Thursday, 6 November 2014

“The best way to prepare for life is to begin to live…” ~ Elbert Hubbart

Haloes! J

“The best way to prepare for life is to begin to live…” ~ Elbert Hubbart

Proverbs 16:3

“Commit to the Lord whatever you do, and your plans will succeed.”

Psalm 28:7-8

“The LORD is my strength and my shield; my heart trusts in him, and I am helped. My heart leaps for joy and I will give thanks to him in song.  The LORD is the strength of his people, a fortress of salvation for his anointed one…”

“When your confidence comes from God, no matter how unstable things in the world may get, you will always remain rock solid and secure…” ~ Pastor Matthew Hagee

“As you stay in faith, know that God will choose you even when other people overlook you…” ~ Victoria Osteen

My gebed vanoggend vir jou, is dat Psalm 20:5-7 sal waar wees in jou lewe... "Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van God van Jakob U beskerm.  Mag Hy u gee wat u hart begeer, en al u voornemens laat geluk.  Ons sal juig oor die oorwinning en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi.  Mag die Here alles gee wat U vra.  Dit weet ek, die Here sal aan sy gesalfde die oorwinning gee!"  Iets wat ek mense gereeld hoor sê, is: "Alles loop net verkeerd...  Hoe harder ek probeer, hoe meer voel dit ek verloor beheer...  Dit was eers ietsie kleins wat verkeerd gegaan het, maar dis elke keer bietjie groter, bietjie groter..."  Ek dink ons kan baie keer die gevoel kry van iemand wat op 'n strand sit, en sien hoe 'n reusegolf naderkom...  Hoe meer ons probeer om daarvan weg te hardloop, hoe vinniger haal dit ons egter in...

Ek ken nie jou omstandighede nie, maar ek ken jou Hemelse Vader...  En ek WEET, dat WONDERS doen, Sy "middle name" is :)...  Hy het al op die water geloop, en ek weet dat Hy 'n brander wat na jou oppad is SAL kan stop, en die water 'n ander rigting sal kan laat inslaan...  Ek weet ook, dat ons partykeer SELF probeer om kop bo die water te hou...  Dat ons SELF die branders probeer aanvat, en SELF probeer swem...  Ons neem nie altyd die uitgestrekte hand wat God na ons toe uithou aan om ons te help nie...  Ek dink dat die grootsheid van ons situasies, ons gedagtes so oorheers, dat ons nie eens kan sien dat God by ons is, wanneer ding op sy donkerste voel nie...  Ek wil jou uitdaag vandag om op te hou water trap, en spartel...  Die reddingsboei wat Jesus vir jou uitgegooi het - naamlik GEBED, is 24/7 tot jou beskikking...  Jy moet net op jou knieë gaan, en met Hom praat...  As jy sukkel om die woorde te vind, vra iemand wat jy vertrou om saam met jou te bid...  En die beste van ALLES is, dat jy dit op ENIGE plek kan doen...  Hy is nooit  te besig vir jou nie!!  God sê in Sy woord, daar waar twee of meer oor iets saamstem, daar is Hy en SAL Hy voorsien en sorg...    Ek het al baie gevind dat sodra 'n mens ophou om bekommerd te wees, en ophou om dinge self te probeer doen, is dit gewoonlik die draaipunt, wanneer die dinge in plek begin val...  Ek bid dat dit vir jou so sal wees!!  Moenie te bang wees om 'n keuse te maak vir "wat as" dit 'n verkeerde ene is nie...  Maak foute - solank jy net VOLUIT LEEF!!!!  “Take wrong turns. Talk to strangers. Open unmarked doors. And if you see a group of people in a field, go find out what they are doing. Do things without always knowing how they'll turn out. You're curious and smart and bored, and all you see is the choice between working hard and slacking off. There are so many adventures that you miss because you're waiting to think of a plan. To find them, look for tiny interesting choices. And remember that you are always making up the future as you go.”    ― Randall Munroe

Blessings!

