Tuesday, 3 June 2014

Winterwarmte update

Haloe julle awesome mense!
 
Ek staan verwonderd oor hoe God al gesorg het vir ons projek sover!
 
Na aanleiding van die aantal mense wat help, asook fondse wat ons ingesamel het, sal ons op die stadium vir elke kind sokkies en 'n trui kan gee (260 kinders).  Ek bid nog dat daar een of ander wonderwerk sal gebeur dat ons die skoene en windbreakers ook sal kan doen.  Bid asb saam daarvoor!
 
Ek wil uit die diepte van my hart BAIE, BAIE, BAIE dankie se vir elke donasie wat ons sover ontvang het!!!!  Julle is ENGELE REG uit die Hemel!  Kan nie vir julle se hoe baie dit gaan help nie.
 
Vir die van julle wat 'n "kind wil adopt" - vir wie ek die groottes kan deurstuur van die trui en sokkies - laat weet my asb.  Baie het aan die begin aangedui hulle wil betrokke wees, maar ekt van baie nog nie weer iets gehoor nie. Wil julle nie spam nie - so net as jy kans sien - laat weet my asb!
 
Hoop julle sal 'n BAIE geseende dag he!
 
blessings!
 
anel xx
 
PS - Baie mense vra nog vir die bankdetails - sien asb hieronder:
 
Bank details:
 
A Hugo
Investec bank
Rek nr: 10011253677
Branch: 580105
Cheque
Reference: Jou naam en #Winterwarmte

gebedsversoeke...

Haloe julle!

Sien asb die onderstaande gebedsversoeke.  Mag God julle seen vandag!

blessings!

anelli :)

Anoniem 1: 
Gebedsmaatjies:  Bid asb! 
Is dringend opsoek na 'n Mediese ontvangsdame pos by enige dokter in Durbanville en omgewing.
Staan asb in gebed saam met my vir dit.  Hy sê, ons gebede sal beantwoord word, as ons glo.
 
Anoniem 2:  Vra asseblief vir die mense om vir my en my ma te bid dat die HERE my pa se hart verander, hy het my gevra vir ‘n egskeiding.  Ek gaan deur baie dinge op die stadium.

Monday, 2 June 2014

“Never let fear decide your fate…” ~ Unknown

Haloes! J

“Never let fear decide your fate…” ~ Unknown

Luke 18:27

“Jesus replied, “What is impossible with man is possible with God.”

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him, who[a] have been called according to his purpose…”

“Nothing will ever be attempted, if all possible objections must first be overcome…” ~ Samuel Johnson

“More than anything else, I believe it’s our decisions, not the conditions that determine our destiny…” ~ Anthony Robins

FEAR – False evidence appearing real…  Hoe maklik is dit nie vir ons om die “false evidence” te glo nie?  Daar is so baie dinge in die tye waarin ons leef, waarvoor ons kan bang wees…  Die onbekende, verandering, geweld, hartseer, pyn, siekte, finansiële swaarkry, eensaamheid en om uit ons comfortzone the beweeg…  Iemand het eenkeer gesê – “If your goals / dreams aren’t scaring you, they aren’t big enough…”  Iemand het verlede week ‘n opmerking gemaak wat my aan die dink gesit het…  Wanneer jy by jou werk / by die skool gekonfronteer word met iets wat totaal en al buite jou comfortzone val (soos byvoorbeeld om ‘n projek te doen waaroor jy geen kennis het nie), wat sal jy doen?  Jy sal die nodige navorsing doen, met die regte mense gesels, en UITVIND wat dit is wat jy moet gedoen kry…  Jy sal nie net ‘n verskoning voorlê of opgee nog voor jy probeer het nie?  Want as dit jou werk is, probeer mens dit regkry om te doen wat van jou verlang word…

Nou hoekom, wanneer ons in ons geloof “gechallenge” word – soos byvoorbeeld om buite jou comfortzone te beweeg (om iets vir die Koninkryk te doen), hoekom is ons eerste instink dan om onsself te onttrek uit die “running” ten einde die challenge te oorkom nie?  As Christene, is ons geneig om altyd te dink dat daar iemand beter is wat God kan gebruik…  God wil vir JOU gebruik…  Maak nie saak hoe klein jy dink jy is nie – in die Bybel het Hy klein, gewone mense gebruik om ‘n  groot wonderwerke in Sy naam te doen…  Moses wat die Israeliete uit Egipte moes lei – kon nie voor mense praat nie…  En Dawid het vir Goliat verslaan…  Josef het Koning geword en Noag het ‘n ark gebou…  Al wat al hierdie mense in gemeen gehad het, was hulle geloof en vertroue in God!  Hulle het nie op hul eie instinkte staat gemaak nie, maar op hul Hemelse Vader se krag, genade en wysheid!  Ek is verlede wees in sel daaraan herinner weer dat ons moet doen wat ons kan, met wat ons het, waar ons is – en in geloof leef dat God sal SORG vir die res…  Al lyk ‘n situasie vir jou totaal en al onoorkombaar – God is aan jou kant…  En met Hom aan jou kant, is die geveg al 80% gewen…  Moenie toelaat dat vrees vir dit wat onbekend is, jou ontneem van ALLES wat God vir jou bestem het nie…  Mens moet partykeer gaan, daar waar niemand nog gegaan het nie, om ‘n pad uit te trap, waarop ander kan volg…  God wil jou gebruik!!  Sit jou hand in Syne, en laat Hom toe om  die onmoontlike, ‘n moontlikheid vir jou te maak…

Blessings!

