Wednesday, 22 January 2014

“Life isn't about waiting for the storm to pass...It's about learning to dance in the rain.” ― Vivian Greene


Haloes! J
 
“Life isn't about waiting for the storm to pass...It's about learning to dance in the rain.” ― Vivian Greene
 
Psalm 138:8
 
“The Lord will fulfill his purpose for me; your steadfast love, O Lord, endures forever. Do not forsake the work of your hands…”
 
John 6:47-50
 
“Truly, truly, I say to you, whoever believes has eternal life. I am the bread of life. Your fathers ate the manna in the wilderness, and they died. This is the bread that comes down from heaven, so that one may eat of it and not die…”
 
“I believe in being strong when everything seems to be going wrong. I believe that happy girls are the prettiest girls. I believe that tomorrow is another day, and I believe in miracles” ― Audrey Hepburn        
 
“You never know what's around the corner. It could be everything. Or it could be nothing. You keep putting one foot in front of the other, and then one day you look back and you've climbed a mountain.” ― Tom Hiddleston
 
“Storms” is iets wat onlosmaaklik deel is van die lewe…  Letterlik, maar ook figuurlik is dit iets wat elkeen van ons al ervaar het…  As ek dink aan laas jaar se Winter in die Kaap – dit was die verskriklikste reën wat ons in jare beleef het…  Vergelegen Mediclinic moes selfs die een aand ontruim word as gevolg van die feit dat die rivier sy walle oorstroom het…  Fisiese, maar ook emosionele “storms” wat in ons lewens instap, is iets wat jou kan platslaan binne sekondes, of iets wat jou motiveer om op te staan en weer te probeer…
 
Hoe hanteer jy dit wanneer “storms” in jou lewe losbars??  Hardloop jy weg?  Gee jy op? OF kyk jy OP na Wie jou krag en deursettingsvermoë gee en vat jy dit dag vir dag?  Al hoe ons moeilike tye kan hanteer, is om dit in “hanteerbare porsies” af te breek…  Deur elke dag te doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy is…  God gee aan ons genade, en krag in porsies van 24uur…  Sy genade en krag is ELKE more nuut!! Ek weet mens wil baie keer weet dat dinge op die ou end ten goede gaan meewerk en hoe donker en moeilik dit kan voel as mens nie daardie versekering het nie…  Maar omdat jy ‘n kind van God is, KAN jy daardie versekering hê! Hy sal jou NOOIT verlaat nie, en jou NOOIT in die steek laat nie!  Soos Hy die storm stilgemaak het toe Hy en Sy dissipels op die skuit was en hulle vreesbevange geraak het, net so sal Hy jou help om deur te druk, vas te byt en te “persevere”…  God is met jou – elke oomblik van elke dag…  Vat dit dag vir dag, tree vir tree…  Soos Tom Hiddleston sê – voor jy weer sien, het jy die berg wat voor jou was kafgedraf…  If God brings you to it, He WILL get you through it…
 
Blessings!
 
Anel**
 
 

Gebedsversoek

More julle!

Sien asb die anonieme gebedsversoek en hou hulle asb in gebede!

Anonieme gebedsversoek:  My boetie was gediagnoseer met prostaat klier kanker ,hy was so 3 maande gelede ge-opereer want volgens die dokter was dit nog nie deur die wand nie.Hy moes elke maand gaan vir ondersoek na die operasie en hulle het nou uitgevind dat dit versprei het,hy moet nou elke week vir 5 weke gaan vir bestraling. Ek vra net dat u die familie in u gebede moet hou.

Mag julle 'n geseende dag he!

blessings!

anel xx

Tuesday, 21 January 2014

“He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche

Haloes! J

“He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche

Luke 1:37

"For nothing will be impossible with God.”

Isaiah 41:13

“For I, the Lord your God, hold your right hand; it is I who say to you, “Fear not, I am the one who helps you.”

“Be thankful for what you have; you'll end up having more. If you concentrate on what you don't have, you will never, ever have enough”― Oprah Winfrey

“Why are trying so hard to fit in, when you're born to stand out” ― Oliver James

Ek dink meeste van ons hou nie van situasies wat jou uit jou comfortzone uit dwing nie?!  Soos verandering…  Ek onthou toe ek in Standerd 7 in ‘n nuwe skool begin het, was dit ‘n GROOT uitdaging…  Koshuislewe, en die feit dat ek NIEMAND geken het nie, was nogals ‘n moeilik!  Die ander moeilikheid wat ek in die gesig gestaar het, was dat die “groepies” reeds gevorm was, aangesien meeste van die meisies in Standerd 6 saam begin het…  Wat die situasie makliker gemaak het, was dat ons 3 nuwe meisies was wat saam begin het…  In sulke situasies “stick” die mense wat in dieselfde bootjie is, gewoonlik saam…  Jy ervaar dieselfde dinge, en sameloop van omstandighede maak gewoonlik dat jy “instant” vriende raak J  Dis makliker wanneer jy ‘n pad stap, SAAM met iemand wat dieselfde vrese, hartseer en ook opgewondenheid het as jy…