Anel xx

Wednesday, 5 November 2014

“Sometimes the bad things that happen in our lives put us directly on the path to the best things that will ever happen to us…” ~ Unknown

Haloes! J

“Sometimes the bad things that happen in our lives put us directly on the path to the best things that will ever happen to us…” ~ Unknown

Colossians 1:11-12

“being strengthened with all power according to his glorious might so that you may have great endurance and patience, and joyfully  giving thanks to the Father, who has qualified you to share in the inheritance of the saints in the kingdom of light…”

James 1:12

"Blessed is the man who perseveres under trial, because when he has stood the test, he will receive the crown of life that God has promised to those who love him..."

“To change our lives, we must first change our minds…” ~ Dani Jay

“God allows problems in your life not to drown you, but to cleanse you…” ~ Pastor John Hagee

Ek het ‘n preek gekyk op Hillsong TV…  Aan die einde van die preek,  is daar gewoonlik ’n getuienis van iemand wat gegee word…  Die vrou wat getuienis gegee het, het haar lewensstorie vertel…  Sy was getroud, en dinge het net anders uitgewerk as wat sy OOIT kon droom, want na ’n kort rukkie se getroud wees, het haar en haar man se paaie geskei – baie onverwags…  Sy vertel hoe sy sit en Bybelstudie doen, en hoe sy toe dink aan Jeremiah 29:11…  “For I know the plans I have for you…  Plans to give you hope and a future…”  Sy het vertel dat sy vir 'n lang tyd gewonder het - waar is hierdie vers NOU??  HOE kan dit dan waar wees van haar lewe?  Hoe kan Hy sê dat Hy goeie goed vir haar beplan, maar dat slegte goed dan gebeur met haar?  Sy vertel verder dat sy toe Jeremiah 29:11 in ’n ander vertaling gaan lees het – die King James Version, soos hierbo aangehaal.  En in daardie vers het God haar aandag gevestig op die laaste deel – Hy wil vir haar an EXPECTED END gee…   Sy sê hoe sy besef het dat daar soveel dinge in haar lewe was wat ’n unexpected end gehad het, en dat dit die Here se manier was om haar voor te berei vir dit wat voorlê…   Dit het vir haar nuwe HOOP kom gee…  Want al was die dinge deurmekaar, al het sy nie geweet hoe om sin te maak uit al die slegte goed wat met haar gebeur het nie, het God vir haar kom hoop gee met die feit dat Hy gesê het – die dinge wat in haar lewe gebeur het, is om vir haar sterk te laat eindig…  Om nie define te word deur haar omstandighede nie, maar omdat Sy vir God as haar basis het, te laat opstaan en te LEEF…  Elke oomblik…

Miskien kan jy dalk aanklank vind by hierdie vandag…  Miskien is Jeremia 29:11 een van jou gunsteling verse, en is dit die hoop waaraan jy vashou, maar miskien werk dinge heeltyd anders uit as wat jy gehoop / geglo het…  Miskien voel jy hopeloos, sonder ’n verwagting vir jou toekoms en voel jou drome soos iets wat baie ver weg lê…  Jesus is met jou – met elke tree wat jy gee!  Al is daar dinge aan die gebeur in jou lewe wat jy nie verstaan / wat nie sin maak vir jou nie, kan jy aanhou vertrou, want Jesus belowe Hy sal met jou wees en jou STERK laat eindig!  Hy wil net goeie dinge vir jou hê!  Maar dink gou aan ’n TV-speletjie – vir jou om ‘n “level” klaar te maak, moet jy sekere take verrig, en sekere hindernisse of groot uitdagings oorkom…  Dit werk dieselfde met die lewe…  Om deur verskillende seisoene te kom, verg dit dat ons sekere uitdagings moet FACE, hanteer en deur dit werk…  Ons hoef dit nie op ons eie te doen nie, want Jesus is elke oomblik by ons…  Waar dit jou drome aangaan – daar is GEEN tyd soos NOU om dit na te jaag nie…  Ons is die outeur van ons lewensstorie, en ek glo Jesus hou Sy hand oor ons soos ons besig is om daaraan te skryf…  Moenie dat ander MENSE jou lewensstorie dikteer nie…  Dit gaan oor JOU en GOD…  Solank dit in plek is, en jy GELUKKIG is, maak niks anders saak nie…  Dis iets wat ek glo Jesus vir elkeen van ons wil hê – GELUK…  En as jy weet wat jou gelukkig gaan maak – JAAG dit na!  Moenie sit en wag vir dit om na jou te kom nie…  Om ’n mens se drome te bewaarheid, gaan verg dat jy hard moet werk, en jou alles gee…  Maar jy kan rus in die wete – Jesus sal jou support as dit in Sy wil vir jou lewe is…  Bid daaroor!  God het ’n manier om dinge net op ’n wonderbaarlike wyse in plek te laat val wanneer jou drome in lyn is met Sy wil vir jou lewe…  Ek bid dat Jesus jou sal seën…  Ek’t my gunsteling  seëngebed vir jou vandag -  “Mag Jesus jou seën en jou beskerm…  Mag Hy tot jou redding verskyn en jou genadig wees…  Mag die Here AL jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee… (Numeri 6:24-26)

