Thursday, 6 August 2015

"Be the change you want to see..." ~ Mahatma Ghandi

Haloes! :)
 
"Be the change you want to see..." ~ Mahatma Ghandi

Colossians 1:16

"For everything, absolutely everything, above and below, visible and invisible... Everything started with Him and finds purpose in Him..."

Ephesians 1:11

"It's in Christ that we find out who we are and what we are living for... Long before we first heard of Christ and got our hopes up, He had his eye on us... Had designs on us for glorifying living, part of the overall purpose he is working out in everything and everyone..."

"I truly believe that everything we do and everyone we meet is put on our path for a purpose... There are no accidents; we're all teachers - if we willing to pay attention to the lessons we learn, trust our positive instincts and not be afraid to take some risks or wait for some miracle at to come knocking at our door..." - Marla Gibbs

"Our prime purpose in life is to help others... And if you can't help them, at least don't hurt them..." - Dalai Lama

Ghandi het vir my GROOT waarheid gespreek met die volgende woorde: "Be the change you want to see..." Ons raak baie vinnig negatief oor ons omstandighede, ons land, of die "kaarte" wat aan ons gedeal is...  Ons val dan in die "trap" om met ons negatiewe instellings, ander mense ook te probeer beinvloed deur die negatiewe stories te vertel...  Ekt so 'n tydjie terug die fliek - "Pay it forward" gekyk... As jy dit nog nie gesien het nie - doen jouself 'n guns en kyk dit!!

'
n Onderwyser gee aan sy leerders 'n opdrag aan die begin van die skooljaar om iets te doen wat die wereld kan verander en wat dan vir hul jaarpunt sou tel (in lewensopvoeding)... Die een seuntjie het toe 'n man op straat gekry wat hy wou help ten einde vir die man 'n beter toekoms te verseker...  Hy en die straatman raak toe aan die gesels en die seuntjie se idee om die wereld te verander word daar gebore...  As hy 3 mense help (maar dit moet iets GROOT wees) en daardie 3 mense help elkeen weer 3 mense en daardie 3, weer 3 - sal hulle die wereld kan verander...  Ek gaan nie die res van die fliek weggee nie, maar dink watse groot verskil ons kan maak as elkeen van ons hierdie leef in ons lewens?? Pay it forward...  God seen ons daagliks - met klein sowel as groot goed... Ons staar onsself partykeer net so blind aan die moeilike omstandighede dat ons al die goeie dinge miskyk!! Begin waar jy is, met wat jy het, en partner met God... Hy sal jou nie teleurstel nie,en wanneer jy Hom toelaat, sal Hy jou gebruik om 'n world-changer te wees!!  Kom ons begin waar ons is, met wat ons het, en probeer om ten minste een keer 'n week vir iemand daar te wees wat iemand nodig het... Al maak jy net vir iemand 'n koppie koffie en wees vir hulle 'n skouer om op te huil wanneer hulle iemand nodig het...  God kan jou gebruik - soos jy is, waar jy is... God doesn't call the equipped... He equips the called...

Blessings!

Anel xx

"Take risks: If you win, you'll be happy... If you lose, you will be wise..." - Unknown


Haloes! :)

"Take risks: If you win, you'll be happy... If you lose, you will be wise..." - Unknown

Romans 12:2
 
"Do not conform yourself to the standards of this world, but let God transform you inwardly by a complete change of mind... Then you will be able to know the will of God..."
 
1 Corinthians 10:13
 
"God keeps His promise and He will not allow you to be tested beyond your power to remain firm...  At the time you are put to the test, He will give you the strength to endure it and so provide you with a way out..."
 
