Thursday, 3 April 2014

“Denial ain't just a river in Egypt…” ~ Mark Twain


Haloes! J

“Denial ain't just a river in Egypt…” ~ Mark Twain

1 Timothy 4:12

“Don't let anyone look down on you because you are young, but set an example for the believers in speech, in life, in love, in faith and in purity…”

Proverbs 3:5,6

“Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways acknowledge him and he will make your paths straight…”

“When one door of happiness closes, another opens…  But often we look so long at the closed door, that we do not see the one that has been opened for us…” ~ Helen Keller

“Moenie goed vir ‘n spesiale geleentheid spaar nie…  Elke dag van jou lewe is ‘n spesiale geleentheid…” ~ Thomas S Monson

Ek is nie gespanne nie?!  Wat praat jy?!  Het jy dalk onlangs in ‘n spieël gekyk?  Want ek dink jou gesig SPEL stress?  Sterk wees – dit is iets wat ons as Suid-Afrikaners, baie keer voel ons behoort te wees…  Jy kan nie bekostig om ‘n “krakie in jou mondering” te wys nie – want weakness is nie ‘n eienskap wat baie aantreklik is nie!!  Ek wil byvoeg deur te sê – “denial” ook nie J  Want die gras LYK maar altyd net groener aan die ander kant…  Elkeen van ons, het sy eie, unieke probleme, waarmee ons daagliks gekonfronteer word…  Dis nie net “sommige mense” wat deurloop nie!  ELKEEN van ons, daagliks - elkeen op ons eie manier…

Dis iets wat ek op ‘n daaglikse grondslag probeer onthou…  Behandel iemand anders soos wat ek behandel sal wil word, want ons ken nie almal se stories nie…  En mense is baie goed om maskers te dra, en agter daardie maskers te skuil…  Daar is niks fout daarmee om deur moeilike tye te gaan nie…  Daar is ook niks fout daarmee as jy worry, of sukkel nie – inteendeel – ek sal nogals worry as dit heeltyd net goed gaan met jou!  Want die tye waarin ons lewe is MOEILIK…  Dis survival of the fittest, en elkeen jaag net voort om sy plekkie in die son te kry…  Partykeer word daar nie eens geworry oor almal op wie jy moet trap om daar uit te kom nie…  Miskien is jy tans lamgelê deur vrees…  Miskien laat dit jou wakker lê in die nag, en veroorsaak dit dan dat jy nie op jou A-game kan wees in die dag nie…  Miskien is dit “wat-asse” wat jou laat stress, en nie eens dinge waarvan jy seker kan wees nie…  Al hoe mens die worries van die lewe kan aanpak, is dag vir dag, uitdaging per uitdaging…  God is HEELNAG wakker…  Jyt jou slaap nodig sodat jy die uitdagings wat oor jou pad kom met varsheid en nuwe moed te kan aanpak…  Wanneer mens moeg is, is uitdagings groter, probleme erger en mens se oordeelsvermoë swakker…  Gee jou lewe sommer nou oor in God se hande J  Hy.Sal.Sorg…

Blessings!

Anel xx

Wednesday, 2 April 2014

gebedsversoek en nb om op te let...

hi julle!
 
sien asb die gebedsversoeke en praise reports hieronder!
 
dit gaan bietjie druk my kant op die oomblik aangesien ons tans jaareinde het.  as ek dus nie binne 3 dae jou gebedsversoek uitgestuur het / jou adres verwyder / bygevoeg het nie / net nie reageer het as jy iets gevra het nie, herinner my asb weer!

Mag jy God se liefde, genade en grootheid sommer in oorvloed ervaar more :)

Lekker aandjie!
 
anelxx
 
Anoniem 1: 
Olivia se operasie was gister n sukses
En Danii het Donderdag geboorte gegee aan ‘n baba seuntjie. Ma en seun uitsteekend

Anoniem 2:  Dinge lyk nie goed met Melissa nie. Sy eet nie, sy le net in die hospital. Hulle se ons moet haar maar groet L maar ek weet hoe groot my God is en ek GLO hy gaan haar gesond maak. ASB ASB bid vir haar. Haar suster marlene en vriende vat dit maar swaar. Bid dat hulle ook sal sterk staan in ons God se liefde en wil.

