Friday, 8 March 2013

“Never be afraid to trust an unknown future to a known God.” ― Corrie ten Boom


haloes! J

“Never be afraid to trust an unknown future to a known God.” ― Corrie ten Boom

James 1:12

"Blessed is the man who perseveres under trial, because when he has stood the test, he will receive the crown of life that God has promised to those who love Him..."

Psalm 69:33

"Die verdruktes sal my lied hoor en bly wees, die wat by God hulp soek, sal moed skep..."

"Die 25 jaar se wag was nodig om Sara en Abraham te laat verstaan dat God se trou nie verwar mag word met menslike deursettingsvermoë of volharding nie,  Daarom moes Abraham en Sara so lank wag - tot hulle moed opgegee het, totdat dit menslik gesproke te laat was.  Toe gebeur die wonder.  Daaruit moet ons almal leer dat God se trou 'n realiteit buite onsself is.  Dis 'n wesenskenmerk van God; dis die radikale krag waarmee Hy telkens weer ons barre, uitsiglose wêreld oopbreek en aan ons bestaan nuwe hoop kom gee..."  ¬ Uit: Woord teen die lig

“Love cannot live where there is no trust.” ― Edith Hamilton, Mythology

Abraham en Sara is vir ons 'n UITSTEKENDE voorbeeld van VERTROU op God...  Ek dink dat as ek of jy Sara moes wees, sou ons ook baie maklik moed opgegee het om kinders te kon hê…  Want ons sou na die harde feite gekyk het…  Ons sou geweet het van die komplikasies wat kan ontstaan om kinders te hê as jy te oud is…  Nie net fisies nie, maar ook emosionele beperkinge – want sal jy genoeg energie hê om kind groot te maak?  Toe ek hieroor gedink het, het ek besef – ons sien onmiddellik die “probleme” raak…  Ons claim dat ons “realisties” kyk na situasies, maar eintlik kyk ons met MENSLIKE oë na situasies…   Eerder om op God te vertrou, en met oë van hoop, oë van moontlikheid, oë van wonderwerke na situasies te kyk…  Want elke onmoontlike situasie, is ‘n geleentheid om God se wonderke te sien en te beleef!  Abraham en Sara is vir ons ‘n getuienis van HOOP op God, wanneer die situasie eintlik menslik gesproke, heeltemal hopeloos was :)  God is 'n MEESTER om HOOP te kom gee, daar waar daar geen hoop meer is nie...  Our God, WORKS in mysterious ways :)  Net wanneer dit dalk vir jou mag lyk soos ‘n doodloop, sal God jou op die skouer klop en fluister – kyk regs, en uit die niet mag daar dinge in plek val sodat jy met jou reis kan voortgaan – op gelyke grond…  Daar waar daar dalk net “veld” in jou vooruitsig was, kan God vir jou ‘n pad maak…  Een wat besaai is met blomme van seën…  Maak nie saak WAT jy vandag moet face nie, God wil vir jou vandag nuwe hoop kom gee...  VERTROU dat God uitkoms sal bring...  Antwoorde op al jou vrae of bekommernisse…  Al is dit menslik gesproke ONMOONTLIK – as God vir Abraham en sy vrou op hulle ou dag kon kinders gee, is daar werklik geen beperking op wat Hy vir jou kan doen nie...  Dis juis wanneer die dinge op hul onmoontlikste lyk, waar God op Sy beste is.  Gee jou Pa die geleentheid om jou te help en vir jou te sorg...  Vertrou op jou Rots.  Al gee die wêreld rondom jou pad - God sal jou voete STEWIG laat staan...