"Don't allow your wounds to transfer you into someone you are not..." - Paulo Coelho
 
"Tough times never last, but tough people do..." - Robert H Schuller
 
Het jy al ooit 'n risiko aangegaan? Besluite geneem wat enige kant toe kon gaan? Ek dink die tyd wat ek in Amsterdam gaan werk het, was een van hierdie situasies...  Dit was SO 'n groot besluit - een waaroor ek nie aldag seker was nie...  Ek't egter van die begin af gebid dat God se wil moet geskied - dat Hy dinge sal laag uitwerk soos Hy wil en nie soos ek wil nie... Die onderhoud het oor my pad gekom en ekt besluit om die onderhoud te doen vir ondervinding...  Mens het mos niks om te verloor nie?! Onderhoud het goed gegaan en 2e onderhoud het gekom... Ek was lekker onseker want sou ek suskesvol wees, sou dit twee jaar van my lewe wees wat ek in 'n ander land sou moes gaan woon het... Nadat ek die aanbod vir die werk gekry het, het my toe, huidige baas, vir my 'n aanbod vir 'n langer kontrak gemaak... En aangesien ek BAIE gelukkig daar was, was dit 'n absolute spanner in die "works"...
 
Ek't lank gebid en elke moontlike kant toe geredeneer...  Maar kon net nie 'n duidelike antwoord kry nie...  Die aand voor ek my antwoord vir Amsterdam moes gee, het die Here net in my gemoed kom sit - "as jy eendag bevoorreg genoeg is om op 80 op die ouetehuis se stoep te kan sit, gaan jy dit 'regret' as jy nie hierdie geleentheid aangegryp het nie - deur net in jou comfortzone te bly leef? Of gaan jy vir jou kleinkinders die stories vertel van al jou ondervindinge van voluit leef en aangegrypte geleendhede?" Toe ek met hierdie vrae gekonfronteer was, was dit 'n absolute No-brainer!! God was in beheer en maak nie saak watter opsie ek gekies het nie - Hy sou my nie vir 'n oomblik alleen laat nie...  Noudat ek terugkyk weet ek dat God my absoluut gebless het omdat ek vir Hom 'n "se" in my besluit gegee het... Hy het my soveel ongelooflike mense van verskillende lande laat ontmoet - mense wat ek as vriende sal beskou tot die dag wat ek na my Hemelse Pa toe gaan, soveel van myself geleer en my geloof versterk - want jy leer op 'n totale nuwe manier om vir God te vertrou - al lyk dinge vir jou hoe power! Weet vandag - God het meer vir jou as wat jy ooit vir jouself sal wil he! En moenie vir 'n oomblik bang wees om buite jou comfortzone te beweeg nie - want God is reeds daar!!

Blessings!
 
Anel xx

Wednesday, 5 August 2015

"As I look back on my life, I realize that everytime I thought I was being rejected from something good in my life, I was actually being re-directed to something better..." - Unknown

Haloes! :)

"As I look back on my life, I realize that everytime I thought I was being rejected from something good in my life, I was actually being re-directed to something better..." - Unknown
 
Ephesians 3:20
 
"God is able to do far more than we ever would ever dare to ask or imagine... Infinitely beyond our highest prayers, desires, thoughts or hopes..."
 
Isaiah 26:3
 
"You, Lord, give perfect peace to those who keep their purpose firm and put their trust in You..."
 
"Don't wait for the perfect moment... Take the moment and make it perfect..." - Zoey Sayward
 
"Life isn't about waiting for the storm to pass... It's about learning to dance in the rain..." - Unknown
 
Het jy al ooit iets probeer beplan of gereel, maar jy wou die "perfekte" oomblik skep? Iets wat almal sal onthou en vir ewig oor sou kon praat?  Een van my gunstelIng voorbeelde hiervan is die "Friends" episode waar Chandler vir Monica wou vra om te trou...  Vir die wat nog nie "Friends" gekyk het nie - 'n bietjie konteks... Chandler en Monica was al vir ewig beste vriende... Daardie tipe vriende by wie jy 3uur in die nag kon gaan klop as jy probleme ondervind, hulp nodig het, of sommer net wou gesels...  Chandler is egter een van daardie tipe karakters wat bang is om te "commit"... En Monica een van daardie karakters wat haar lewe lank al droom oor haar troudag... Hy en Monica het mekaar "gevind" by haar broer se troue... En die vriendskap het toe in 'n verhouding ontwikkel...
 