“We are so often caught up in our destination that we forget to appreciate the journey, especially the goodness of the people we meet on the way… Appreciation is a wonderful feeling… Don’t overlook it…” ~ Unknown

Haloes! J

“We are so often caught up in our destination that we forget to appreciate the journey, especially the goodness of the people we meet on the way…  Appreciation is a wonderful feeling…  Don’t overlook it…” ~ Unknown

Psalm 51:10

“Create in me a new heart, O God, and renew a steadfast spirit within me…”

Deuteronomy 7:9

“Know therefore that the LORD your God is God, the faithful God who keeps covenant and steadfast love with those who love him and keep his commandments, to a thousand generations…”

“If life is a poem, be the poet…  If life is a story, be the author…  If life is an adventure, be the hero…  To live any other way is a waste of this experience we call life…” ~ Dr Steve Maraboli

“Weakness of attitude becomes weakness of character…” ~ Albert Einstein

Die Amazing Race was vir my een van die TV programme wat ek absoluut GELOVE het!  Wat kan lekkerder wees as om saam met ‘n awesome spanmaat, aan ‘n “race” deel te neem, wat jou na verskillende dele van die wêreld neem?  Ek dink dat jy gedurende so ‘n ervaring, BAIE van jou verhouding met jou spanmaat, maar nog meer van jouself leer…  Want, kom ons face dit – dit is vir seker nie maanskyn en rose nie!  Dit is uitdagend – vroeg oggend, tot laat aand, met ‘n klein budget, min slaap en uitdagings wat jou dikwels bietjie in die rooi druk J - iets wat jou HEELTEMAL buite jou comfortzone kry in baie gevalle!  Maar jy weet dat die “race” net vir ‘n tyd lank aanhou, en dat jy net vir ‘n rukkie lank sterker moet wees as die spanne wat teen jou deelneem…  

Die lewe is eintlik ‘n spieëlbeeld van die bostaande…  Ons werk lang ure, ons budget is beperk, ons slaap min as gevolg van al die worry, en uitdagings wat ons pad kruis, sodat ons uiteindelik uit ons comfortzone gedwing word, ten einde aan te hou en uit te hou J  Dit raak partykeer moeilik om te onthou dat moeilike of uitdagende tye, NET SO lank kan aanhou…  Want partykeer kan dit voel asof die son nooit weer sal opkom nie…  Ek dink, in sulke tye, vergeet mens baie keer dat elke dag van ons lewe, ‘n hoofstuk, of ‘n stuk van ons lewensreis is wat afgelê word…  Ons vergeet dat elke dag deel uitmaak, van ‘n baie groter prentjie, en so laat ons kosbare oomblikke verby gaan, sonder om die goeie en mooi van ons “surroundings” waar te neem…  Ons slaap deur die sonsopkoms, en sit op kantoor tot lank na die son reeds onder is…  Ons het nie tyd vir ons vriende of familie nie, geen tyd om herinneringe te skep of spesiale oomblikke te deel nie…  Ons neem die mense in ons lewe “for granted” en besef baie keer die waarde van dinge eers nadat ons dit verloor het…  Kom ons maak ‘n punt daarvan vandag om ‘n lewe van dankbaarheid te lewe…  Dat ons sal besef dat dinge nie maar toevallig in ons lewens is nie – maar dat dit geskenke van God is wat oor ons lewenspad gestuur is…  Dat ons die mense in ons lewens sal waardeer, en ook vir hulle sal sê op ‘n daaglikse basis, die waarde wat hulle in ons lewens het…  God seën ons dikwels, sonder dat ons dit eens agterkom…  Geniet elke oomblik van die reis waarop jy is J  Moenie vergeet om die sonsopkomste of sonsondergange te geniet nie…  Dis die klein dingetjies in die lewe, wat ons gewoonlik so uit ons sokkies uit seën!


Blessings, 

anelxx

Tuesday, 1 April 2014

“Time is like a river… You cannot touch the same water twice because the flow that has passed will never pass again… Enjoy every moment of life…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Time is like a river…  You cannot touch the same water twice because the flow that has passed will never pass again…  Enjoy every moment of life…” ~ Unknown
 
Matthew 11:28-30
 
“Come to me, all who labor and are heavy laden, and I will give you rest. Take my yoke upon you, and learn from me, for I am gentle and lowly in heart, and you will find rest for your souls. For my yoke is easy, and my burden is light."
 
Psalm 27:1
 
“The LORD is my light and my salvation; whom shall I fear?  The LORD is the stronghold of my life;
 of whom shall I be afraid?”
 
