Thursday, 16 January 2014

“The things you do for yourself are gone when you are gone, but the things you do for others remain as your legacy.” ― Kalu Ndukwe Kalu

Haloes! J

“The things you do for yourself are gone when you are gone, but the things you do for others remain as your legacy.” ― Kalu Ndukwe Kalu

Philippians 3:13-14

“Brothers, I do not consider that I have made it my own. But one thing I do: forgetting what lies behind and straining forward to what lies ahead, I press on toward the goal for the prize of the upward call of God in Christ Jesus…”

Isaiah 43:18-19

“Don't remember the prior things; don't ponder ancient history. Look! I'm doing a new thing; now it sprouts up; don't you recognize it? I'm making a way in the desert, paths in the wilderness…”

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.

“Time is too slow for those who wait, too swift for those who fear, too long for those who grieve, too short for those who rejoice, but for those who love, time is eternity.” ― Henry van Dyke

Ek’t die naweek ‘n fliek gesien op die televisie van Paul Walker (Fast and furious faam)…  Dit het my sommer laat dink aan sy familie, en hoe hulle moet voel as hulle hom steeds op die televisie sien, alhoewel hy reeds gesterwe het…  Dis asof daar darem ‘n “stukkie van hom oorgebly het” – iets waaraan sy familie en vriende kan vashou en waarna hulle kan kyk, wanneer hulle hom te veel mis…  ‘n Aanhaling van hom sê die volgende:  “I live by ‘Go big or go home…’  That is with everything…  It is like, either commit and go for it, or don’t do it at all…  I apply that to everything…”

Wat gaan jy agterlaat wanneer die einde van jou lewe aanbreek?  Wat gaan mense van jou onthou?  Iemand wat voluit geleef het?  Iemand wat liefde geleef het?  Ek het ‘n pragtige beeld gehoor deur Lindie van Eeden die naweek…  Ons moet voorkom om heeltyd in die “wegspringblokke” te wees in hierdie jaar…  Ons moet sorg dat ons aan die beweeg kom – sodat ons Jesus se hande en voete op hierdie aarde kan wees…  Al wat Jesus van ons vra is ‘n gewillige hart…  Hy sal self die werk doen – Hy wil jou net as instrument gebruik…  Kalu Ndukwe Kalu het die spyker op die kop geslaan…  Alles wat jy in jou lewe vir jouself doen, is WEG wanneer jy die dag jou laaste asem uitblaas…  Maar die dinge wat jy vir God en Sy Koningkryk doen – vir jou medemens – deur jou naasteliefde, is wat van jou gaan oorbly op aarde…  Dit gaan bepaal hoe mense van jou praat, wat hulle van jou gaan onthou…  Dit gaan ook ‘n bewys wees van hoe jy die kosbare tyd spandeer het wat God aan jou geskenk het…  Vergeet van alles wat in jou verlede verkeerd gegaan het…  Vergeet van ALLES wat jou weerhou het om ‘n verhouding met God te hê…  Vergeet van al die “wat asse”…  En leef in geloof…  Laat God toe om wonderwerke in en deur jou lewe te verrig…  Sodat jou lewensstorie ‘n inspirasie kan wees vir die mense wat jou pad kruis…  God kan en wil jou gebruik – NES jy is…  Jy is al gekies vir Sy Koningkryk nog voordat jy gebore is…  Jou naam is in Sy handpalms gegraveer…  Leef elke dag SO dat wanneer jy jou laaste asem moet uitblaas, die wêreld jou sal onthou as iemand wat ‘n verskil gemaak het…

Blessings!


Anel**

Wednesday, 15 January 2014

“When you are measuring life, you are not living it…” ~ Mitch Albom

Haloes! J

“When you are measuring life, you are not living it…” ~ Mitch Albom

Proverbs 16:9

The heart of man plans his way, but the Lord establishes his steps.