Blessings!

Anel xx

Tuesday, 4 November 2014

“Focus on giants – you stumble… Focus on God – giants tumble…” ~ Max Lucado

Haloes! J

“Focus on giants – you stumble…  Focus on God – giants tumble…” ~ Max Lucado

James 1:2-6

“Consider it pure joy, my brothers and sisters, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith produces perseverance.  Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything. If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you. But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind…”

“We are never defeated, unless we give up on God…” ~ Ronald Reagan

“Some days there won’t be a song in your heart…  Sing anyway…” ~ Emory Austin

Ek weet nie wie van julle al bestuur het of saam met iemand gery het, wat in die verkeerde rat ry nie?  Ek dink as ‘n kar kon praat, sou dit gewees het wanneer hy “at the top of its lungs” sal skree – “kry my net in die regte gear!”  Teen ‘n bult uit sal dit sukkel, omdat die krag van die motor nie reg aangewend word nie…  Om in 3e te probeer wegtrek, sal baie meer brandstof neem, aangesien jy harder gaan moet trap om die motor bo uit te kry…  Jy sal meer regkry, deur in ‘n laer rat te probeer wegspring, aangesien jy dan die regte rat, vir die regte “uitdaging” het, tesame met die regte petrolverbruik…

Wat probeer ek vir jou sê?  Dis goed om uitdagings te hê, of doelwitte waarheen jy mik…  Maar om in 3e weg te spring, gaan nie help dat jy gouer jou doelwit bereik nie…  Jy mag dalk net uitbrand voordat jy nog behoorlik weggespring het!  Spring weg met wat jy het, waar jy is…  Sorg dat jy saam met God wegspring – want dan is die doelwit, sommer reeds “within reach”…  Miskien het jy hierdie laaste stukkie van die jaar sonder God begin loop…   Omdat jy kwaad was oor hoe dinge uitwerk, of nie uitwerk nie, of omdat dit vir jou voel dat Hy nie antwoord wanneer jy omhulp roep nie…  Dis nie te laat om Hom te aanvaar of terug te nooi in jou lewe nie!  Wanneer jy met God wegtrek en ry, SAL Hy die dinge in jou lewe in plek laat val…  Ons moet net geduldig wag – God kom altyd terug na Sy beloftes!  Ek dink somtyds as Hy lank vat om ons te antwoord, “toets” Hy ons as’t ware, om te kyk of ons gaan aanhou glo, en aanhou vertrou…  Ons moet egter ook ons deel doen, deur ons sondes te bely, en ons afhanklikheid van Hom te erken…  Ons is net mense, en sonder Hom het ons nie die krag om te FACE wat die lewe so graag uitdeel nie…  In die fliek, Courageous het die een ou gesê hy wil ophou skuldig voel oor iets wat hy verkeerd gedoen het…  Hy het gesê dat hy genoeg “goeie goed” in sy lewe gedoen het, en hy hoop maar dit “outweigh” die slegte…  Die ou met wie hy gepraat het, het vir hom gesê – dis nie hoe dit werk nie…  Wanneer jy sondig, moet jy bid vir God se vergifnis, want alhoewel ons as mens nie oor jou sal oordeel nie, sal God eendag oordeel…  Hy het dit geïlustreer met ’n baie mooi storie…  Dink gou wie een van die mense aan wie jy die naasste is…  Sê maar daardie persoon word vermoor, en wanneer die moordenaar se verhoor kom, sê hy vir die regter:  “hierdie moord is maar een iets wat ek verkeerd gedoen het, maar die res van my lewe het ek net goeie goed gedoen…” As die regter dan vir hom sê – goed, jy is onskuldig, want al die goeie goed, is sterker as die slegte wat jy gedoen het, sou jy dink dis ’n goeie regter of ’n slegte een?  ’n Slegte een natuurlik!  God het vir Jesus Christus gestuur om vir ons te sterf, sodat ons VRY kan wees, en die Ewige lewe kan bekom…  Maak seker dat jy weet jou saak met God is reg…  Dat HY jou hart het, en in en deur jou lewe…  Hy het jou ONEINDIG lief, en jou plekkie is reg daar by Hom, as jy dit wil hê…  Eindig sterk, al was jou begin dalk die laaste tyd in die verkeerde rat weggespring!  God stap saam met jou!!  Hy is reeds in die week wat voor jou lê, en Hy sal Sy Engele opdrag gee om jou te beskerm, waar jy ookal gaan…