Geniet jou Vrydag J

blessings!

anelli**

Wednesday, 6 March 2013

“Believe that life is worth living and your belief will help create the fact…” ~ William James

Haloes! J

“Believe that life is worth living and your belief will help create the fact…” ~ William James
Matteus 8:5-13

“Toe Hy in Kapernaum aankom, kom pleit daar ‘n Romeinse offisier by Hom…  “Here, my slaaf lê verlam  by my huis en hy verduur verskriklike pyn…  Jesus sê vir hom: “Ek sal hom kom gesond maak…”  Maar die offisier antwoord Hom: “Here, ek is nie goed genoeg dat U onder my dak inkom nie…  Sê maar net die nodige woord, en my slaaf sal gesond word…  Ek staan self onder die gesag van senior offisiere, en ek het weer soldate wat onder my gesag staan…  Ek sê vir hierdie een: ‘Gaan’, en hy gaan en vir die ander een kom , en hy kom….  En vir my slaaf sê ek doen dit, en hy maak so…  Toe Jesus dit hoor was Hy baie verbaas…  Hy sê toe vir die skare wat besig was om Hom te volg: “Ek verseker julle, so ’n sterk geloof het ek nog nooit in Israel teëgekom nie…  Glo my, daar sal baie mense van oor die hele wêreld kom, en saam met Abraham, Isak en Jakob die feesmaaltyd in God se koninkryk geniet…  Maar die Israeliete, die mense wat daardie koninkryk eintlik moes beërwe het, sal uitgegooi word in die donkerte daarbuite…  Hulle sal bitterlik huil en selfverwyt op hulle tande kners…  Daarop sê Jesus toe vir die Romeinse Offisier: ‘Gaan huis toe…  Soos jy geglo het, so sal dit vir jou gebeur…  En op daardie presiese oomblik het die slaaf gesond geword…”

“I believe in Christianity as I believe that the sun has risen; not only because I see it, but because by it I see everything else…” ~ C.S Lewis


“Despite everything, I believe that people are really good at heart…” ~Anne Frank

 “Seeing is believing…”  In die tye waarin ons leef, is dit somtyds moelik om mense “se woord” vir dinge te neem…  Om te glo, sonder om bewyse te hê - dat dinge WERKLIK is soos wat dit voorkom…  WANT, soos baie van julle dalk al op die harde manier geleer het, lieg en bedrieg mense om te kry wat hulle wil hê…  ’n Ander ou se welsyn is nie altyd hoog op die prioriteitslys, indien die ander persoon se EIE welsyn saakmaak nie…  Ek is iemand wat mense baie maklik vertrou – omdat ek glo in die GOEDHEID van die mens… Mens maak partykeer baie keer met die HARDE realiteit kennis, wanneer jy in die goedheid van die mens geglo het…  Daarmee sê ek NIE – wantrou almal nie!  Ek sê net – moenie jou vertroue in mense stel nie…  Want ongelukkig is ons net gewone mense, wat almal daagliks foute maak…  En mekaar, en ook dikwels onsself teleurstel…

Hierdie wonderwerk is vir my ’n absolute GOUE ene…  Die slaaf se eienaar het geweet waar sy Krag lê…  Hy het geweet dat AL wat God van hom verwag, was om te vertrou op Hom…  Hy het nie vertrou in die mense, en hulle kennis nie – maar in God, die Een wat siekte kan genees, en wat GEEN beperkings het nie!   Iets wat ons baie keer vergeet is dat Jesus vir ons aan die Kruis gesterf het, MAAR dat Hy op die 3e dag weer OPGESTAAN het en LEEF!  ’n God wat DIT kon doen, is magtig om ENIGE iets te kan doen!  Ek weet dit voel baie keer asof ons net nie ’n tree verder kan gee as gevolg van ons beperkte krag en moegheid, of nog ’n enkele gebed “teen die dak moet vasbid” nie…  God sien jou raak, en Hy HOOR ELKE gebed!  Selfs al voel dit nie vir jou so nie!  En God werk VOLTYDS aan jou lewe – jy is nie net ‘n “projek” wat van tyd tot tyd aandag kry nie…  Jy is konstante “work-in-progress”…  Twyfel jy dat die son môre sal opkom, of dat die son sal sak aan die einde van die dag?  Natuurlik nie!  Ons WEET, dat God  dag en nag gemaak het – en dat dit daagliks sal gebeur…  NET SO, kan ons GLO dat God ENIGE iets kan doen!!  Al wat van ons verwag word – soos in die wonderwerk hierbo – is om te GLO…
Blessings!
anelli**