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for evil, to give you a future and a hope…”

“Scars have the strange power to remind us that our past is real.” ― Cormac McCarthy

“The best things are never arrived at in haste. God is in no hurry; His plans are never rushed.”
― Michael Phillips

GROOT bome is vir my SOOO mooi…  Ek’t bietjie op die internet gaan soek vir prentjies, en het op ons Nasionale boom afgekom – die Geelhout boom, is 36,6m hoog en hierdie foto is in Tsitsikamma geneem (ek heg ‘n prentjie aan).  Het jy al gedink hoe raak ‘n boom so groot?  Verseker nie oornag nie!  Jy sal heel waarskynlik ‘n klein boompie plant…  Vir die boom om wortel te skiet, moet dit in die regte grond, en klimaat geplant word…  Vir ‘n boom om baie groot te raak, moet die wortels diep geanker wees in die grond – sodat dit nie met die eerste reën of storm-weer uit die grond geruk word deur die wind nie…  Die boom moet genoeg sonlig en water kry – die balans moet reg wees…

Al hierdie dinge is van toepassing op ons lewens…  Ons bereik nie oornag ons drome en ideale nie…  Ons is nie oornag die mense wat God ons bestem het om te wees nie… Dit neem tyd, harde werk, deursettingsvermoë en geduld…  Geduld om te wag vir GOD se tyd…  En die belangrikste is dat ons WORTELS geanker moet wees in God – dat die fondasie van ons geloof stewig is, sodat ons sal staande bly wanneer moeilike tye oor ons pad kom…  Dat ons op God sal fokus vir ons krag, kos, rus en dat ons God se liefde vir ons, sal LEEF…  Dat ons balans in ons lewens sal handhaaf – ten einde te voorkom dat ons lewens in verkeerde goed geanker word…  Wat bedoel ek hiermee??  Moenie in hierdie nuwe jaar moed opgee voordat daar tyd was vir God se plan om in jou lewe vorm aan te neem nie…  Moenie iets probeer “ryp druk” omdat jy nie langer kan wag nie – WAG…  God WEET wat Sy plan vir jou lewe is…  Moenie jou lewe “anker” in geld, of in jou werk, jou verhouding of vriende nie…  Maak God jou nommer 1!  Met Hom eerste, sal Hy die res van die dinge in plek laat val…  Hy is ‘n God wat soveel groter drome vir jou droom as wat jy ooit sal kan hoop of dink!  Moenie uitmis op alles wat Hy vir jou het, en waarmee Hy jou wil seën, deur jou lewe op die verkeerde dinge te basseer nie…  Die lewe is KORT!  Moenie uitmis op ongelooflike ervarings omdat jy net bestaan en nie werklik LEEF nie…  God wil ‘n LEWE vir jou hê!  Een wat VOL stories sal wees, sodat wanneer jy op die ouetehuis se stoep sit – jy mense sal kan betower, met alles wat jy saam met God beleef het in jou tyd op aarde…

Blessings vir jou!

Anel**



Tuesday, 14 January 2014

“We all yearn for what we have lost, but sometimes we forget what we have…” ~ Mitch Albom

Haloes! J

“We all yearn for what we have lost, but sometimes we forget what we have…” ~ Mitch Albom

Romans 8:38

“I believe that the present suffering is nothing compared to the coming glory that is going to be revealed to us…”

Ecclesiastes 3:1-8

“For everything there is a season, and a time for every matter under heaven: a time to be born, and a time to die; a time to plant, and a time to pluck up what is planted; a time to kill, and a time to heal; a time to break down, and a time to build up; a time to weep, and a time to laugh; a time to mourn, and a time to dance; a time to cast away stones, and a time to gather stones together; a time to embrace, and a time to refrain from embracing…”

“Time is an equal opportunity employer. Each human being has exactly the samenumber  of hours and minutes every day. Rich people can't buy more hours. Scientists can't invent new minutes. And you can't save time to spend it on another day. Even so, time is amazingly fair and forgiving. No matter how much time you've wasted in the past, you still have an entire tomorrow.” ― Denis Waitley

