Wednesday, 5 March 2014

“Never give up on something you really want… It is difficult to wait, it is more difficult to regret…” ~ Unknown


Haloes! :)
 
“Never give up on something you really want…  It is difficult to wait, it is more difficult to regret…” ~ Unknown
 
Joshua 24:15
 
“As for me and my house, we will serve the Lord!”
 
Matthew 21:21  
 
“And Jesus answered them,  “Truly, I say to you, if you have faith and do not doubt, you will not only do what has been done to the fig tree, but even if you say to this mountain, ‘Be taken up and thrown into the sea,’ it will happen…”
 
“Ability, is what you are capable of doing…  Motivation, determines what you do…  Attitude determines how well you do it…” ~ Lou Holtz
 
“Doubt kills more dreams than failure ever will…” ~ Unknown
 
Twyfel...  Dis iets wat onlosmaaklik deel is van ons woordeskat en gevoelens...  Hoekom?? Omdat ons MENS is...  Was daar al iets wat jy baie graag wou he, maar die feit dat dit baie lank gevat het om te gebeur, het jou laat twyfel of dit ooit sou gebeur en as gevolg van die twyfel het dit jou laat opgee?  Of laat hoop verloor??  Of in moeilike tye, het twyfel jou dalk laat hardloop, eerder as om te volhard en die moeilike tyd deur te sien?  
 
Iets wat vir elkeen van ons gewaarborg is, is God se liefde vir ons... Die kruis, sal ALTYD vir ons 'n simbool van daardie waarborg wees...  Wat is jou wens vir die mense wat jy liefhet?? Heel waarskynlik al die mooi en goeie goed in die lewe?? Mens gaan mos nie hartseer tye vir jou geliefdes toewens nie?? So hoekom gaan jy nie glo dat God net goeie goed vir jou beplan nie?? Jeremiah 29:11 is 'n tasbare bewys dat God vir jou groot en goeie dinge beplan!!  Wanneer ons bid, en ons hartsbegeertes in God se hande sit, SAL Hy antwoord...  Al is dit nie op die oomblik wat ons dit wil he nie - altyd wanneer ons dit nodig het!! En as Hy nie vir jou gee waarvoor jy gebid het nie, sal Hy vir jou iets beter gee!! Glo dit, bid dit en leef dit!! Moenie dat twyfel jou ontneem van die seen wat God vir jou het nie!! Bid, en gaan voluit vir dit wat jy wil he - moenie dat twyfel in jou vermoens of jou "guts" jou ontneem van iets wat ongelooflik kon wees nie...  Moenie eendag op daai ouetehuis se stoep sit gevul met regrets nie - sit eerder daar met ongelooflike stories wat jy kan vertel ;). God sal sorg dat alles sal uitwerk soos dit moet!!
 
Blessings!
 
Anel xx

gebedsversoek

Hi julle,

Hoop dit gaan goed en dat julle 'n PRAGTIGE daggie sal he!

Sien asb die onderstaande gebedsversoek en bid asb saam!

blessings!

anel

Anonieme persoon: 
 
Ek gaan die laaste tyd  baie moeilike tyd deur asb ek wil vra dat julle Bid asb vir my en my geldelike omstandighede maar  veral  vir my kleinkind Mari-Anca (9 Jaar ) Sy het baie probleme met Haar dikderm en was die naweek weer so baie siek Ek was rasend om te sien hoe Sy gil van die pyn.Die Here moet Haar net asb help en beskerm dan sien ek kans vir enige iets wat op my Pad mag kom.Sy is ook my grootste bekommernis omdat ek nie meer na Haar kan omsien soos in die verelde nie
Lekker Dag
Waardeer

 

Tuesday, 4 March 2014

"When life throws you a curveball, hit it!" ~ Unknown

Haloes! J
 
“When life throws you a curveball, hit it!” ~ Unknown
 
Psalm 34:7
 
“Delight yourself in the Lord, and He will give you the desires of your heart…”
 
Nehemia 8:10 & Proverbs 16:9
 
“The joy of the Lord is your strength…” & “Commit your works to the Lord and your plans will be established…”
 
“You don’t have to be great to start, but you have to start to be great…” ~ Zig Ziglar
 
