Sunday, 1 December 2013

“You have not lived until you have done something for someone who can never repay you…” ~ John Bunyan

Haloes! J

“You have not lived until you have done something for someone who can never repay you…” ~ John Bunyan

Luke 6:38


"Give, and it will be given to you; good measure, pressed down, shaken together, running over, they will pour into your lap. For by your standard of measure it will be measured to you in return."

Luke 6:28-29

“But I say to you that hear, Love your enemies, do good to those who hate you, bless those who curse you, pray for those who abuse you…”

“The best antidote I know for worry is work. The best cure for weariness is the challenge of helping someone who is even more tired. One of the great ironies of life is this: He or she who serves almost always benefits more than he or she who is served.”  Gordon B. Hinckley

“Even the smallest act of caring for another person is like a drop of water -it will make ripples throughout the entire pond...” ― Jessy and Bryan Matteo

Kan julle glo dat ons in Desember is?!  Hierdie jaar het ongelooflik vinnig gegaan...  Desember en Kerstyd is een van my gunsteling tye van die jaar...  Pragtige liggies, kerskoekies, vakansie, familie, geskenke en liefde...  en die belangrikste van alles - dis die maand waar ons opnuut herinner word dat God Sy Enigste Seun aan ons gegee het, sodat ons nie eendag verlore hoef te gaan nie, maar dat ons die Ewige Lewe kan he...  Dis ook 'n tyd van die jaar wat mens gewoonlik meer attent is op ons blessings en bewus is van mense wat minder as ons het...  'n Vriend van my in Amsterdam "sponsor" 'n kind vir 29Euro per maand...  Die kind is in die Fillipyne en die maandelikse bydrae word vir die kind se welstand gebruik.  Baie van die kinders in die inisiatief van Hillsong Kerk is weeskinders, of kinders in baie minderbevoorregte huise...  My hart was stukkend toe ek nou die aand op Facebook my vriend se "status update" sien, dit gaan so - "Today I got 2 letters from compassion (organisasie wat die administrasie van die projek beheer...) The first letter Jimmel writes to me and he talks about his grandparents and how he loves the pictures I send him... The second letter is from compassion confirming that Jimmel was indeed living directly in the affected area and NO contact could be established with him and his family at this time ... 3 years ago I just knew I wanted to sponsor a little boy from The Philippines... There was an unknown reason behind it....: This could very well be the reason why..!"

Ons weet nie wat vandag, more of volgende jaar inhou nie... Maar ons weet WIE dit in Sy hande hou...  Daar is so baie dinge wat ons se ons sal doen "eendag - wanneer my skippie inkom"... Dis NOU die tyd om 'n verskil te maak...  Om iets te doen vir iemand wat dalk NOOIT vir jou iets in ruil sal kan doen nie...  Die mense wat oor jou pad kom is maar nie net toevallig nie - God stuur elke mens met 'n spesifieke doel oor jou pad... Ek weet dat met die armoede in ons land, is dit nie moontlik om almal kan help nie - maar ons kan ALMAL liefhe en aanvaar...  God weet wat Hy vir jou lewe beplan - KIES om elke dag SO te leef dat die wereld 'n armer plek sal wees sonder jou in dit...  Mense sal dalk nie altyd onthou wat jy vir hulle gedoen het nie - maar hulle sal ALTYD onthou hoe jy hulle laat voel het! "Be kinder than necessary cause everyone you meet is fighting some kind of battle...” ~ JM Barrie  God is met jou in hierdie nuwe week! As jy dalk voel of jou krag te min is vir die week wat voorle - kyk net op... God sal jou kom vul met nuwe krag en hy sal sorg dat jy genoeg petrol in jou tenk het om alles te doen wat hierdie week van jou verwag!!  Jesus het jou BAIE lief!

blessings!


anel**

Thursday, 28 November 2013

“The Lord, who turned water into wine, can also turn the mess you are in, into a message…” ~ Peter de Villiers


haloes! :)

“The Lord, who turned water into wine, can also turn the mess you are in, into a message…” ~ Peter de Villiers