Anel xx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sunday, 1 June 2014

gebedsversoeke...

Haloe julle!

Bid asb saam vir die onderstaande gebedsversoeke.  Ons God is 'n God wat spesialiseer in die onmoontlike...

blessings!

anel xx

Anoniem 1: 
My dogtertjie Isa moet Maandag gaan vir pypies in haar ore en hul moet haar adenoids uithaal. Sy is 18 maande oud en is tans siek, so ek is 'n bekommerde bang ma.
 
Kan jy asb vra dat almal net sal bid dat dit goed gaan met die operasie en dat sy nie sieker word oor die naweek nie.
 
Anel:  Bid asb saam vir ons winterprojek.  Dat God die deure van onmoontlikheid vir ons sal laat oopgaan, sodat ons die kinders van Range Laerskool kan BLESS!!!

“On particularly rough days, when I’m sure I can’t possibly endure, I like to remind myself that my track record for getting through bad days so far is 100%... and that’s pretty good…” ~ Author unknown

Haloes! J

“On particularly rough days, when I’m sure I can’t possibly endure, I like to remind myself that my track record for getting through bad days so far is 100%... and that’s pretty good…” ~ Author unknown

Joshua 1:9

“Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be afraid; do not be discouraged, for the Lord your God will be with you wherever you go.”

Numbers 6:24-26

“The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you and be gracious to you; the Lord turn his face toward you and give you peace.”’

“We cannot change the cards we are dealt, just how we play the hand…” ~ Randy Pausch

“Persistent people begin their success where others end in failure…” ~ Edward Eggleston

Ernst van Dyk was verlede Sondag by ons kerk…  En WOW, wat ‘n absolute inspirasie was hy nie!  Hy het sy lewensstorie met ons kom deel…  In kort – vir die van julle wat nie weet wie hy is nie (Ernst was born in Ceres in the Western Cape in 1973 with congenital absence of both legs. Despite this Ernst demonstrated an affinity for all sports codes from an early age and was encouraged by his parents to participate in various activities – from gymnastics to swimming and even table tennis).  Hy is deesdae meer bekend vir sy deelname aan maratonne met sy rolstoel en hy swem. Alhoewel al die “odds” teen hom was, het hy nie toegelaat dat die wêreld aan hom sou vertel wat hy KAN en nie KAN doen nie…  Hy’t sy lewe in God se hande gesit – en toegelaat dat God in hom en deur Hom kan werk…  Hy’t ons met 3 sleuteldoelwitte gelos…  1. Maak seker dat jy met PURPOSE lewe…  2. Bounce back en 3. Spread your energy…

Nou wat beteken dit?  Moenie toelaat dat jou lewe by jou verbygaan deur net te bestaan nie…  Vind uit wat jou laat “tick” en maak seker dat jy dit uitleef – ELKE oomblik!  Bounce back – daar gaan tye kom wat ons platgeslaan, teen die vloer gaan wees…  Gee jouself ‘n dag of wat om te “sulk”, “down in the dumps” te wees…  Luister jou hartseer musiek en maak jouself toe in die kamer, maar BOUNCE back…  Wat gebeur wanneer jy ‘n rubberbal kliphard teen die vloer vasgooi?  Hy bounce net so hard en vinnig terug soos jy hom gegooi het…  Maak jou “comeback” deur Jesus wat jou krag gee, voordat iemand nog kan agterkom hoe platgeslaan jy eintlik is… “Spread your energy” – BALANS…  Woordjie wat so klein is, maar somtyds tog SO moeilik is om te kan toepas in ons lewens…  Moenie al jou energie op een iets spandeer nie... Ons raak partykeer so vasgevang in ons dag tot dag take, dat daar soveel ander goed is wat van die “map” afval…  Maak seker dat jy tyd spandeer saam met geliefdes – terwyl jy die kans het om dit te doen… Sê sommer VANDAG jammer vir daardie persoon vir wie jy dit al lank al moes sê…  Sit en dink oor wat vir jou belangrik is in die lewe, en kyk dan hoeveel tyd jy daaraan spandeer…  In baie gevalle, is dit wat vir ons die belangrikste is, heel onder aan ons lys van prioriteite…  Ons is net van vandag verseker, so laat dit tel!  God het vir JOU uitgekies, en jy is nie maar TOEVALLIG daar waar jy jouself bevind nie!!  Miskien verstaan jy nie jou huidige omstandighede nie – miskien voel dinge net te deurmekaar, en gaan die tyd vir jou te vinnig om by te hou met alles wat aan die verander is…  Wees verseker dat Jesus by jou is – al voel dit vir jou of jy in ‘n wêreld sit waar alles net aanhou verander en dat as jy nie byhou nie – jy agter bly…  In ‘n wêreld wat konstant verander, is daar een iets waaraan ons kan vashou wat ALTYD dieselfde sal wees – Jesus…  Hy sal jou help om terug te “bounce” na jou terugslae…  Hy sal jou help om ‘n lewe van invloed, en ‘n lewe van PURPOSE te lewe, en Hy sal jou help om balans toe te pas…  Sodat jy jou gawes kan uitleef, en alles uit die lewe kan kry wat Hy vir jou bestem het!

Blessings!

Anelli xx