“Sometimes the things we can’t change, are meant to change us…” ~ A woman of faith
 
“Die lewe is soos visvang…  Ons is soos ‘n visstok, party dae gooi die lewe jou hard, ander dae gooi die lewe jou hard, ander dae staan jy alleen in ‘n hoek, , party dae gooi die lewe jou hard, ander dae staan jy alleen in ‘n hoek, party dae breek jou lyn , ander dae sit jy vas op moeilike plekke..  Alles hang af van die persoon wat jou vashou, jou beheer en in wie se hande jy geplaas is…  Vertrou op die Here en terwyl Hy jou beheer sal Sy hand altyd daar wees en vir jou steun…” ~ Positiewe denke Facebook
 
Ek weet nie wie van julle al in ‘n rivier geswem het nie?  Dit kan of ‘n baie lekker ervaring wees, of een wat jy verseker nie sal wil herleef nie…  Daar is soveel faktore om in ag te neem – die rivier se stroom, die sterkte van die water, of die 100e verskillende organismes onder die water, wat saam met jou die water geniet J  Die lewe kan baie keer met ‘n rivier vergelyk word…  Want daar kom dikwels soveel uitdagings oor ons pad, wat soos ‘n rivierstroom is…  Ons het ‘n paar keuses  oor hoe om die uitdaging aan te pak…  Ons kan op die kant bly sit, en kyk hoe die water verbyvloei, totdat dit “veilig” lyk om in te klim…  Of ons kan voetjie vir voetjie insit, totdat ons lyf gewoond raak aan die veranderende temperatuur…  Of ons kan induik en die uitdaging probeer kafdraf…  Wanneer ons dan uiteindelik in die water is, kan dit dalk al ons krag en energie tap om te probeer bo bly…  Partykeer kan dit voel asof die uitdagings so groot raak dat ons “in over our heads” is en of ons afsak tot op die rivierbodem…  Miskien trap jy nou al vir ‘n tyd lank water…  Miskien is jou bene aan die brand, en is jy van alle kragte getap, en neem dit alles wat jy het om nog kop bo water te hou…  Of miskien sit jy nog op die rivierwal, en wag jy vir die regte oomblik om “in te klim”…  Neem vandag net ‘n tree terug – “float” bietjie en praat met God…  Gaan op jou knieë en vertel vir Hom wat aangaan in jou lewe…  Vertel Hom van die dinge waarmee jy sukkel, die dinge wat jou bang maak, en die dinge wat jou opgewonde maak!  God sal vir jou ‘n pad maak, soos wat Hy vir die Israeliete ‘n pad deur die rooi see gemaak het – so onmoontlik soos wat dit dalk vir jou mag voel…  God sal jou help om die nodige tree te gee wat jou moet gee, om die pad wat voor jou lê, met volharding te stap…  Hy is net ‘n gebed ver…
 
Mag jou dag gevul wees met God se mooiste seëninge!
 
Blessings!
 
Anel xx

gebedsversoek

Hi julle,

Sien asb die onderstaande gebedsversoek!

Mag julle dag gevul wees met NET mooi dinge!

blessings!

anel

My neef se dogtertjie Cheara is 2jaar oud, hier onder is haar storie, kan jy asseblief vra dat almal sal bid vir haar volkome genesing en vir haar ouers wat onder geweldige stress is op die oomblik.
Niks is onmoontlik vir ons Hemelse Vader nie.
 
Cheara is a 2 year old girl who just had a liver transplant at the Donald Gordon Medi Clinic in Johannesburg.
Cheara was born with a disease called Alpha Antitripsen disfunction which causes chirrosis and liver failure. We always knew that one day in the future she will require a liver transplant. She had a live donor liver transplant with her daddy as the live donor, meaning he donated the left lobe of his liver to her.
The transplant was a success, however she had some serious complications about a month after the transplant she had a serious bout of rejection (the immune system fighting the new organ). The doctors were able after serious intravenous steroid treatment to halt the rejection, however the damage had already been done. She had had two thirds of her bile ducts basically destroyed (serious liver disease all over again)
The plans now are as follows. We take it day by day, The team of specialists taking care of her are hoping that the bile ducts will grow back. There has been a couple of cases reported in the medical field where this has happened. Although there is just as much chance of that not happening and another transplant would then be our only option.
She is now 3 and a half months post transplant and hoping for the best. She is suffering from jaundice, pruritus (itching), diarree, and a very low appetite. She takes 11 different medications daily, draws blood every 2 weeks and visits the doctor monthly to every second month depending on her condition.
Our expenses for medication, accommodation, blood tests, doctors visits etc are currently going through the roof, and we do not see a light at the end of the tunnel yet. We have been able to support all costs for the last two and a half years, but after the transplant our medical expenses almost trippled. We've got good medical insurance but not everything are covered by them. There are still the costs for travelling, guesthouse fees, levies on the medication and bloodtests.
For those of you who doesn't know or are afraid of using PayPal can make direct deposit into Cheara's fund account. For more peace of mind if you are worried that your money is not going to be spend wisely and for the right purpose; Geel Accountants in Virginia will be doing the auditing of this account.
Capitec Bank
Cheara Cherise du Toit
Branch: Theunissen Code: 470010
Savings account no.: 134 241 5599
Please drop us a mail if you make any direct deposits so that we can add it on the site as donations collected offline.