Chandler het die aand wat hy Monica wou vra om te trou, met groot afwagting beplan... Hy het plek bespreek by Monica se gunsteling restaurant, haar gunsteling bottel sjampanje bestel, die perfekte ring uitgekies en sy speech 'n paar keer geoefen... Op die groot aand, kom daar toe een van Monica se vorige kerels by die restaurant aan en word Chandler se goed beplande aand totaal en al in die wiele gery... Hul vriende gee toe ook na die aandete Chandler se hele game weg - omdat almal haar vra om haar hand vir hulle te wys :) Om 'n lang storie kort te maak, Monica se eks kerel vertel haar toe nadat hy haar gesien het by die restaurant dat hy haar steeds liefhet en wil met haar trou, terwyl Chandler maak asof trou die heel laaste gedagte is wat hy het - om vir hom tyd te koop sodat hy vir Monica kon verras... Toe hy uiteindelik vir haar vra om te trou het hy sy toespraak as volg begin: "I thought it mattered what I said or where I said it..." Maar al wat eintlik saak gemaak het, was dat hulle mekaar liefgehad het en hul hele lewe saam met mekaar wou spandeer...  Ons mors partykeer soveel tyd oordat ons opsoek is na die mees perfekte mense, perfekste omstandighede of oomblikke...  Ek dink ons mis baie keer uit in die "hier en nou" omdat ons deur hierdie soeke na meer - kan uitmis op ALLES wat God nou reeds vir ons het!! Moenie wag vir daardie perfekte oomblik nie - elke oomblik het die potensiaal om 'n perfekte oomblik te wees - LEEF net!!
 
Blessings!
 
Anel xx

Monday, 3 August 2015

"Hardship often prepare ordinary people for an extraordinarily destiny..." - C S Lewis

Haloes! :)
 
"Hardship often prepare ordinary people for an extraordinarily destiny..." - C S Lewis
 
1 Corinthians 2:9
 
"No mere man has ever seen, heard or even imagined what wonderful things God has ready for those who love the Lord..."
 
Psalm 33:11
 
[God's] plans endures forever; his purposes lasts eternally..."
 
"Life begins at the end of your comfortzone... So if you are feeling uncomfortable right now, know that the change in your life is a beginning and not an ending..." - Neale Donald Walsch
 
"The ultimate measure of a man is not where he stands in moments of comfort and convenience, but where he stands of challenge and controversy..." - Martin Luther King Jr
 
Watter dinge waardeer jy die meeste in jou lewe? Dinge wat sommer maar net in jou skoot geval het, of dinge waarvoor jy die "hard-yards" moes insit en wat deur baie gebed, bloed, sweet en trane suksesvol was? Ek wil myself verstout deur te se - die tweede ene... Want die dinge wat my altyd sal bybly, is die moeilike paaie wat ek somtyds moes stap en dit het direk my karakter beinvloed en geshape in die mens wat ek vandag is...  Mens kan eers werklik daar wees vir ander wat deur moeilike omstandighede gaan of deur groot challenges face, wanneer jy al deur soortgelyke omstandighede moes volhard...
 
Dit bring my by die volgende punt... Ons raak so baie keer mismoedig dag ons wil vra - "hoekom Here??" Hoekom laat U hierdie dinge in my lewe toe as U net goeie dinge vir my beplan? Ek lees tans die "Purpose driven life" geskryf deur Rick Warren... In Sy boek se hy - in plaas daarvan om te vra - "hoekom Here?", vra eerder, " wat wil U my hierdeur leer?" Hierdie vraag het my sommer kom vul met nuwe hoop! Want, wat 'n absolute awesome, positiewe en vars manier om probleme of moeilike tye in ons lewens te face en aan te pak!!  Die lewe kan ongelukkig eers verstaan word wanneer ons terugkyk...  Baie dinge mag dalk eers na 'n paar jaar sin maak...  Maar niks, absoluut niks sal gebeur in ons lewens om dowe neute nie...  God sal ons situasies gebruik om vir ons iets te leer, om ons karakter te bou of om Sy grootheid in ons lewens signaar te maak...  Moenie moed verloor as dinge nie wil uitwerk, of as dinge dalk op die oomblik onverstaanbaar moeilik in jou lewe gaan nie! God sal ALTYD by jou wees! Hy sal jou dra deur die storm, en Hy sal jou met nuwe moed, krag en hoop kom vul - elke liewe dag...
 
