Thursday, 16 April 2015

“No matter how long it takes when God works, it is worth the wait!” ~ Unknown

Haloes! J

“No matter how long it takes when God works, it is worth the wait!” ~ Unknown

Zephaniah 3:17

“The LORD your God is in your midst, a mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness; he will quiet you by his love; he will exult over you with loud singing…”

Romans 15:13 

“May the God of hope fill you with all joy and peace in believing, so that by the power of the Holy Spirit you may abound in hope…”

“God has already arranged a new beginning for every disappointment…” ~ Joel Osteen

“Ability is what you are capable of doing…  Motivation determines what you do…  Attitude determines how well you do it…” ~ Unknown

Hannah was kinderloos... Haar man, Elkana, was liewer vir haar as vir sy ander vrou Peninna. Om daardie rede het God vir Pennina met kinders geseën... Peninna het egter vir Hannah gespot oor die feit dat sy nie kinders in die wêreld kon bring nie... Dit was Hannah se grootste wens, en gebed om 'n kind te hê... Ek dink nie dat daar is iets moeiliker is nie - om SO graag iets te wil hê, en om net geen antwoord op gebed te ontvang nie... Hannah het egter nie opgegee nie... Hoe langer sy moes wag, hoe meer het sy gebid... En God het hom nie doof gehou nie - Hy het haar geantwoord, en haar met 'n BAIE spesiale seun geseën... Omdat sy getrou was, en aanhou glo en bid het - het God aan haar Sy trou bewys...

Miskien dink jy nou - almal rondom my kry wat hulle wil hê, en wat hulle van God bid. Dis net ek wat niks ontvang nie... En ek bid, en ek glo... Of miskien het jy al moed opgegee om te vertrou en te glo... Hannah moet vanoggend dan vir jou 'n getuienis wees, dat mens nooit te lank vir God wag om gebede te beantwoord nie... Daar is geen God, soos die God wat ons dien nie... As ons getrou is, SAL God voorsien... Soos Napoleon se aanhaling hierbo sê - Onmoontlik is net 'n woord wat in 'n dwaas se woordeboek aangetref word... Moenie vir God afskryf of wantrou, as jy nie die eerste keer wat jy bid 'n antwoord kry nie... God WEET wat Hy vir jou lewe beplan, en jou drome en gebede wil Hy nie onbeantwoord laat nie...

Ons gebed moet egter nie net 'n "quick fix" wees nie... Ons moet ELKE dag met God praat, en werk aan ons verhouding met Hom... En nie net bid wanneer ons iets nodig het nie... Dis nie waarvoor God daar is nie... Hy wil vir jou 'n Pa wees - iemand wat vir jou ongelooflik lief is, en iemand wat deel wil wees van jou lewe - ELKE dag... Maak Hom deel van jou lewe, deur in gebed met Hom DAAGLIKS te "connect"... En wanneer jy gebid het - laat dit by Hom... Moenie dan net weer omdraai en SELF oplossings probeer vind vir dit wat jy met Hom bespreek het nie...  Wanneer jy bid, is dit soos bv – wanneer jy jou toetsboek ingee vir die merker…  Jy sit dit in die merker se hande (jy kan niks meer doen ten opsigte van die vraestel nie)…  Deur hierdie beeld wil ek vir jou illustreer dat jy jou bekommernisse, seer, pyn en sukkel dan effektiewelik in God se hande plaas wanneer jy bid. Hy sal voorsien - op maniere wat jy nie eens gedink het moontlik is nie... Glo dit vandag!!

Mag jy 'n PRAGTIGE naweek hê!

blessings!
 
anel xx

 

 

Wednesday, 15 April 2015

“Don’t put in ½ the effort, unless you’re ok with ½ of the results…” ~ Unknown

Haloes! J

“Don’t put in ½ the effort, unless you’re ok with ½ of the results…” ~ Unknown

James 1:5

'If you need wisdom, ask our generous God and He will give it to you... He will not rebuke you for asking...'

