoe groot my God is? Hy sal jou platvee sonder om eens ‘n vinger te lig...” Al hoe ons vrees kan hanteer, is om in die eerste plek te besluit dat dit ons nie sal onderkry nie, en in die tweede plek te bid, dat God die vrees sal wegneem... Dat ons sal onthou, maak nie saak HOE onmoontlik iets lyk nie, in God se woord, lê waarheid... En Efesiërs 3:20-21 en Jesaja 41:10,13 is God se beloftes aan ons (om maar net 2 plekke te noem)...
 
Hy is daar en Hy kan dinge wat vir ons as mense onmoontlik is, moontlik maak... Hy kan siekes genees, Hy kan sitausies verander... Ons moet net bereid wees om Hom te bly vertrou, al bly dit dalk bietjie langer donker in jou lewe as wat jy gehoop het... God kom ALTYD terug na Sy beloftes toe... Ons hoef nooit aan sy liefde vir ons te vrees nie... Ook nie aan Sy getrouheid nie...
 
Blessings!
 
Anel xx

Thursday, 3 September 2015

"You can't live a positive life with a negative mind..." ~ Unknown

Haloes! J

“You can’t live a positive life with a negative mind…” ~ Unknown

 Psalm 34:18

“He rescues those whose spirits are crushed…”

Matthew 19:26

“With God, all things are possible…”

 “Life isn’t meant to be lived perfectly…but merely to be LIVED. Boldly, wildly, beautifully, uncertainly, imperfectly, magically LIVED.” ― Mandy Hale

 “He created us for adventure, not ease.” ― Mary DeMuth, Everything: What You Give and What You Gain to Become Like Jesus

God created us for ADVENTURE, not ease…  Dis vir my ‘n awesome quote!  Want is die lewe nie NET dit nie??  Een GROOT adventure?  Elke dag wat aan ons gegee word is ‘n absolute geskenk…  GEEN mens kan ENIGE dag ingaan deur 100% te weet wat op hom of haar wag nie…  Want ENIGE IETS, is op ENIGE dag moontlik…  Ons dien ‘n God vir wie ALLES moontlik is…  Al spreek mense onmoontlikheid uit – God is magtig om SOVEEL meer te kan doen in ons lewens, as wat ons hoop of dink…  Ek het die afgelope tyd eerstehands beleef hoe God ‘n onmoontlikheid, in ‘n moontlikheid verander…  In ‘n geval waar daar absoluut GEEN kans was nie, waar die omstandighede totaal en al onmoontlik was – het God die situasie kom verander, en dit ‘n moontlikheid gemaak…

Face jy dalk op die stadium van die geveg, totale onmoontlikheid??  Is daar uitdagings wat miskien vir jou laat voel asof dit jou totaal en al oorweldig?  Lê daar ‘n berg voor jou wat jy dalk nie ‘n idee het HOE om dit te oorkom nie?  Al wat ons kan doen, is om ons lewe DAG VIR DAG te vat…  Om nie te probeer om volgende week se probleme vandag al op te los nie…  Maar om NET dag vir dag te leef…  Om elke dag dankbaar te wees vir die dinge waarmee God jou seën – want julle, ons dien ‘n ONGELOOFLIKE God en Vader…  Een vir wie die woord ONMOONTLIK nie bestaan nie…  Een wat daagliks wonderwerke doen, en ons seën – selfs wanneer ons dit nie verdien nie…  Ek wil Ephesians 3:20 [Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen] vandag vir JOU gee wat dalk op moedverloor se vlakte sit…  Vir jou vir wie die jaar dalk baie langer voel as wat dit werklik is…  Ek wil bid dat God jou lewe sal kom aanraak, en vir jou deure sal oopmaak wat GEEN MENS sal kan toemaak nie…  Ek bid dat deurbrake vir jou wat dit nodig het – sommer BINNEKORT sal kom…  Ek’t die afgelope tyd maar net weer gesien – God se tyd is nie ons tyd nie, maar Sy timing is SOVEEL beter as wat mens kan hoop of dink…  Mag God jou uit jou sokkies uit seën! 

Blessings!