Blessings!
 
Anel xx

Sunday, 2 August 2015

"The purpose of life is to live it, to taste experience to the utmost, to reach out eagerly and without fear for newer and richer experience..." - Eleanor Roosevelt

Haloes! :)
 
"The purpose of life is to live it, to taste experience to the utmost, to reach out eagerly and without fear for newer and richer experience..." - Eleanor Roosevelt
 
Isaiah 46:3-4
 
"I have carried you since you were born; I have taken care of you since your birth... Even when you are old, I will be the same... Even when your hair turned grey, I will take care of you... I made you and will take care of you..."
 
Psalm 139:6
 
"You saw me before I was born and scheduled each day of my life before I began to breathe... Every day was recorded in your book..."
 
"When you realize God's purpose for your life isn't just about you, He will use you in a mighty way..." - Dr Tony Evans
 
"The meaning of life is to find your gift... The purpose of life is to give it away..." - Pablo Picasso
 
Ek 'n storie gehoor van 'n outjie wat in die berge gaan stap het... Hy het bietjie verdwaal en toe hy uiteindelik iemand vind, het hy gestop om aanwysings te vra... Die antwoord wat Hy egter gekry het, was dat hy nie sy eindbestemming vanaf daardie punt sou kon bereik nie...  Hy sou moes omdraai na sy beginpunt en dan weer opnuut begin vanaf die ander kant van die berg af, ten einde sy eindbestemming te bereik... - Vanuit Rick Warren se Purpose Driven Life
Hoe baie gebeur die bostaande nie in ons eie lewens nie?? Ons het 'n plan om spesifieke doelwitte of ideale te verwesenlik...  Baie keer spring ons vuur en vlam weg, net om uit te vind dat ons nie die regte "tools" het om 'n sukses van die doelwit te maak nie... Of wanneer ons halfpad is, kom uitdagings in die vorm van die grootste natuurrampe oor ons paaie, wat dan ons vordering partykeer in sy spore stuit... Of ons begin by die verkeerde punt sodat ons somtyds onsself in 'n totale doodloopstraat bevind...  
 
Wat is die belangrikste om te onthou in al die bostaande? Dis die wete dat ons NOOIT alleen is wanner ons uitdagings "face" nie...  Die wete dat ons 'n God dien wat tweeede kanse gee... Dat ons kan WEET dat God ons nooit sal verlaat en ons nooit in die steek sal laat nie... Dat daar waar ons net doodlooppaaie sien, is waar God net vir ons 'n draai in die pad ingebou het... En daar waar ons dalk 'n verkeerde afdraai gekies het, hoef ons nie te vrees nie, want God sal sorg vir uitkoms... Hy sal dit gebruik as 'n "detour" sodat ons sal kan karakterbou, maar Hy sal dit inbou in Sy plan vir ons lewens... Sodat ons kan leef as oorwinnaars, getuienis en dat ons interessante paaie die kleur aan ons lewe kan gee, wat weer sal sorg vir die beste stories wanneer ons anderkant uitkom!  God se genade is elke more nuut - en dis tot beskikking...  Al wat ons moet doen, is om te glo en te vertrou...  God is by jou in hierdie nuwe week - niks maar NIKS sal te groot wees, wat jy nie in en deur Sy genade sal kan hanteer nie...
 
Blessings!
 
Anel xx