Ephesians 1:18-19

"I pray also that the eyes of your heart may be enlightened in order that you may know the hope to which He has called you, and His incomparably great power for us who believe... That power is like the working of His mighty strength..."

“Courage isn’t having the strength to go on…  It is going on when you don’t have the strength…” ~ Unknown

“When obstacles arise, you can change your direction to reach your goal; you don’t change the decision to get you there…” ~ Unknown

Ek onthou toe ek op skool was, was ons op 'n kamp waar ons in spanne opgedeel was en waar ons hindernisse moes afle in die donker... Jyt met jou flits, met behulp van 'n kaart en deur middel van spanwerk dan hopelik die eindpunt bereik... Wat belangrik is in so 'n geval of uitdaging, dat een persoon moet leiding neem en dat die span dan sal saamwerk om die eindpunt maklik en suksesvol te bereik... Ek onthou dat ons 'n verkeerde afdraai gevat het, en deur baie ongelyke stukke grond, deur bosse, op smal rante ens geloop het... Maar ons het dit as 'n span gedoen en alhoewel ons nie die voorgeskrewe roete gevolg het nie, was dit iets wat ek vir die res van my lewe sal onthou...

Met die lewe is dit baie keer soos hierdie scenario... Toe daar bosse was waar daar eintlik pad moes wees, het ons as span geweet dat dit nie die roete kon wees wat vir ons uitgesit was om te stap nie... Maar ons het 'n verkeerde afdraai gevat en om terug te kon kom op die uitgestippelde pad, moes ons deur bosse en ongelykte stukke grond loop om terug te kon kom op die pad wat vir ons op die kaart uitgesit was... Somtyds hou ons op om te bid, en is ons nie ingestel op God se stem of God se wil vir ons lewe nie... Ons probeer om die lewe met sy uitdagings op ons eie aandurf, en wanneer ons dan later net doodloopstrate sien, besef ons weer dat ons 'n verkeerde afdraai gevat het, of dat ons die dinge op ons eie probeer doen het... Jesus laat ons nooit uit Sy sigveld verdwyn nie... Al hoor ons Hom nie duidelik nie,beteken dit nie dat Hy nie daar is nie... Hy is steeds net 'n gebed ver... Hy sal Sy hand van bewaring oor jou hou - waar jy ookal stap... En Hy is meer as bereidwillig om jou te help met die uitdagings wat die lewe jou kant toe laat kom... Hy en Sy woord sal ook jou kompas wees as jy dalk iewers jou pad verloor het... Al voel dit ook onmoontlik - God is groter... Hy sal sorg...

Mag God jou die pad wys wat Hy vir jou uitgesit het... Een vol blessing en een vol van Sy liefde en wonderwerke vir jou lewe...
 
blessings!
 
anel xx

Tuesday, 14 April 2015

“Stop waiting for Friday, for summer, for someone to fall in love with you… For life… Happiness is achieved when you stop waiting for it, and make the most of the moment you are in now…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Stop waiting for Friday, for summer, for someone to fall in love with you…  For life…  Happiness is achieved when you stop waiting for it, and make the most of the moment you are in now…” ~ Unknown
 
Joel 3:10
 
“Beat your plowshares into swords and your pruning hooks into spears.  Let the weakling say, “I am strong!”
 