“Never be ashamed of the scars life has left you with…  A scar means the hurt is over…  You endured the pain and God has healed you…” ~ Unknown
 
Toe ek so twee jaar terug my enkel gebreuk het, moes ek 'n operasie ontvang wat tot gevolg gehad het dat ek 'n plaat en skroewe in my enkel moes kry...  Wat ek nou van daardie gebeurtenis kan sien, is 'n dun lyntjie (scar) op my enkel wat ek oorgehou het van die operasie...  Ek kan nie onthou hoe seer dit was toe ek geval het en nie kon staan op my voet nie, maar die scar sal my altyd herinner daaraan dat dit wel gebeur het... Dat ek vir amper 12 weke met krukke moes sukkel en hoe so 'n gebeurtenis jou weer net herinner om ALTYD dankbaar te wees vir 'n gesonde liggaam...  Mens besef eers hoe vanselfsprekend mens sommige dinge (soos byvoorbeeld om te kan sien, om te kan loop en te kan hoor) wanneer mens van die gebruik daarvan ontneem word...
 
Miskien het daar dinge in jou lewe gebeur (onlangs of 'n tyd terug) wat jou 'n groot "wond" toegedien het...  Miskien het dit al "geheal" of miskien is jy nog tans besig met die heelword proses...  As jy tans besig is om deur iets te worstel (of dit nou 'n gebroke verhouding is, finansiele moeilikheid, siekte, onsekerheid oor jou tekoms of fisiese "wond" wat moet heel word) wil ek jou herinner dat jy nie vir 'n oomblik alleen is tydens die heelword proses nie...  God is heeltyd, heelpad saam met jou en Hy SAL genesing bring, sodat jy net 'n scar sal oorhou - as herinnering dat jy die diep waters deur is, en heel anderkant uitgekom het!!  Moenie van die "pitch" afstap wanneer die lewe vir jou 'n curveball jou kant toe gooi nie!! Sit jou gewig agter die kolf en "partner" jou krag saam met God sodat jy daardie bal vir 'n ses kan slaan!! God is by jou - vandag, more - ALTYD...  Niks wat oor jou pad kom sal groter wees as God se liefde vir jou, of die krag en uithouvermoe waarmee Hy jou sal voorsien om dit vir 'n ses te slaan nie!!
 
Blessings!
 
Anel xx

Monday, 3 March 2014

“Life might be tough, but I’ve got a God that is tougher…” ~ Unknown

Haloes! :)
 
“Life might be tough, but I’ve got a God that is tougher…” ~ Unknown
 
Jeremiah 17:7
 
“Blessed are those who hope in the Lord and have made the Lord their confidence…”
 
Romans 15:13
 
“May the God of hope fill you with all joy and peace as you trust in him, so that you may overflow with hope by the power of the Holy Spirit…”
 
“There is a difference between interest and commitment…  When you are interested in doing something, you do it only when it is convenient…  When you are committed to something you except no excuses, just results…” ~ Kenneth Blanchard
 
“Life is 10% what happens to you, and 90% how you respond to what happens to you…” ~ Unknown
 
 Die kwaliteit van swartsakke verskil somtyds baie!  Van die heel dunnes tot die heavy duties ;). Daar is seker niks erger as jy 'n paar dae se vullis in 'n baie dun swart sak het nie!!  Sommige van julle het dit seker ervaar wanneer jy dan daardie dun sak uit jou binne drom haal, die sak skeur en die vullis by die skeur ontsnap! Dit kan 'n groot gemors raak om dit dan by die buite drom te kry...  Kombuis vloer sal gevee en gemop moet word om die vullis op te ruim...
 