Tuesday, 5 March 2013

“He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche


haloes! :)
 “He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche
Genesis 45:5-8; 50:18-20
And now, do not be distressed and do not be angry with yourselves for selling me here, because it was to save lives that God sent me ahead of you.  For two years now there has been famine in the land, and for the next five years there will be no plowing and reaping.  But God sent me ahead of you to preserve for you a remnant on earth and to save your lives by a great deliverance.  “So then, it was not you who sent me here, but God. He made me father to Pharaoh, lord of his entire household and ruler of all Egypt.  His brothers then came and threw themselves down before him. “We are your slaves,” they said.  But Joseph said to them, “Don’t be afraid. Am I in the place of God?  You intended to harm me, but God intended it for good to accomplish what is now being done, the saving of many lives…”
“It doesn't matter what you did or where you were...it matters where you are and what you're doing. Get out there! Sing the song in your heart and NEVER let anyone shut you up!!” ― Steve Maraboli, Life, the Truth, and Being Free
"God sal nooit toelaat dat jy enige moeilikheid ondervind as Hy nie 'n spesifieke doel daarmee het en jy groot seën uit die beproewing ontvang nie..." ~ Peter Marshall
Dis nie altyd maklik om 'n groter doel te sien in dinge wat gebeur in mens se lewens nie... Ek is seker daarvan dat meeste van julle al baie ervaar het dat slegte dinge met goeie mense gebeur... Vir Josef was dit geen uitsondering nie... Hy is deur sy broers in 'n put gegooi en verkoop, omdat hulle jaloers was oor hul pa se liefde vir hom... As 'n jong man, dink ek nie het Josef dadelik gedink daaraan dat hier 'n groter plan is met hierdie nie...  Ek dink hy moes totaal en al verwerp gevoel het, moontlik kwaad en verseker bitter eensaam! Ek dink as dit een van ons moes wees, sou ons teleurgesteld en kwaad gewees het vir ons familie-lede, en defnitief alleen en uitgeworpe gevoel het...
Josef kon egter totaal en al moed opgegee het die dag wat hy verkoop is, en maar die lewe sy gang laat gaan het...  Hy kon daardie dag besluit het – “what is the use??” of “daar is in elkgeval geen punt nie!  Ek is op my eie, verkoop as ’n SLAAF, die lewe kan verseker nie erger raak nie…   Maar - hy het op God bly vertrou... En Hy het gewag totdat God Sy beloftes vervul het in Sy lewe... Hy het sy broers vergewe - alhoewel hulle hom ongelooflik seergemaak het daardie dag toe hulle hom verkoop het... God het egter die hele negatiewe situasie gebruik om vir die hele nasie tot seën te wees... As Josef nie verkoop was nie, sou die hele nasie omgekom het van hongersnood!?  Al voel jy miskien op hierdie oomblik - hier is GEEN manier dat daar 'n doel kan wees met wat op hierdie oomblik met my gebeur nie! Ek het ’n muur getref, en daar is geen manier deur die situasie nie…  Ek wil vandag vir jou sê  - daar IS.  ALLES wat God toelaat in mens se lewens, of oor jou pad bring, het VERSEKER 'n groter doel... Partykeer is dit net 'n baie lang tyd wat ons moet wag om daardie doel te kan sien... Josef kan vir ons vandag nog 'n voorbeeld wees in alles wat ons aanpak... Wanneer jy weer moedeloos word oor dinge wat verkeerd gaan, of net nie die punt kan sien in alles wat met jou gebeur nie - rig net jou oë na bo en bid dat God aan jou die geduld sal gee om te wag by Sy beloftes... En te GLO dat daardie groter doel wat God vir jou lewe het, uiteindelik tot GROOT seën in jou lewe sal lei... Vertrou God, en wag op Hom...  Hy het nog nooit teleurgestel nie J
blessings!
Anelli** 

Monday, 4 March 2013

“Tough times are like physical exercise… You may not like it while you are busy with it, but tomorrow you will be stronger because of it…” ~ thoughtandbody.tumblr


Haloes! J

“Tough times are like physical exercise…  You may not like it while you are busy with it, but tomorrow you will be stronger because of it…” ~ thoughtandbody.tumblr

Exodus 3:7-12; 4:10

The Lord said:

I have seen how my people are suffering as slaves in Egypt, and I have heard them beg for my help because of the way they are being mistreated. I feel sorry for them, and I have come down to rescue them from the Egyptians.  I will bring my people out of Egypt into a country where there is good land, rich with milk and honey. I will give them the land where the Canaanites, Hittites, Amorites, Perizzites, Hivites, and Jebusites now live. My people have begged for my help, and I have seen how cruel the Egyptians are to them. Now go to the king! I am sending you to lead my people out of his country.  But Moses said, “Who am I to go to the king and lead your people out of Egypt?”  God replied, “I will be with you. And you will know that I am the one who sent you, when you worship me on this mountain after you have led my people out of Egypt.”