Ek onthou toe ek baie klein was (4 / 5 jaar oud), het ek een nag ‘n verskriklike nagmerrie gehad…  Ek onthou hoe ek “wakker” geword het, en by my kamer se deur ‘n slang gesien het…  Ek’t toe weer my oë toegemaak, en toe ek weer “wakker” word het ek hom sien inseil by my kamer…  Weereens het ek my oë toegemaak, net om weer wakker te word en te sien hoe hy opgeklim het teen my bed en hoe hy vir my kyk en sy tongetjie sis…  Ek onthou hoe ek gegil het, hoe my ma en pa in my kamer ingehardloop het, my opgetel het en verseker het daar is niks in my kamer nie – dit was NET ‘n nagmerrie…  Ek kon hom egter steeds sien – alhoewel ek later my sonbril opgehad het teen die skerp lig…  Die uiteinde was dat my ma hulle my, by hulle laat inklim het, en toe ek veilig tussen hulle twee gelê het – kon ek droomloos verder slaap…  Die versekering wat ek gehad het, was dat hulle na my sou kyk – en sou sorg dat GEEN SLANG of enige iets wat my sou kon seermaak by my sou uitkom nie…

Hoekom vertel ek jou hierdie??  Omdat ons, as God se kinders partykeer vergeet dat Hy ALTYD vir ons daar is…  Nie net wanneer dinge sleg gaan nie – maar ook in die goeie tye…  Ons kan enige tyd van die dag of nag met Hom praat…  Ons kan bid, of tot Hom roep wanneer die nag ons dalk bang maak…  Om met Hom te praat, en om Sy hand te vat, is soos om jou bedlampie aan te sit wanneer dit stik-nag-donker is…  Daar sal ONMIDDELLIK lig wees! En Hy IS 24/7 met jou…  Hy sal jou nooit verlaat nie – jou NOOIT in die steek laat nie…  Miskien voel dit vir jou of die donker jou oorval het, nog voordat die jaar behoorlik begin het…  Miskien is Januarie BAIE lank, vanweë die feit dat jy al begin Desember salaris gekry het…  Miskien kan jy nie sien HOE jy Januarie gaan deurmaak nie…  Miskien het siekte by jou voordeur ingeloop, voordat jy nog kon dink oor jou drome of ideale vir 2014…  Miskien het jy geliefdes verloor oor die feestyd, en voel jy ‘n tasbare GAT in jou lewe – en weet jy nie hoe jy 2014 sonder hulle sal kan ingaan nie…  God se deur is ALTYD oop vir jou…  Hy is net ‘n gebed ver…  Hy sal jou dag en nag behoed en bewaar…  Hy sal jou dra wanneer jy nie verder kan stap nie, en Hy sal aan jou die krag gee om in ENIGE situasie staande te bly – wanneer jou geloof geanker is in Hom…  God het jou ONEINDIG baie lief!  WEET dit, LEEF dit, en GLO dit elke oomblik van 2014 :)

Blessings!  

Anel**


Monday, 13 January 2014

“It is never too late or too soon… It is when it is supposed to be…” ~ Mitch Albom

Haloes! J

“It is never too late or too soon…  It is when it is supposed to be…” ~ Mitch Albom

WEES LIG!

Jesaja 60:1-5

“Staan op en kyk…  Daar’s lig op die horison…  Kyk die dag breek…  Die nag is verby! Die lig is anders want God is teenwoordig…  Kyk weer…  God se lig skyn oor die wêreld…  Hy gee ons die lig wat ander nasies na ons toe trek…  Hy sluit met ons ‘n verbond: Sy lig bring vir ons oorvloed…”

Philippians 2:14-15

“Do all things without grumbling or questioning, that you may be blameless and innocent, children of God without blemish in the midst of a crooked and twisted generation, among whom you shine as lights in the world…”

“For what it’s worth: it’s never too late or, in my case, too early to be whoever you want to be. There’s no time limit, stop whenever you want. You can change or stay the same, there are no rules to this thing. We can make the best or the worst of it. I hope you make the best of it. And I hope you see things that startle you. I hope you feel things you never felt before. I hope you meet people with a different point of view. I hope you live a life you’re proud of. If you find that you’re not, I hope you have the courage to start all over again.” ― Eric Roth