James 1:6
 
“But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind…”
 
“Successful people are always looking for opportunities to help others…  Unsuccessful people are always asking, what’s in it for me?” ~ Unknown
 
“I never lose…  I either win, or I learn…” ~ Unknown
 
Vertroue is iets waarmee baie mense sukkel...  Kyk ons net na ons land, en die dinge wat daagliks voorblad stories in die koerante maak, is dit verstaanbaar dat mense sukkel om ander te vertrou...   Daar is mense wat trou, met beloftes wat op daardie dag aan mekaar gemaak word, net om ‘n paar jaar later verbreek te word...  Daar is mense wat beloftes breek, en sodoende vriendskappe tot niet maak...  Mense wat jou vertroue in jou vriende en medemens skend...  Daar is mense, in verhoudings, in families en vriendekringe, wat eerder sal uitloop wanneer moeilike situasies of siekte by die voordeur inloop...  Wanneer jy iemand die meeste nodig het, word jy in die steek gelaat, en dit laat jou HARTSEER en seergemaak agter...  Mens begin later glo dat dit ‘n norm is, en skeer dan voortaan almal oor dieselfde kam...
  
Mens mis partykeer uit op spesiale oomblike, mense, verhoudings, liefde en geleenthede, omdat mens niemand vertrou nie...  ‘n Harde realiteit en waarheid, is dat ons soms nie vir God vertrou met ons lewe nie...  Ons dink ons vertrou Hom, maar tog, hou ons so hard vas aan ons lewe, aan ons probleme – wat ons laat worry, en moeilike situasies waarmee ons gekonfronteer word, dat ons uitmis op dit wat Hy als vir ons lewe beplan en bestem het...  Ons probeer self oplossings vind vir dit wat moeilik is, en dit wat verkeerd loop...  Plaas daarvan dat ons net op ons knieë gaan, en dit vir God gee...
 
As ons, ons verhoudings en vriendskappe by God begin, en ons Hom as basis daarvoor het, kan dit nie anders as om geseënd te wees nie!   Ek het nou die aand ‘n “gedagte” gehoor op CCFM, wat die ou gesê het – “Moenie so bekommerd wees, oor so baie dinge nie...  Jou Hemelse Vader is REEDS besig om vir jou ‘n uitweg te skep, of oplossings te vind...  Al wat van jou verlang word, is dat jy Hom daarvoor sal vertrou...”  Moenie vandag bekommerd aanpak nie...  WEES VERSEKER, jou Pa is hard aan die werk, en Hy sal jou NOOIT in die steek laat nie...  Hy het jou HOPELOOS te lief...
 
Blessings,
 
Anel xx

Monday, 13 April 2015

“No storm can last forever… It will never rain for 365 days consecutively… Keep in mind that trouble comes to pass, not to stay… Don’t worry! No storm, not even the one in your life can last forever…” ~ Iyanla Vanzant


Haloes! J
 
“No storm can last forever…  It will never rain for 365 days consecutively…  Keep in mind that trouble comes to pass, not to stay…  Don’t worry! No storm, not even the one in your life can last forever…” ~ Iyanla Vanzant
 
Psalm 91:11-16
 
For he will command his angels concerning you to guard you in all your ways; they will lift you up in their hands, so that you will not strike your foot against a stone. You will tread on the lion and the cobra; you will trample the great lion and the serpent. “Because he loves me,” says the Lord, “I will rescue him; I will protect him, for he acknowledges my name.
He will call on me, and I will answer him;  I will be with him in trouble, I will deliver him and honor him. With long life I will satisfy him and show him my salvation.”
 
Psalm 91:7
 
A thousand may fall at your side, ten thousand at your right hand, but it will not come near you…
 
“Resurrection tells us that God will always finish what He started…” ~ Victoria Osteen
 
“Life is too ironic to fully understand…  It takes sadness to know what happiness is…  Noise to appreciate silence and absence to value presence…” ~ Unknown
 
