Thursday, 6 December 2012

“Our greatest weakness lies in giving up. The most certain way to succeed is always to try just one more time…” ~ Thomas A. Edison

HaloesJ

“Our greatest weakness lies in giving up. The most certain way to succeed is always to try just one more time…” ~ Thomas A. Edison

Joel 3:10

“Beat your plowshares into swords and your pruning hooks into spears. Let the weakling say, “I am strong!”

2 Corinthians 12:10

“That is why, for Christ’s sake, I delight in weaknesses, in insults, in hardships, in persecutions, in difficulties. For when I am weak, then I am strong…”

“Geen struikelblok is te groot vir God se krag nie… Vertrou dat Hy sal uitkoms stuur…” ~ Joyce Meyer

“Pessimism leads to weakness, optimism to power…” ~ William James

Hierdie tyd van die jaar raak dit moeilik om te volhard…  Die deadlines loop op, en elke deadline kry by die dag kleintjies, mens is moeg na ’n besige jaar, almal wil net graag vakansie hê, en wanneer struikelblokke dan jou pad kruis, is volharding en "weer probeer" nie altyd die eerste woorde wat in jou gemoed opkom nie…  Mens begin vaskyk in jou feilbaarheid as mens, en voel dan sommer mismoedig, wat daartoe lei dat ons nie positiewe gedagtes altyd kweek nie…  Ek dink toe Thomas Edison gewerk het aan die ontwerp van die elektriese gloeilamp, moes daar baie dae gewees het wat hy net wou handdoek ingooi…  Dink net – om iets so kompleks te moes ontwerp, en dan daardie ontwerp in aksie te sit?!  Dit moes ’n baie, baie groot uitdaging gewees het…

Iets wat ons egter hierdie week gesien het, en wat hierdie week baie sterk op my hart druk, is dat “if God brings you to it, He will get you through it…”  God is HEELTYD met ons…  Daarom SAL geen berg te steil wees om te klim nie…  Joyce Meyer se aanhaling hierbo is weereens vir my GROOT waarheid – God SAL vir jou uitkoms stuur!!!  Ons moet net aanhou glo, aanhou vertrou en AANHOU OM DIT TE SPREEK!  Selfs al maak die duiwel jou ander dinge wys – en glo my, hy gaan probeer!  Veral wanneer mens moeg is, is dit maklik om ons te “attack”…  Daarom – moet ons volhard in gebed; volhard in tyd saam met God spandeer, selfs al is die dae te kort vir alles wat gedoen moet word…  Jy kan tyd met God spandeer oppad werk toe; in jou kar Christelike musiek luister en bid; op die trein, terwyl jy by die ruit uitkyk met God praat – Hy is 24/7 tot ons beskikking…  Veral die dae wat jy nie tyd het vir asemhaal nie – is dit altyd vir my die lekkerste om deurentyd met God in gesprek te wees…   Deur net positief na jou situasie te kyk, en van ’n kant af te begin, sal dit jou alklaar met POSITIEWE energie gee, wat baie keer bydra daartoe dat jy baie meer gedoen kry…  Probeer dit vandag…  Dis Vrydag – so daar is klaar ’n positiewe vir jou…  God sal jou help om deur hierdie laaste weke van 2012 op ’n POSITIEWE wyse te kom…  Hy sal jou situasie en dinge in plek laat val – selfs al voel jy gevul met onsekerheid…  Vee daai duiwel sommer nou van jou skouer af, en luister na God se woord…  Wanneer jy swak voel, dan JUIS is jy sterk, omdat jy vir God aan jou sy het…

Blessings!

Anelli**

Wednesday, 5 December 2012

“Dissapointments are just God’s way of saying… I have got something better… Be patient… Live life… Have faith…” ~ Unkown


Haloes! J

“Dissapointments are just God’s way of saying…  I have got something better…  Be patient…  
Live life…  Have faith…”  ~ Unkown

Psalm 91

Whoever dwells in the shelter of the Most High will rest in the shadow of the Almighty. I will say of the Lord, “He is my refuge and my fortress,  my God, in whom I trust.”  Surely he will save you from the fowler’s snare and from the deadly pestilence.  He will cover you with his feathers, and under his wings you will find refuge;  his faithfulness will be your shield and rampart. You will not fear the terror of night, nor the arrow that flies by day, nor the pestilence that stalks in the darkness, nor the plague that destroys at midday.  A thousand may fall at your side, ten thousand at your right hand,   but it will not come near you. You will only observe with your eyes  and see the punishment of the wicked. If you say, “The Lord is my refuge,” and you make the Most High your dwelling, no harm will overtake you, no disaster will come near your tent. For he will command his angels concerning you to guard you in all your ways; they will lift you up in their hands, so that you will not strike your foot against a stone.  You will tread on the lion and the cobra; you will trample the great lion and the serpent. “Because he[b] loves me,” says the Lord, “I will rescue him; I will protect him, for he acknowledges my name. He will call on me, and I will answer him; I will be with him in trouble,
I will deliver him and honor him. With long life I will satisfy him and show him my salvation.”