Blessings!

Anel xx

Monday, 3 November 2014

“The scripture says: “Against all hope, Abraham kept on hoping in faith… Even when you don’t see any way your situation could work out, keep saying, Lord thank you that today is my day!” ~ Joel Osteen

Haloes! J
 
“The scripture says: “Against all hope, Abraham kept on hoping in faith…  Even when you don’t see any way your situation could work out, keep saying, Lord thank you that today is my day!” ~ Joel Osteen
 
2 Corinthians 12:9-10
 
“But he said to me, "My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness." Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ's power may rest on me.  That is why, for Christ's sake, I delight in weaknesses, in insults, in hardships, in persecutions, in difficulties. For when I am weak, then I am strong…”
 
Habakkuk 3:19

“The Sovereign LORD is my strength; he makes my feet like the feet of a deer, he enables me to go on the heights. For the director of music. On my stringed instruments…”
 
“Don’t say ‘there is still time’ or ‘maybe next time’… because there is also the concept of “it’s too late…” ~ Unknown
 
“My heart is at ease, knowing that what was meant for me will never miss me, and that what misses me was never meant for me…” ~ Unknown
 
Ek wil vandag weer vir Abraham gebruik as ‘n voorbeeld van iemand wat vasgehou het aan God se beloftes – selfs toe daar GEEN kans op uitkoms meer was nie…  Die seun vir wie Abraham sy hele lewe lank gewag het, vra God toe as ‘n offer vanaf Abraham…  Dit is iets wat vir meeste van ons nie sal sin maak nie…  Maar soos baie moeilike tye in die lewe wat ons moet deurmaak – is daar nie altyd antwoorde voor nie…  Abraham se geloof was egter SO sterk, dat Hy God nie bevraagteken het nie…  Hy het vertrou dat God ‘n plan gehad het met dit wat aan die gebeur was…  En Hy het op God se tyd gewag…
 
God stel toe weereens nie teleur nie…  Ek dink as ek Abraham was, sou ek bitter bekommerd gewees het as ek al ‘n ent weg teen daardie berg uitwas…  Hoe sê jy vir jou kind, dat hy die offerhande is??  Abraham het egter rustig gebly, en aan Isak gesê dat God sal voorsien…  Dat Hy sal sorg wanneer die tyd reg is…  En gedurende die 13e uur, stuur God toe ‘n lam wat Abraham kon offer…  Wat probeer ek vandag vir jou sê?  Dat maak nie saak WAT jy face op hierdie stadium van jou lewe nie – wag op God en Sy tyd…  Moenie paniekbevange raak, wanneer dinge anders verloop as wat jy sou hoop nie…  God sal jou nie in die steek laat wanneer jy Hom nodig het nie!!!  Daarvoor het Hy jou eenvoudig TE lief!  Of dit nou is dat jy finansieël sukkel, of dat jou verhouding deur ‘n “rocky” fase gaan of miskien sukkel jy om iets te verwerk wat in jou lewe gebeur het?  Miskien staar jy siekte in die gesig en weet jy nie lekker watter kant toe nie, of miskien tref rampe jou net waarookal jy gaan…  Miskien is jy op hierdie oomblik kwaad vir God, omdat jy nie kan verwerk wat jy op die oomblik moet deurmaak nie – hoe dit ookal sy…  Hy bly getrou!  Hy het jou oneindig lief, en Hy sal jou NOOIT, maar nooit los nie…  Al gee die berge pad – Hy sal ALTYD vir jou daar wees…  En Sy timing is nooit uit nie!  Mens gaan dikwels deur jou donkerste tye, voordat jy jou grootste deurbrake en testimonies beleef…  Hou vas aan God en Sy woord – en mag Abraham vandag weereens vir jou inspireer en bemoedig…
 
Blessings!
 