‘n Nuwe jaar is soos ‘n nuwe hoofstuk, of ‘n nuwe boek wat begin word…  Daar is soveel opwinding, onsekerheid, maar die meeste van alles - HOOP…  Hoop dat die jaar ‘n beter een as die vorige een sal wees…  Hoop dat deure van geleentheid in jou lewe sal oopgaan – dat God se seën volkome oor jou lewe uitgestort sal word…  Hoop dat liefde die basis van jou jaar sal vorm…  In die fliek “New Years Eve” maak die een ou ‘n toespraak by ‘n nuwejaars partytjie…  In dit vertel hy die mense van die dinamiese man wat sy pa was…  Sy pa sou altyd vra – “What would you do if you knew you could not fail?” As jy dit identifiseer het, sou sy antwoord op die vraag dan altyd wees – “Now go out and do it…”

Dit is wat ek vandag vir jou ook wil sê…  Maak 2014 ‘n jaar van “NO REGRETS”…  Moenie toelaat dat mense negatiewe gedagtes oor jou lewe spreek nie…  Jy is tot ENIGE iets in staat deur God wat jou die krag gee…  Hy sal deure vir jou oopmaak wat geen mens kan toemaak nie…  Jy moet net die MOED hê om jou drome, ideale en hoop na te jaag…  As jy nog nie ‘n “bucket list” (dinge wat jy wil doen / bereik in 2014) het nie – maak sommer nou ene…  Ek bêre altyd myne en gaan dan weer deur dit aan die einde van die jaar…  Dis ongelooflik hoe mens vergeet wat jy neerskryf, maar dat jy sommige van die dinge dan tog doen J  Miskien het 2013 nie uitgedraai soos jy gehoop het nie…  Miskien is daar dinge waarvoor jy gebid het, waarvoor die deurbrake net nie kom nie…  Wees verseker vandag – God is ALTYD betyds…  Hy SAL sorg vir uitkoms…  Hy sal oplossings bring vir die probleme wat jy face, en Hy sal dinge ten goede laat meewerk – vir JOU wat volgens Sy besluit geroep is (Romeine 8:28)… Moenie toelaat dat jou gedagtes jou beperk om die lewe te kan leef wat God vir jou bestem het nie…  Soos die aanhaling van Eric Roth hierbo sê – “It is never too early or late to be what you want to be…”  Wat hou jou terug?  Waarvoor is jy bang?  2014 is die jaar van “NO REGRETS” en LIG WEES vir die donker wêreld waarin ons leef…  Ek wil afsluit deur jou te herinner aan die aanhaling van Mark Twain – "Twenty years from now you will be more disappointed by the things that you didn't do than by the ones you did do. So throw off the bowlines. Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds in your sails. Explore. Dream. Discover."  Moenie kanse onbenut by jou laat verbygaan in hierdie jaar nie…  Waag meer…  Laat liefde wen – deur ‘n lewe van liefde te leef…  Wees vriendelik, en wees ‘n vriend op wie ander kan staatmaak…  Laat toe dat God jou gebruik vir Sy Koningkryk…  Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien…  God het GROOT planne vir jou vir 2014!  Vat Sy hand en moenie vir ‘n oomblik bang wees nie – wees reg vir AVONTUUR J

Blessings!