Hoekom is jy op hierdie aardbol?? Het jy al daaroor gewonder?  Die antwoord is MAKLIK…  Want God, het ‘n DOEL vir jou lewe…  Jy is geskape met PURPOSE…  Dis nie maar toevallig dat jy hier is nie – God het al oor jou gedroom, nog voordat jou ouers op hierdie aardbol was!  Dit was Sy plan dat jy in hierdie dag en tyd leef…  Ek raak so kwaad as mense praat dat die kind ‘n “glips” was…  Want al het JY nie die kind beplan nie, was die kind verseker binne GOD se plan…  En aangesien God aan jou asem in jou longe gegee het, beteken dit dat Hy vir jou ‘n spesifieke doel het!  Hy wil jou gebruik, tot eer van Sy Koninkryk…  Al wat Hy van jou vra, is dat jy gewillig moet wees!  Al voel dit vir jou of jy nog nie weet wat jou doel op aarde is nie – don’t despair…  Baie keer gebruik God mens nog sonder dat jy dit besef!  Wanneer jy op jou knieë gaan en werklik God se wil vir jou lewe soek, SAL HY dit aan jou uitwys…  Sommige mense vind al hul doel wanneer hulle nog klein is, terwyl ander hulle doel op hulle oudag vind J  Moenie probeer om “in te blend” nie…  GOD het jou bestem om UIT te staan!  Wanneer mens ‘n doel het om te lewe, kan jy dit op ENIGE manier doen! JY is ‘n Koningskind – en dit wat jy kan vermag deur God wat jou die krag gee, is ONBEPERK! Moenie beperkings op jou lewe plaas nie – Jy is tot ALLES in staat deur Hom wat jou die krag gee! (Fillipense 4:13)

Blessings!

Anel**

Monday, 20 January 2014

“When you find your path, you must not be afraid. You need to have sufficient courage to make mistakes. Disappointment, defeat, and despair are the tools God uses to show us the way.” ― Paulo Coelho

Haloes! J

“When you find your path, you must not be afraid. You need to have sufficient courage to make mistakes. Disappointment, defeat, and despair are the tools God uses to show us the way.” ― Paulo Coelho

Colossians 3:23

“Whatever you do, work heartily, as for the Lord and not for men. Knowing that from the Lord you will receive the inheritance as your reward. You are serving the Lord Christ…”

Colossians 3:17

“And whatever you do, in word or deed, do everything in the name of the Lord Jesus, giving thanks to God the Father through him…”

“The past has no power over the present moment.” ― Eckhart Tolle

“When we least expect it, life sets us a challenge to test our courage and willingness to change; at such a moment, there is no point in pretending that nothing has happened or in saying that we are not yet ready. The challenge will not wait. Life does not look back. A week is more than enough time for us to decide whether or not to accept our destiny.” ― Paulo Coelho

As jy op paaie moet reis waar jy nie voorheen gery het nie – wat maak jy??  In vandag se tye het ons GPS, en meeste mense het ‘n slimfoon waarop kaarte is wat die roete uitstippel wat jy moet neem om jou eindbestemming te bereik…  Of as jy dit verkies, kan jy ‘n kaart bestudeer en die roete vind wat die vinnigste en effektiefste roete volg…  Is dit ‘n gegewe dat jy NOOIT verkeerd sal ry as jy al hierdie hulpmiddels gebruik?  Verseker nie!  Daar kan moontlik ‘n afdraai wees wat jy mis, of jy kon die kaart verkeerd verstaan het, ‘n tyd lank verdwaal wees, voor jy weer jou pad vind…  Die rukkie wat jy verkeerd ry, kan somtyds voel soos vermorste tyd – maar ek BELOWE jou, 99% van die tyd sal jy ‘n storie hê om te vertel nadat jy die verkeerde afdraai gevat het J