 Exodus 4:10
“Moses said to the LORD, "O Lord, I have never been eloquent, neither in the past nor since you have spoken to your servant. I am slow of speech and tongue."

“Kind words can be short and easy to speak, but their echoes are truly endless.” ― Mother Teresa

“In prayer it is better to have a heart without words than words without a heart. ” ― John Bunyan

Miskien is jy iemand wat goed is met woorde…  Wat weet wat om te sê, op watter tyd, en ook te weet wanneer “stilbly” ’n antwoord is…  Of miskien is dit vir jou moeilik om ’n groep mense toe te spreek en is dit dalk vir jou makliker om eerder te kommunikeer deur te skryf as om te praat…   Moses is hier vir ons die absolute toonbeeld van die gesegde – “God doesn’t call the equiped, He equips the called…” ~ unkown.  Hy het Moses geroep om die een ding te doen waarmee Moses ongelooflik baie gesukkel het…  Hy moes woorde gebruik, om te veg vir God se volk…  God het hom gekies om die Israeliete van slawerny te bevry…  God gebruik dit wat Moses as ‘n “weakness” sien om deur hom absolute GROOT wonderwerke te doen!   Moses is hier vir ons ’n inspirasie, aangesien hy het eerder op God gefokus as op sy swakheid…  En God se wonderwerke het deur sy lewe gepraat wat uiteindelik vir die Israeliete vryheid beteken het…

Miskien is daar dinge in jou lewe wat jy as groot swakhede sien, en wat as’t ware teen jou werk om jou doelwitte te bereik…  Laat Moses se lewe jou inspireer om te weet dat hy iemand was, wat se grootste swakheid, tot sy grootste deurbraak gelei het…  Sorg dat jy nie in jou swakheid se limiete vaskyk nie, maar in God se grootheid…  Mens se swakhede is deel van wie jy is, en ons moenie dit as negatiewe dinge sien nie…  As God vir Moses sy swakheid as ’n sterkpunt kon gebruik het – hoekom sal Hy dit nie vir jou en my ook doen nie?  God sal jou swakheid laat inpas by die plan wat Hy vir jou het, en deur Sy groot genade en wonderwerke, sal Hy sigbaar kan word deur hoe jy jou lewe leef!  Miskien sukkel jy om die regte woorde te kry om sin te maak vir dinge wat tans aangaan in jou lewe…  Om situasies te hanteer, of om keuses te maak…  WEET vandag, God is groter!  As Hy jou geroep het om iets aan te pak, sal Hy jou van die krag, woorde, insig en deursettingsvermoë voorsien om dit met oorgawe te doen, sodat Hy op die ou end daardeur geëer kan word…  Laat jou liggie skyn vir Jesus deur die groot goed aan Hom oor te laat…  Sorg dat jy jou beste gee in dit wat jy aanpak, en om “die res” aan God oor te laat…  Hy sal jou swakheid as geleentheid gebruik tot eer en verheeliking van Sy Koningkryk…

Blessings!