Anelxx

Wednesday, 2 September 2015

“Three things you cannot recover in life: the WORD after it’s said, the MOMENT after it’s missed and the TIME after it’s gone. Be Careful!” – Unknown

Haloes! :)
“Three things you cannot recover in life: the WORD after it’s said, the MOMENT after it’s missed and the TIME after it’s gone. Be Careful!” – Unknown
 
Psalm 145:18-19 
 
“The LORD is near to all who call on him,  to all who call on him in truth. He fulfills the desires of those who fear him;  He hears their cry and saves them…”
 
Isaiah 58:11 
 
“The LORD will guide you always; he will satisfy your needs in a sun-scorched land and will strengthen your frame. You will be like a well-watered garden, like a spring whose waters never fail…”
 
“Love what you have. Need what you want. Accept what you receive. Give what you can. Always remember, what goes around, comes around…” – Unknown
 
“Challenges are what make life interesting and overcoming them is what makes life meaningful.” - Joshua J. Marine
 
My ma het my vertel van ‘n boek wat sy tans lees, waarin ‘n vrou haar man en dogter verloor het in ‘n motorongeluk, wat veroorsaak was deur ‘n dronk bestuurder…   Dit het die vrou gevul met soveel haat, dat sy net planne beraam het hoe om wraak te neem op die dronk bestuurder, dat sy vergeet het van haar ander dogter wat die ongeluk oorleef het, en absoluut gebroke was vanweë die feit dat sy geleef het, terwyl  haar pa en suster moes sterf…  Hierdie het my herinner aan die feit dat slegte goed, daagliks met goeie mense gebeur…  Ons verstaan 99% van die tyd nie hoekom ons deur sulke vuurproewe moet gaan nie…  Omstandighede soos hierdie ene, maak dit makliker om vir God en die dronk bestuurder kwaad te wees…  Baie keer, in hartseer en sulke ongelooflike onhanteerbare moeilike omstandighede, raak dit moeilik om te bid…  Jou siel kan so seer wees, dat jy net nie woorde het om te bid nie…  Die belofte waaraan ons kan vashou in tye soos hierdie, staan in Romans 8:26 - In the same way, the Spirit helps us in our weakness. We do not know what we ought to pray for, but the Spirit himself intercedes for us through wordless groans…”
 
Jesus los jou nie alleen in hierdie tye nie…  Die duiwel mag jou dalk probeer wysmaak dat jy totaal en al alleen is, waardeloos, hopeloos en sonder ‘n toekomsverwagting…  Moenie hom ‘n vastrapplek in jou lewe gee nie…  God is, en sal altyd net ‘n gebed ver wees…  Hy sal jou nie alleen los nie – maak nie saak HOE die omstandighede lyk nie…  Ons het elke dag iets om voor dankbaar te wees…   Moenie kosbare tyd mors deur haatdraende gedagtes te koester nie…  Moenie tyd mors, deur jou lewe oorheers te laat word deur FEAR nie…   Gryp jou geleenthede, wees lief vir die mense wat kosbaar is vir jou, sê jammer as jy verkeerd was, en wees iemand wat ander se lewens aanraak deur WIE jy is…  Wees iemand wat ‘n LEGACY sal agterlaat, wanneer jou uurglas op aarde leegloop…  En moenie dink dat jy dit nie in jou het om al hierdie dinge te kan doen nie…  Die feit dat jy asem haal, beteken dat jou doel op aarde, nog nie volbring is nie…  Al verstaan jy nie hoekom jy sekere dinge moes deurmaak nie, kan jy vashou aan God se beloftes dat Hy ALTYD by jou is, en jou NOOIT sal los nie…  En ek glo dat daar ‘n doel is vir elke slegte ding wat gebeur…  Dit neem net tyd om dit te verwerk en die punt daarvan in te sien…  Elke uitdaging, hartseer of pyn wat jy moet of moes deurmaak, het reeds jou karakter en menswees versterk…  God sal jou nie om dowe neute deur pyn laat gaan nie…  Moenie dat die duiwel jou anders wysmaak nie…  Jesus is met jou – elke oomblik, van elke dag…  Vat Sy hand, en maak seker dat jy alles wat jou hart raak, voluit najaag…
 
Blessings!
 