Jeremia 1:5

“Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken… Voordat jy gebore is, het Ek jou aan my gewy en jou as profeet van die nasies aangestel…”

Matteus 14:30-31

“Maar toe Petrus sien hoe sterk die wind was, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: Here, red my! Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

What great thing would you attempt if you knew you could not fail? ~Robert H. Schuller

“Elke oggend bestee ek 15 minute daaraan om my gedagtes op God te fokus… Dan is daar nie plek vir kommer nie…” ~ Howard Chandler Christy

Ek het die naweek ‘n forward email met die volgende aanhaling gekry: “Faith can move mountains… Doubt can create them…” Hierdie gelykenis waar Jesus die water in wyn verander het, is ‘n ongelooflike verhaal… Ek dink die bruidspaar moes seker lekker op hul senuwees gewees het toe die wyn opgeraak het by die troue! Wat doen mens?! Die gaste verwag ‘n partytjie, lekker kos en drinkgoed, en hier, aan die begin van die aand is die wyn op! Jesus het daardie aand gedoen wat vir ons as mens onmoontlik is…

As ek net dink hoe dit normaalweg gaan – en ook uit wat ek uit ander mense se vertellinge kan aflei – wanneer dinge nie gaan soos wat ons beplan nie, of soos ons hoop nie, raak ons baie keer paniekerig… Ons begin bekommerd raak omdat ons nie weet wat om te doen nie of omdat ons nie ‘n uitweg kan sien nie… Daardie bekommernis kan SO groot raak, dat dit ‘n sneeubal effek het! Jy kan worry, en worry, tot jy geen energie meer het nie! En al wat die worry gaan doen, is om jou moeg te maak… Maar wanneer jy “let go” van die probleem, en BID, laat jy dit aan God oor… En wanneer jy dit aan God oorlaat, is die onmoontlike moontlik!! Lukas 1:37 sê – Niks is vir God onmoontlik nie… Ons dien ‘n God wat siekes genees het (en daagliks nog genees!), ons dien ‘n God wat water in wyn verander het, ‘n God wat ‘n menigte kos gegee het met 2 vissies en 3 broodjies… Pieter de Villiers se aanhaling hierbo is vir jou en my geskryf vandag… God can turn your mess, into a message… Die keuse is ons s’n… Of ons gaan aanhou om ons te bekommer oor dit wat ons nie kan doen nie, en of ons net vir God gaan toelaat om deur ons situasie, ‘n boodskap van hoop te bring… Jy is nie maar toevallig daar waar jy jouself bevind vandag nie… Al lyk dinge HOE sleg, God wil jou gebruik om ‘n boodskap van HOOP vir die mense rondom jou te wees… Hy sal sorg vir die oplossing!! Bly jy net vertrou, en bly in gebed… Hy sal jou nie in die steek laat nie…

Blessings!

Anel**

“No one is perfect… That is why pencils have erasers…” ~ Unknown


Haloes! :)

“No one is perfect… That is why pencils have erasers…” ~ Unknown

Isaiah 12:2

Behold, GOD is my salvation; I will trust and not be afraid: for the LORD JEHOVAH is my strength and my song; He also is become my salvation.

Psalm 28:6, 7 (NIV)

Praise be to the Lord, for he has heard my cry for mercy. The Lord is my strength and my shield; my heart trusts in him, and I am helped. My heart leaps for joy and I will give thanks to him in song.

“No one is perfect, until you fall in love with them…” ~ Unknown

“You are special, God loves you…” ~ Unknown quotes

Hoe besluit jy watter vrugte om te koop as jy na die supermark gaan? Koop jy die met die kneusplekke, of kies jy die wat vir jou die mooiste lyk? Rooi, blink appels met geen merkies op nie, of piesangs sonder enige kneusplekke? Ekt die naweek vrugte gekoop en besef – as God ons moet uitkies soos ons vrugte uitkies, sou nie een van ons die “cut” gemaak het nie… As jy byvoorbeeld ‘n sakkie piesangs koop, en ‘n sak waspoeier bo-op dit in die sak pak, sal dit nie lank wees of die piesang sal gekneus en bruin wees van die druk wat daarop uitgeoefen is… Ons word ook van alle lewenskrag getap wanneer ons deur moeilike tye gaan, of tye waar ons met soveel bekommernis gevul is, dat dit jou lewe totentaal oorheers… Ons lewens word gekneus deur die probleme wat oor ons pad kom – mense wat jou teleurstel en seermaak, dinge wat nie uitwerk soos wat jy gehoop het nie, foute wat jy voorheen gemaak het wat jou haunt!