Anelli**

Sunday, 12 January 2014

“The future starts today, not tomorrow.” ― Pope John Paul II

Haloes! J
                                 
“The future starts today, not tomorrow.” ― Pope John Paul II

Ek hoop ‘n ieder en elk van julle het ‘n heerlike en baie geseënde Feesseisoen gehad!  Ek het oor en oor hierdie vakansie die boodskap gekry dat ons LIG moet wees en leef…  Mense moet sommer hulle sonbrille wil aansit wanneer hulle na jou kyk, soos wat jy skyn vir die Koninkryk…  So my hooftema vir die jaar, al lyk dit rondom jou HOE donker – wil ek jou uitdaag om jou liggie te laat SKYN, dat jy God sal toelaat om deur jou GROOT wonderwerke in Sy naam te doen…  Die Here weet wat Hy vir jou beplan in 2014…  VERTROU HOM!  Ek het ‘n dagbeplanner as geskenk ontvang van my ma, en agterin die dagbeplanner was daar SO ‘n treffende boodskap vir nuwe jaar, dat ek dit graag met julle wil deel!  Dis DIE dat die gedagteki vandag met ‘n bietjie van ‘n “twist” aan jou gebring word J  Mag dit vir elkeen van julle ‘n bietjie motiveer vir die nuwe jaar wat voor jou lê…

‘n Jaar van vaste voornemens… ~ Dagboek uitgegee deur CUM

STAP 1: Verhouding

Bevestig opnuut jou verhouding met God…

“Leer my U weë, Here, sodat ek in U waarheid kan wandel…  Gee my onverdeelde trou om so U naam te kan dien…” ~ Psalm 86:11

“Teach me your way, Lord, that I may rely on your faithfulness; give me an undivided heart, that I may fear your name…” ~ Psalm 86:11

STAP 2: Verlede

Kyk terug op die jaar wat verby is en vra God om jou te wys waar jy deur swakheid en sonde verhoed is om geestelik te groei…

“Deursoek my, o God, en ken my hart, toets my en ken my onrustige gemoed…  Kyk of daar ‘n sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad… ~ Psalm 139:23-24

“Search me, God, and know my heart; test me and know my anxious thoughts. See if there is any offensive way in me, and lead me in the way everlasting…” ~ Psalm 139:23-24

STAP 3: Vergifnis

“Bely jou sondes en vra God om jou te vergewe…”

“As ons, ons sondes bely, God is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe  en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is…” ~ 1 Johannes 1:9

“If we confess our sins, he is faithful and just and will forgive us our sins and purify us from all unrighteousness…” ~ 1 John 1:9

STAP 4: Versterk

Vra God om jou te versterk en om vir jou ‘n nuwe visie te gee vir die jaar wat voorlê…

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here…  Ek beplan voorspoed vir julle, nie teenspoed nie…  Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê…” ~ Jeremia 29:11

“For I know the plans I have for you,” declares the Lord, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future…” ~ Jeremiah 29:11

STAP 5: Vernuwe

Vra God om jou te help om jou lewe te sien, soos Hy dit sien…  Wy dan opnuut jou lewe aan Sy plan vir jou lewe…

“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deur julle denkpatrone te vernuwe…  Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil hê julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed, aanneemlik en volmaak is…” ~ Romeine 12:2

“Do not conform to the pattern of this world, but be transformed by the renewing of your mind. Then you will be able to test and approve what God’s will is—his good, pleasing and perfect will…” ~ Romans 12:2

STAP 6: Voorneme

“Maak ‘n vaste voorneme om getrou te wees aan God se wil vir jou lewe…  Maak Sy naam GROOT, in alles wat Hy in gebed aan jou openbaar…”

“Ek jaag wenpaal toe, na die Hemelse Prys, wat God deur Christus Jesus aan my gee…” ~ Fillipense 3:14

“I press on toward the goal to win the prize for which God has called me heavenward in Christ Jesus…” ~ Philippians 3:14

STAP 7: Versekering

“Skryf alles neer wat God in gebed aan jou openbaar…  Kyk gereeld daarna en onthou dan dat dit is net deur Sy genade wat jy in Hom kan groei…”

“Kom ons gaan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God…  Hy sal aan ons Sy ontferming en genade bewys, sodat ons op die regte tyd gehelp sal word…” ~ Hebreërs 4:16

“Let us then approach God’s throne of grace with confidence, so that we may receive mercy and find grace to help us in our time of need…” ~ Hebrews 4:16

Mag jou dag SUPER geseend wees!

Blessings vir jou!


Anel*