Anel xx

Sunday, 2 November 2014

“When God pushes you to the edge, trust Him fully, because only two things can happen… Either He will catch you, or He will teach you how to fly…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“When God pushes you to the edge, trust Him fully, because only two things can happen…  Either He will catch you, or He will teach you how to fly…” ~ Unknown
 
Mark 11:24
 
“Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”
 
Hebrews 11:11
 
“And by faith even Sarah, who was past childbearing age, was enabled to bear children because she considered him faithful who had made the promise…”
 
“Be encouraged…  Stay on your hustle…  You can’t fail until you quit…” ~ Instagram - Thegoodquote
 
“On particularly rough days when I’m sure I can’t possibly endure, I like to remind myself that my track record for getting through bad days so far is 100%...  and that’s pretty good…” ~ Author unknown
 
Abraham en Sara is vir my twee van die grootste voorbeelde van mense wat standvastig gebly het in hulle geloof, al was die “odds” heeltemal teen hulle…  Dink gou aan Sara…  Sy was al ‘n ou tannie, wat op die stoep gesit het, wie se lewe eintlik al “neusie verby was” in mens-terme, en daar bring God vir haar die boodskap dat sy ‘n baba in die wêreld sou bring?!  Vir ons menslike brein is dit te veel om te verstaan, en tog besluit God dat DIT Sy wil is om vir Abraham en Sara te “bless” met ‘n baba – “in their old age”…  Hy het vir Abraham deur sy hele lewe belowe dat hy die Vader van nasies sal wees…  En ek dink dat beide Abraham en Sara al by moed verloor se vlakte was, die dag toe God vir hulle “deurgekom het” – of as’t ware ‘n baie groot wonderwerk kom doen het…  Ek dink elkeen van ons kan assosieer met Abraham en Sara - hoe ons al gebid het vir sekere dinge, wat net nie vir ons beskore was nie...  In mens terme is daar soveel goed wat moontlik verkeerd kon gaan – Sara was al oud, daar kon komplikasies met die swangerskap gewees het ens ens…  Maar sy en Abraham kies om te wag op God, en geloof in Hom te hê nadat Hy die belofte aan hulle gemaak het… 
 
Hoe skuldig is ons nie daaraan dat ons ongeduldig raak om te wag op God nie??  Hoe ons baie keer ophou glo, net omdat dinge vir ons “onmoontlik” lyk in menslike terme??  Ons vergeet baie keer dat God nie op ons standaarde gemeet kan word nie…  Hy is een wat spesialiseer in die onmoontlike…  Wat die onmoontlike, moontlik maak…  Hoe lyk jou situasie vandag?  Is jy tans besig om iets te “face” wat redelik onmoontlik vir jou lyk om te kan deurmaak?  Iets wat jou tap van al jou energie, geloof en krag?  ‘n Situasie waar jy dalk wens dat jy net die tyd kan “fast-forward” sodat jy net kan wakker raak wanneer al die moeilikheid en swaarkry verby is?  Ons is vandag in ons Kerkdiens herinner daaraan dat wanneer mens toets skryf – die onderwyser gewoonlik stil is…  Dit beteken nie dat hulle nie daar is nie – hulle sit en hou oor jou die wag terwyl jy die eksamen aflê…  Maar hulle verwag dat jy sal terugval op dit wat hulle jou geleer het…  Hou vas aan God se woord, en Sy beloftes…  Hou aan om te bid – en om God te vertrou…  Daar is soveel plekke in die Bybel waar God die onmoontlike, ‘n moontlikheid gemaak het…  Hy sal jou nie teleurstel nie…  Hy sal jou deur hierdie moeilike tyd kry wat jy tans deurmaak…  Vat dit net dag vir dag, en sorg dat jy dit daagliks saam met Hom aanpak…  Vertrou Hom en laat Hom toe om jou om te boul met sy wonderwerke…  “If God brings you to it, He WILL get you through it!!”
 
Blessings!
 
Anel xx