Gekneusde piesangs hoef egter nie weggegooi te word nie! Hulle kan gebruik word om piesangbrood te bak!! Vir 'n lekker piesangbrood het jy ‘n bietjie oorrype / gekneusde piesangs nodig, want die smaak van die broodjie sal net nie dieselfde wees as jy bestandele gebruik wat perfek is nie. Wat ek dus vanoggend vir jou wil sê – maak nie saak HOE onbruikbaar jy dalk dink jou lewe is nie, God kan jou situasie of omstandighede gebruik, om iets ONGELOOFLIKS van dit te maak… Jy moet net jou lewe in SY hande gee, dat HY die bak- en brouwerk kan doen! Wanneer ons so verskriklik “worry” oor tientalle klein dingetjies, probeer ons DIE LEWE op ons eie krag aanpak!! En ons hoef nie ‘n oomblik alleen te worstel met moeilike dinge nie… Ons Beste Vriend, ons Hemelse Pappa, op wie ons 24/7 kan staatmaak, is met ons… EN HY het JOU gekies… Ons Pastoor het gister gesê – Jesus does not love you, because you chose Him – He loves you because He chose you! And He loves you, like the Father loved His Son Jesus… Dis oneindig groot, en ek dink nie ons besef aldag HOE GROOT God se liefde vir ons is nie!! So! Hierdie dinge wat soos ‘n berg voor jou lê – sit dit in jou Pappa se hand! BID, en plaas jou geloof in God! Hy sal jou nie teleurstel nie – en Hy kan ENIGE IETS in ‘n wonderwerk omskep…

Vir die van julle wat erg moeg is – Matthew 11:28: “"Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest…”

Blessings!

Anelli**

Tuesday, 26 November 2013

gebedsversoeke...

Haloe julle awesome mensies!

Hier is vanoggend weer 'n aantal gebedsversoeke.  Bid asseblief saam dat ons Hemelse Pappa sal deure oopmaak wat geen mens kan toemaak nie...  Dat HY genesing sal bring, en dat ons Hom sal kan verheerlik wanneer die wonderwerke kom!

Anonieme gebedsversoek:  Ek lei al vir jare aan "hypochondria" - vrees vir siektes. Ek raak vreeslik bang as ek enige snaakse simptoom het en dink altyd dis n erg siekte. As gevolg hiervan is ek baie angstig en dit is besig om my lewe oor te neem. Ek is heeltyd bang en elke tweede dag is dit iets anders. Dit meng in in my huwelik en my werk en ook my algemene geestelike welstand. Sal julle asb bid dat die Here vir my rustigheid en vrede gee en hierdie vrees uit my lewe neem. Baie dankie.

Anonieme gebedsversoek:  Ek is tans ‘n boekhouer by ‘n ouditeurs firma maar is opsoek na ‘n ander werk. Iemand in ons kantoor maak vir my die lewe baie onaangenaam en soos jy vandag genoem het ek sit op die kant en deel nie in die lewe nie.