Werk...  ‘n Woordjie wat deur baie mense met onaangenaamheid geassosieer word...  Vir baie mense is werk ‘n plek van ongelukkigheid, ‘n plek waar hulle gekritiseer word, en waar hul aan hul swakheid herinner word... Of miskien word jou harde werk heeltyd oorgesien – en maak nie saak wat jy doen nie, dis asof jy op een plek bly draf… Miskien is jy sommer met negatiwiteit gevul, nog voordat die dag begin…  Dit veroorsaak weer dat jou ingesteldheid verkeerd is nog voordat enige iets gebeur het…  Of jou werk kan jou dalk vul met soveel VREES en STRESS vir dit wat onbekend is, vir dit wat moontlik verkeerd kan gaan of dit wat jy nie kan beheer nie dat dit op ‘n manier jou jou lewe heeltemal oorneem...  Elke wakende oomblik word aan werk spandeer (of dit nou fisies werk is, praat oor werk of dink aan werk), soveel so dat die lewe op die ou end verby jou gaan...  Een iets wat ‘n vriend van my eendag kwytgeraak het – werk is iets wat altyd daar sal wees...  Jy kan kies om elke wakende oomblik daaraan te spandeer, of om ‘n bietjie oor te los vir more, en VOLUIT te LEWE – met BALANS...  Sorg dat jy elke dag jou BES doen in die tyd wat daarvoor uitgesit is… Balans is BAIE belangrik!!  Soos ek al vantevore gesê het – TE pas net by TEVREDE :)
As jy vandag sou uitvind jyt ‘n ongeneeslike siekte – wat sou vir jou die belangrikste wees?  Tyd saam met mense wat vir jou kosbaar is, tyd wat jy gebruik om herinneringe te maak wat ‘n leeftyd sal hou of tyd wat spandeer word aan bekommernis?  Maak seker dat jy tye van saamwees met vriende en familie koester...  Maak spesiale herinneringe wanneer julle saam is...  Hou die baklei vir eendag op ‘n reëndag...  Ons weet nie wanneer die laaste keer is wat ons iemand gaan sien, of by ons gaan hê nie...  Maak seker dat die mense in jou lewe WEET dat jy hulle waardeer, liefhet en dat hulle baie kosbaar vir jou is (sê dit met elke geleentheid wat jy kry)!! God het ons geseën met ‘n ongelooflike natuur, en ongelooflike mense wat Hy oor ons pad bring – elke dag...  Maak seker dat jy jou balans so toepas, dat wanneer jy WERK, jy werk, en wanneer jy dan by die kantoor uitstap, dat jy die dinge by die werkplek agterlaat…  Die lewe is meer as bekommernis!  Hiermee sê ek nie, moenie altyd jou beste gee nie...  Nee,  hiermee sê ek:  Koester spesiale mense, en spesiale tye...  Spandeer spesiale tyd saam met God...  Moenie dat werktyd, jou Stiltetyd binnedring nie...  Ons het tyd saam met God nodig om Sy stem en Sy wil vir ons lewe te hoor en te bepaal...  Ons het Hom nodig, omdat Hy ons bron van HOOP is...  Laat Hom toe om daai onrus in jou binneste, in vrede te omskep...  Dit sal jy slegs kan regkry, deur tyd in gebed, en tyd saam met God deur te bring...  Moenie jouself beroof van ‘n lewe van oorvloed, deur nie tyd te hê vir dit wat saakmaak nie...  Vir jou wat dalk deur diepe waters gaan op die oomblik - hier is 'n versie spesiaal vir jou:  1 Kronieke 28:20 Moenie bang wees of jou bekommer nie...  want die Here God is by jou...  Hy sal jou nie in die steek laat nie of van jou padgee nie...
Blessings!
Anelxx
 
 
 
 

Sunday, 12 April 2015

“If you really want to do something, you’ll find a way… If you don’t, you’ll find an excuse…” ~ Jim Rohn

Haloes! J

“If you really want to do something, you’ll find a way…  If you don’t, you’ll find an excuse…” ~ Jim Rohn

Ephesians 3:20

“Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to Him be the glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations forever and ever! Amen…

Philippians 4:4-7

“Rejoice in the Lord, always…  I will say it again: Rejoice! Let your gentleness be evident to all…  The Lord is near…  Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and thanksgiving present your requests to God… And the peace of God who transcends all understanding, will guard your hearts and minds in Christ Jesus…”