Hoe kom ons uit op die lewenspad wat God vir ons bestem het, kan jy dalk wonder?  Deur die besluite wat ons maak daagliks…  Dink gou – waar jy jou op HIERDIE dag, en oomblik bevind, is indirek ‘n uitvloeisel van besluite wat jy geneem het…  Is daar ‘n kans dat ons God se wil vir ons lewe kan MIS?  Ek dink die enigste manier om dit te doen, is wanneer ons Hom nie ken in ons besluitneming nie…  AS ons nie bid voordat ons groot besluite neem nie…  MAAR, ek glo dat God dinge ALTYD sal laat uitwerk…  Selfs waar ons besluite geneem het sonder sy “input” of waar ons dalk ‘n verkeerde afdraai in ons lewe geneem het, en vir ‘n ruk lank gestap het op ‘n pad wat nie is waar ons behoort te wees nie…  Ek glo God vir jou en my ‘n pad weer sal oopmaak wat aansluit by daardie verkeerde pad, om ons weer op koers te kry vir waar Hy ons wil gebruik…  God is ‘n gentleman, en HY gaan jou verseker nie forseer om ‘n pad te stap wat jy nie wil stap nie…  Hy sal bly wag vir jou, en saam met jou stap totdat jy terugkom na Hom toe…  Paulo Coelho se aanhaling is vir my super cool…  Want terwyl ons, ons lewenspaadjie stap, is ons baie keer so bang om foute te maak, dat dit ons weerhou daarvan om ten volle te lewe…  Teleurstelling en situasie waarin dit voel of ons as die “verloorder” wegstap, is alles situasies wat God gebruik om ons te laat groei, en waarin HY ons sterk maak…  Ek’t nou al oor en oor in my lewe gesien dat goed somtyds met ons gebeur wat ons nie kan verstaan nie…  Dis eers met tydsverloop wat mens kan agterkom dat God ‘n doel gehad het, en dat Hy dan ons swaarkry gebruik, om vir ander mense te bemoedig…  Mens kan net werklik verstaan waardeur iemand anders gaan, wanneer jy al dieselfde pad moes stap…  Moenie bang wees om die pad te stap wat God aan jou uitwys nie…  In die liedjie van Sidewalk Prophets [Help me find it] – sing hulle: I am giving you fear, You give me faith…  If there’s a road I should walk, help me find it, if I need to be still, give me peace for the moment…  Whatever your will, can you help me find it…”  Wanneer jy vra, SAL God antwoord…  Hy sal jou wys wat die pad is wat jy moet stap…

Blessings!

Anel**

 

 

 

 

Sunday, 19 January 2014

“Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin.” ― Mother Teresa

Haloes! J

“Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin.” ― Mother Teresa
Psalm 31:14-15

“But I trust in you, O Lord; I say, “You are my God.” My times are in your hand; rescue me from the hand of my enemies and from my persecutors!”

Proverbs 16:3

“Commit your work to the Lord, and your plans will be established…”

“Sometimes the questions are complicated and the answers are simple.” ― Dr. Seuss

Dare to Be”

“When a new day begins, dare to smile gratefully. 
When there is darkness, dare to be the first to shine a light.
When there is injustice, dare to be the first to condemn it.
When something seems difficult, dare to do it anyway.
When life seems to beat you down, dare to fight back.
When there seems to be no hope, dare to find some.
When you’re feeling tired, dare to keep going.
When times are tough, dare to be tougher.
When love hurts you, dare to love again.
When someone is hurting, dare to help them heal.
When another is lost, dare to help them find the way.
When a friend falls, dare to be the first to extend a hand.
When you cross paths with another, dare to make them smile.
When you feel great, dare to help someone else feel great too.
When the day has ended, dare to feel as you’ve done your best.
Dare to be the best you can –At all times, Dare to be!” ― Steve Maraboli

Vakansies is iets waarna mens so lank uitsien, maar wat dan binne ‘n oogwink verby is! Daar is gewoonlik nooit genoeg tyd om alles te doen wat jy sou wou doen nie…  Jy’t ook gewoonlik soveel planne oor alles wat jy in die kort tydjie wil inpas, en terwyl jy rus, begin jy droom oor alles wat jy gaan aanpak wanneer die nuwe jaar begin, of wanneer jy weer terugkeer werk toe…  Die hartseer ding, is dat mens partykeer soveel drome en ideale het, maar wanneer die werk of skool weer met volle swang begin, is die ure te min en die dae te kort…  Jy is gewoonlik ook hopeloos te moeg om die dinge aan te pak waaroor jy gedroom het…  OF, jy begin vaskyk aan die beperkte hulpbronne tot jou beskikking, of jy kyk vas in die teleurstellings van die vorige jaar, of tyd voordat jy jou breek gehad het…  Vorige “verlore” of teleurstellings, kan baie keer in jou pad staan van die huidige moontlike oorwinnings of deurbrake… 

Ons kop is baie keer so besig met alles wat al verkeerd gegaan het, of dinge wat moontlik KAN verkeerd gaan, dat dit veroorsaak dat ons in die verlede leef…  “We fight a battle, which we believe we cannot win…”  En wanneer jy in jouself twyfel, is die geveg reeds halfpad verloor…  Ek wil jou bemoedig met die woorde van Corrie Ten Boom – ““Never be afraid to trust an unknown future to a known God.”  Die “scoreboard” is 0-0…  Dit wat laas jaar nie uitgewerk het soos wat dit hoort nie, is VERLEDE…  Jy is tans in die hede! God is in jou toekoms – en Hy sal vir jou deure oopmaak waar daar nou dalk slegs doodloopstrate is…  Moenie toelaat dat jou verlede ‘n houvas op jou toekoms het nie…  Saam met God, is jy tot ENIGE iets in staat…  Hy sal aan jou die krag en wysheid gee wat jy nodig het, om ‘n sukses te maak van dit wat jy aanpak hierdie jaar…  Vergeet van wat was, en fokus op dit wat IS, en wat moontlik KAN wees...  Give it all you have got!!
 
Blessings!

Anel**