Anonieme gebedsversoek:  Ek het so paar weke terug ‘n pyn gevoel in my sy regs bo by my ribbekas. As ek daarop druk, het dit gevoel ek gaan uit-”pass” en ek het naar en duiselig gevoel. Dit het weer verdwyn en ek het eers gedink dit is niks.
Vrydag was die pyn terug en nadat ek amper by die werk uitge-”pass” het, het ek besluit om maar dokter toe te gaan. Ek was vanoggend vir ‘n sonar om te kyk of dit dalk te doen het met my galblaas, maar volgens die radioloog lyk dit heel goed. Dit beteken egter dat ons verder gaan moet soek na wat die pyn veroorsaak. Ek wag nog vir my dokter om die uitslae met my te bespreek en vir my te sê wat die volgende stap is.
Ek wil asb vra dat julle vir my sal bid dat dit nie iets ernstig is nie, maar ook teen die duiwel se aanvalle, want ‘n mens is geneig om spoke opjaag en dink die ergste soos maagkanker. Ek voel so bang en magteloos.
Verder het ek baie druk by die werk, want daar is so baie dinge wat moet klaar voor almal op verlof kan gaan en alhoewel ek ‘n baie goeie hospitaalplan het, is hierdie kostes van die toetse vooraf vir my eie sak. Dit alles lei tot ekstra stres en maak my baie emosioneel op die oomblik.
Baie dankie!!!!!
 
blessings vir julle! :)
 
anel*

 

“I would rather live a life of “oh wells” than a life of “what ifs…” ~ likequote.com

Haloes! J

“I would rather live a life of “oh wells” than a life of “what ifs…” ~ likequote.com

Jeremiah 17: 7,8

“But blessed is the man who trusts in the Lord, whose confidence is in him.  He will be like a tree planted by the water and sends out its roots by the stream.  It does not fear when heat comes; its leaves are always green.  It has no worries in a year of drought and never fails to bear fruit.”

Matthew 11: 28-30 

“Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest.  Take my yoke upon you and learn from me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls.  For my yoke is easy and my burden is light.”

“To live is the rarest thing in the world. Most people exist, that is all.” ― Oscar Wilde

“If you are tired of starting over, stop giving up…” ~ Unknown

Om met vakansie te kan gaan, of ’n reis te onderneem is altyd lekker! Die afwagting en uitsien is baie keer een vandie lekkerste dele, want jy kan beplan, en drome droom van hoe lekker dit gaan wees… Ek onthou een Kerk wat ek al besoek het gedurende my tydjie in Europa– almal het vir my aangeraai dat dit een van die “must do” goed, is om die Kerk toring uit te klim, want die uitsig wat jy van bo-af oor die dorp sou hê, was glo ongelooflik! Ek het dietoring gesien, en gedink – nie te erg nie… Tot ek daardie trappe begin klim het… Klein trappies – hele 350 OP en 350 af, sou ek later uitvindJ, in baie nou gangetjies (waarvan ek niks hou nie), en mense wat van beide kante af beweeg (op en af – so die spasie is nog nouer)… Maar, as jy in is, is jy in, en dan kan is daar nie plek vir omdraai nie… Ek het die trappies geklim, en die belonging was SOVEEL groter as die klim van die trappe! Die uitsig oor die dorpie, is iets wat ervaar moes word, en deurdat ek deurgedruk het, kon ek daardie beloning ERVAAR!

Baie keer in ons lewens, begin ons met ’n uitdaging sonder dat ons werklik weet wat op ons wag… Ek dink baie keer as mens in werklikheid geweet het wat ELKE dag op jou wag, sou jy dalk nie wou opstaan uit die bed nie… En wanneer mens binne in die uitdaging sit –is die enigste manier om uit dit te kom, om deur deur te druk… Solank jy net elke dag kyk na die hekkie wat voor jou in die pad is, en nie na die 100e na daardie een nie en rus in die wete dat God vir jou sal toerus om die uitdaging baas te raak – sal daar geen beperking wees op wat jy deur God se krag sal kan doen nie… Om ’n probleem op te los, moet jy die feite in die oë kyk, vir God onvoorwaardelik vertrou, bid en dit net hekkie vir hekkie vat… Partykeer is die oplossing heel eenvoudig, maar ons is so oorwerk, oorspanne, en bekommerd dat ons nie die antwoord sien waarna ons so soek nie… Jesus belowe in Sy Woord, dat Hy ons met nuwe krag sal kom vul – veral jy wat so moeg is van sukkel, moeg is om te probeer en net in die proses die hekkies bly omstamp… Isaiah 40:31: but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.

Blessings!

Anelli**