Anel xx

Tuesday, 1 September 2015

“Let perseverance be your engine, and hope your fuel…” ~ H. Jackson Brown Jr

Haloes! J
“Let perseverance be your engine, and hope your fuel…” ~ H. Jackson Brown Jr
 
Hebrews 3:14
 
“For if we are faithful to the end, trusting God just as firmly as when we first believed, we will share in all that belongs to Christ…”
 
1 Corinthians 15:58
 
“Therefore, be steadfast, immoveable, always abounding in the work of the Lord…  Knowing that in the Lord, your labour is not in vain…”
 
“If you can’t fly, then run… If you can’t run, then walk… If you can’t walk then crawl…  But whatever you do, keep moving…” ~ Martin Luther King  Jr
 
“When life get’s you down – you know what you gotta do?  Just keep swimming J ~ Dory (Finding Nemo)
 
Wie van julle het al sonder petrol gaan staan?  Of wie se motor het sommer net sonder rede opgepak?  Ek dink almal het dit al beleef, of ken iemand wat dit al moes deurmaak…  Ek’t een aand my motor se ligte aanvergeet – net om die volgende oggend by ‘n motor te kom wat absoluut niks wou weet van aanskakel en ry nie…  Dit het tot gevolg gehad dat my motor ge-“jumpstart” moes word, deur kabels en deur gebruik te maak van ‘n ander motor se enjin…  Daarna moes ek vir ‘n omtrent ‘n uur met die motor ry, ten einde die battery bietjie te herlaai…  ‘n Paar uur later – nadat die motor gestaan het, was dit weer dieselfde storie…  Ek moes op die ou end ‘n nuwe battery kry, ten einde die motor te kon gebruik… 
 
Waarop “loop” jou enjin op die oomblik?  Met vrees?  Bekommernis? Moeg- of tamheid?  Begin jy die dag deur te hardloop, en hou jy dan aan – net om uiteindelik moeg in die bed neer te val?  Of ervaar jy dalk op die oomblik dat jy op moed-verloor se vlakte sit en net nie meer weet watter kant toe, of watse besluite jy moet neem wat jou sal help om vorentoe te kan lewe nie?  Hardloop jy dalk nog op gister en eergister se krag?  Soos wat jy nou sit en hierdie lees, wil ek jou sê – bring alles wat jou so laat jaag, laat moeg voel, laat bekommerd en getap voel – en kom sit dit by die Kruis neer…  Lê dit neer by Jesus se voete vandag en gee dit oor in Sy hande…  Hy sal jou binnekant (enjin) ondersoek, herstel wat herstel nodig het en jou nuwe lewenskrag (petrol vir jou enjin) kom gee – wanneer jy tyd met Sy woord, en tyd in gebed saam met Hom spandeer…  Hy sal aan jou antwoorde gee op die dinge wat jou pla of dit waaroor jy twyfel en miskien wonder – jy moet net vra…  En wanneer dit voel asof jy net teen die dak vasbid, weet verseker – God hoor ELKE woord wat jy vir Hom sê…  Selfs wanneer jy sukkel om te bid – tree die Heilige Gees in vir jou, soos bevestig hier deur God se woord…  In Romeine 8:26-27 staan daar: Ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie in woorde gesê kan word nie...  En God, wat harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges..."  Moenie moedeloos word as jy nie dadelik antwoorde kry op jou gebede nie…  God SAL antwoord…  Dalk nie altyd op die maniere wat ons wil hê nie – maar ALTYD sodat jy die meeste seën uit die situasie kan kry…  Baie keer is dit ‘n blessing in disguise wanneer God nee sê…  Wanneer die antwoord nee is, wees net verseker dat dit is omdat God iets baie beters vir jou het!  My gebed vandag is, dat Hy jou sal kom vul met NUWE krag, dat jy die lewe sal kan aanpak soos ‘n splinternuwe motor, en ‘n propvol petroltenk!  Moenie moed opgee met jou omstandighede nie – BYT vas…  God sal jou BELOON as jy wag op Hom…  Wanneer mens op moedverloor se vlakte sit, is die deurbraak gewoonlik baie nader as wat jy ooit sal kan dink…  Mag God jou werklik seën vandag!

Blessings!

Anelxx