Ons verhouding met God kan ons deurtrek hiernatoe...  Wanneer ons ver van God af lewe is ons soos 'n dun swartsak...  Die lewe se uitdagings en moeilike tye kan ons makliker breek wanneer ons nie tyd vir God maak en bou aan ons verhouding met God nie...  Ons uithouvermoe en geduld kan makliker geknak word wanneer ons nie vir God ken in ons daaglikse lewe nie...  Wanneer Hy ons spaarwiel eerder as stuurwiel is, is wanneer ons verkeerde besluite neem (omdat ons gewoonlik nie bid vir Sy wil en Sy beste vir ons nie), wanneer die lewe ons sommer net onderkry en ons totaal en al van ons kragte getap is...  Wanneer ons tyd spandeer met God se woord, tyd spandeer om te bid en sommer net by God stil te raak, maak dit ons geestelik sterker, vul dit ons met nuwe krag en gee dit aan ons die uithouvermoe om te volhard wanneer dinge moeilik gaan...  Deur tyd met God te spandeer sal dit ook 'n "habit" raak om te bid sodra jy onseker is oor wat om te doen, eerder as om op mense se opinies te steun...  Ons is baie keer geneig om eerder mense se raad te vra as God s'n.  Ek glo dat Hy baie keer vir ons confirmation gee deur mense - maar eers wanneer ons eers by Hom gaan aanklop het vir raad...  Miskien voel jou lewe op die oomblik baie deurmekaar, en voel dit vir jou of jy "gemors" sien net waar jy kyk! Probeer om vir jou 'n habit te kweek om jou dag met God te begin...  Vat net 'n oomblik voordat die dag weer met jou weghardloop om by God stil te raak en te bou aan julle verhouding...  God sal aan jou wysheid gee vir die moeilike besluite, krag vir jou moegheid en JOY vir dit wat vir jou voorle!! Wees 'n "toughie black bag ;)"
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 
 
 

Sunday, 2 March 2014

“When you are down to nothing, God is up to something…” ~ Proverbs 16:9


Haloes! :)
 
“When you are down to nothing, God is up to something…” ~ Proverbs 16:9
 
Romans 12:2
 
“Let your hope keep you joyful, be patient in your troubles, and pray at all times…”
 
1 Samuel 30:6  
 
“And David was greatly distressed, for the people spoke of stoning him, because all the people were bitter in soul, each for his sons and daughters. But David strengthened himself in the LORD his God…
 
“True strength is smiling when you want to cry, laughing to hide the pain, and going on no matter what….” ~ Unknown
 
“No one can make you feel inferior without your consent.” ― Eleanor Roosevelt
 
Daar is vir my niks lekkerder as om 'n onverwagse boodskappie te ontvang nie! Of dit nou 'n whatsapp is van my familie, 'n message op facebook van 'n goeie vriend of vriendin, of sommer 'n email van mense wat ek nie eens ken nie om getuienis te lewer nie ;) Dis ALTYD awesome om 'n boodskap te kry - want dit beteken dat iemand op daardie oomblik "sommer net" aan jou gedink het... Wanneer mens egter vir 'n lang tyd nie jou email, Facebook of foon check nie, bestaan daar 'n kans dat jy gaan uitmis op 'n boodskap wat dalk jou lewe positief kan impakteer...  Ons kan ook uitmis op geleenthede, inspirasie of lekker bymekaarkom van vriende wanneer ons nie ons boodskappe check nie...
 
God se woord is ook soos dit...  Hy het 'n manier om mens SO te WOW met Sy woord!! Dis nie sommer toevallig as jy 'n vers kry wat jy SO bitter nodig het op daardie spesifieke oomblik wanneer jy dit nodig het nie! God weet elke oomblik van elke dag WAT jy face, waarmee jy worstel en wanneer jy krag en bemoediging nodig het...  Dis so amazing die verse wat ek al gekry het wanneer ek wou vlug eerder as om te veg...  Want kom ons face dit - as daar nou een iets waaroor almal kan saamgesels, is dat moeilike tye deel is van ELKE mens se lewe...  Die tipe moeilikhede waarmee ons moet deal, verskil net van mens tot mens...  Iets wat vir ons almal egter dieselfde is, is God se liefde vir ons!  Jy is vir Hom ongelooflik kosbaar en Hy het jou ongelooflik lief!!  Moenie uitmis op God se bemoediging vir jou lewe, omdat jy nie Sy woord oopmaak of tyd in gebed met Hom deurbring nie... Hy weet wat jy nodig het, nog voor jy die nood daarvoor ontwikkel...  En Sy tyd is die mees geseende tyd - dinge gebeur ALTYD soos dit moet!!!!  God het baie seen en inspirasie vir jou huidige omstandighede in Sy woord...  Laat Hom toe om jou te wow, deur tyd met Hom in gebed en tyd met Sy woord te spandeer... ;)
 
Blessings!
 
Anel xx