“A good life is when you smile often, dream big, laugh a lot and realize how blessed you are for what you have…” ~ Unknown

7 Cardinal Rules for Life…
1)      Make peace with your past… 
So it won’t disturb your present…
2)      What other people think of you…
Is none of your business…
3)      Time heals almost everything…
Give it time…
4)      No one is in charge…
Of your happiness, except you…
5)      Don’t compare your life to others
And don’t judge them, you have no idea what their journey is all about…
6)      Stop thinking too much…
It’s all right not to know the answers…  They will come when you least expect it…
7)      Smile…
You don’t own all the problems in the world…

Hierdie stukkie hierbo was vir my SO refreshing…  Want ek dink ons almal se grootste probleme, worries, goed waaroor ons wakker lê, hartseer raak, of tob, is baie mooi opgesom hierbo!  Ons raak bekommerd oor wat mense van ons dink – wat eintlik so verregaande is, want al by wie ons guns moet hê is God!  Hy sal dinge in ons lewens laat uitwerk / nie uitwerk nie, of mense nou van ons hou of nie!  Sy wil sal geskied, op Sy tyd, wanneer HY dit bestem!  Ons laat baie keer dat “of mense van my hou” ons geluk bepaal…  Ons moenie ons geluk op mense bou nie – want dan raak ons soos die dwase man wat sy huis op die sand bou…  Wanneer ons, ons lewens grond in Jesus Christus, deur ons huis op ‘n rots te bou, vul Hy ons met die innerlike geluk wat ons nodig het, dat ons dit nie op ander plekke sal gaan soek nie…

Dinge wat reeds gebeur het – kan ons niks aan verander nie…  Ons moet dit in die verlede los – dis waar dit hoort, en fokus op hoe ons dinge op ‘n ander, beter manier sal kan aanpak in die toekoms…  Tyd is in elkgeval al wat ons nodig het – vir dinge om in plek te val, vir ons om dinge te verwerk, vir ons om ‘n nuwe begin te kan maak…  God het jou as ‘n unieke mens geskape…  Moenie jouself met ander vergelyk nie – want as God wou hê ons moet almal eenders wees, sou Hy ons so geskape het! 
 
Ek het partykeer die probleem om dinge te “overthink”…  Te probeer om die wêreld se probleme te probeer uitfigure en uit te sorteer – deur alle moontlike scenario’s te deurdink…  Met God in beheer, hoef ons net op te daag…  Ons hoef nie te probeer om as ysterman / ystervrou antwoorde vir alles te probeer kry nie...  Soos Hy in Deuteronomy 20:4 sê: “Do not be afraid, or panic, or tremble before them, for the LORD your God is the one who goes with you, to fight for you against your enemies, to save you…”  Maak nie saak WAT jy moet face of wat vir jou voorlê nie – God is reeds daar, en Hy sal NAMENS jou die fight, fight!  Die laaste ding, en seker partykeer die moeilikste wanneer ons deur “tough” times gaan, is dat ons nie ons geluk in ander mense se hande moet plaas nie…  Of jy gelukkig is, of smile, moenie afhang van jou omstandighede nie…  Dis ‘n keuse – om ‘n glimlag te dra J  Wanneer mens glimlag, ontspan jou liggaam en is dit as’t ware ‘n klein bietjie “stress relief”…  Ons het SO baie om voor dankbaar te wees…  Ek wil jou uitdaag om elke keer wat jy voel asof jy wil huil, te bid en vir God dankie te sê vir ten minste een iets in jou lewe…  Of dit nou jou werk is, of die feit dat jy kos gehad het om te eet – wanneer ons weer opreg dankbaar word vir die klein goed, is gewoonlik wanneer ons besef dat dit die groot goed vorm!

Mag jy ‘n AWESOME week he!

Blessings!

Anel xx