Anelli**

Sunday, 3 March 2013

“Obstacles are challenges for winners and excuses for losers” ― M.E Kerr


Haloes! J

“Obstacles are challenges for winners and excuses for losers” ― M.E Kerr

Exodus 2:1-10

“Now a man of the tribe of Levi married a Levite woman,  and she became pregnant and gave birth to a son. When she saw that he was a fine child, she hid him for three months.  But when she could hide him no longer, she got a papyrus basket[a] for him and coated it with tar and pitch. Then she placed the child in it and put it among the reeds along the bank of the Nile.  His sister stood at a distance to see what would happen to him.  Then Pharaoh’s daughter went down to the Nile to bathe, and her attendants were walking along the riverbank. She saw the basket among the reeds and sent her female slave to get it.  She opened it and saw the baby. He was crying, and she felt sorry for him. “This is one of the Hebrew babies,” she said.   Then his sister asked Pharaoh’s daughter, “Shall I go and get one of the Hebrew women to nurse the baby for you?”  “Yes, go,” she answered. So the girl went and got the baby’s mother.  Pharaoh’s daughter said to her, “Take this baby and nurse him for me, and I will pay you.” So the woman took the baby and nursed him. When the child grew older, she took him to Pharaoh’s daughter and he became her son. She named him Moses, saying, “I drew him out of the water.”

“More powerful than the will to win is the courage to begin.” ― Orrin Woodward

“Leaders live by choice, not by accident.” ― Mark Gorman

Die Bybel is vol persone wat God gebruik het om onmenslike groot impak in ander se lewens te hê…  Maar, met elkeen van diegene wat impak gemaak het, kan ons duidelik sien dat hulle storie nie kinderspeletjies was nie…  Dit was maar “shaky” en baie stormwaters wat hulle moes deurmaak, om uiteindelik God se heerlikheid te kon bewys, en om getuienis en ligdraers in die wêreld te wees…  Dit is my onderwerp vir die volgende week of drie…  Mense in die Bybel wat vandag steeds vir ons ‘n inspirasie kan wees…

Wanneer ons realisties kyk na die storie van Moses, het hy eintlik nie ‘n kans gehad nie – nog voordat hy gebore is!  Die Farao het elke baba seuntjie laat doodmaak, nog voordat hulle behoorlik die lig gesien het…  God het egter groter planne vir Moses gehad as wat enige iemand op daardie stadium besef het!  God openbaar aan Moses se ma, HOE sy haar seun kon red…  En terselfdetyd gee hy die Farao se dogter ‘n sagte hart, en laat haar, haarself ontferm oor Moses…  So van geen kans, tot die beste kans in ‘n kwessie van 0 tot 3 maande!  M.E. Kerr se aanhaling is vir my ‘n HUGE waarheid…  Baie keer is ‘n uitdaging vir ons ‘n verskoning om op te hou probeer…  As Moses se ma net opgegee en oorgegee het aan Farao – wie sou die Israeliete uit Egipte gelei het?  God het aan Moses se ma die WIL gegee om te veg vir wat reg is!  Om nie vas te kyk in die uitdagings wat sy in die gesig gestaar het nie, maar om op te kyk in die Helpende Hand wat God na haar uitgesteek het…  Hy was getrou – soos altyd, en het gesorg vir ‘n wonderwerk – omdat sy Hom daarvoor vertrou het…  Hoe lyk jou situasie vanoggend?  Is jou hand in God s’n, of is die wêreld besig om jou te wen met uitdagings wat soos berge voor jou lê?  Bly die deurbrake jou ontwyk?  Hou jy aan met bid, maar dit voel asof jy in ‘n muur vasbid?  Is slegte dinge aan die orde van die dag?  Siekte, onsekerheid in jou werksomstandighede, verhoudings, moeilike uitdagings by die skool?  Laat Moses se ma vandag vir ons ‘n inspirasie wees…  Al sê die wêreld “dis ‘n onoorwinbare saak” – weet ons dat ons ‘n God dien wat spesialiseer in onmoontlike, onoorwinbare en menslik gesproke ondenkbare situasies…  Hy het ‘n baba laat oorleef, in ‘n biesiemandjie terwyl die Farao besig was om baba’s uit te wis…  Hy het Moses se situasie as boublok gebruik vir dit wat vir hom voorgelê het…  Daar waar jy jouself vandag bevind, is ‘n boublok in die proses om jou te kry waar God jou wil en GAAN gebruik…  Moenie dat uitdagings vir jou ‘n verskoning raak om nie te probeer nie – laat dit jou inspireer om daarvoor te gaan met ALLES wat in jou is!  God is aan jou Sy en sal jou dra, daar waar jy nie meer kan nie!

Blessings!

Anelli**