“Dit is God se belofte…  Hy beloof nie dat ons heeltemal sonder probleme of swaarkry sal wees nie, maar Hy belowe om by ons te wees as ons daardeur moet gaan…  Ons hoef nie bang te wees nie, want God is by ons…” ~ Joyce Meyer

“Every problem has a solution, although it may not be the outcome that was originally hoped for or expected.” ― Alice Hoffman

Teleurstelling…  Dis iets wat NOOIT lekker is nie…  En ek is seker dat ELKEEN van ons dit al ervaar het…  Iets waaraan ek ALTYD vashou in tye van onsekerheid, moeilikheid of hartseer, is Psalm 91…  God het SOVEEL beloftes vir ons opgesluit in hierdie pragtige Psalm…  Dinge werk altyd uit op ‘n manier…  God laat dinge in plek val – sodra Sy tyd daarvoor reg is…  Joyce Meyer se aanhaling som dit PERFEK op!  God sal ons nooit alleen laat in tye van teleurstelling nie…  Hy staan langs ons om ons trane af te vee wanneer dinge anders uitwerk as wat ons gehoop het…  Hy is reg om jou in Sy arms te neem, en te omvou met Sy liefde…  Hy sal stukkende harte heel maak, lewens sonder enige doel sal Hy weer op koers kry…  Omdat Hy jou Hemelse Pa is, tot soveel meer in staat is as wat ons kan hoop of dink, en jou ONEINDIG baie liefhet!

NIKS is te groot vir God se krag nie…  Ek dink dis baie keer ons onvermoë om te vertrou, en aan te hou bid en glo wat maak dat dinge nie wil uitwerk nie…  Of dat ons nie resultate kan sien nie…  God is konstant besig om agter die skerms te werk…  Die Europese winters is vir my ‘n baie goeie voorbeeld!  Dit raak al 4uur, half 5 donker, en eers 8uur, half 9 lig in die oggende…  Daar is so ‘n klein stukkie dag, dat die nag SUPER lank voel soms…  Met ons lewens, in moeilike tye, of tye van teleurstelling voel dit dieselfde…  Die sleg voel altyd vrek lank en die goeie, baie kort…  Waarin ons, ons troos kan vind is dat Jesus met elke tree wat ons gee saam met ons stap…  Wanneer ons teleurstelling en hartseer ervaar, breek Sy Vaderhart, en ek glo Hy ervaar dit saam met ons…  Maar, deur teleurstelling, EQUIP Hy jou om sterker te word, en ten einde ten volle te kan LEEF, en die goeie te ervaar wanneer dit kom!  Dit sal soveel beter wees as dit wat jy oorspronklik wou hê dat dit die teleurstelling wat jy moes deurmaak, sal oorskadu…  Jesus het jou baie lief! Ek besef elke dag net weer opnuut dat die lewe kort is en dat ons elke oomblik wat aan ons geskenk word, voluit moet leef!  Moenie spyt wees oor dinge wat jy nie gedoen het nie - laat jou lewensleuse wees:  "NO REGRETS..."

Blessings!

Anelli**







Tuesday, 4 December 2012

“You make a life out of what you have, not what you're missing.” ― Kate Morton


Haloes! J

“You make a life out of what you have, not what you're missing.” ― Kate Morton

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him, who have been called according to his purpose…”

Psalm 42:11

Why, my soul, are you downcast?  Why so disturbed within me?  Put your hope in God, for I will yet praise him,  my Savior and my God…

“For the things we have to learn before we can do them, we learn by doing them.” ― Aristotle

“Satan gebruik dikwels onsekerheid om Christene te verwar en te verhoed dat hulle optree…”  ~ Joyce Meyer

Kinders moet vir ons ‘n daaglikse inspirasie wees…  Hulle word nie sommer ondergekry om nuwe dinge te leer nie…  Ek dink hulle sien die onbekende as ‘n uitdaging, eerder as iets wat hulle bang maak!  Dis regtig refreshing J  Dink byvoorbeeld aan fietsry – ‘n Kleintjie begin deur te leer met die klein wielietjies aan…  En wanneer hy of sy dan sonder die “training wheels” ry, en hulle val dalk af, is daar ‘n paar trane, bloukolle of nerf-af knieë, maar dit sal hulle nie weerhou daarvan om weer op die fiets te klim en weer te probeer nie…

Ons raak baie keer verboureerd wanneer onbekende dinge ons pad kruis…  Ons wil nie sukkel nie, en mens hou van die "comfortzone" waarin jy is…  Verandering, of nuwe dinge is nooit lekker nie, tot jy dit bemeester het of aangepas het by jou nuwe situasie…  Die geheim is om deur te druk deur die “nie lekker dele”…  Soos Aristotle sê – die dinge wat ons nie weet hoe om te doen nie, leer ons om te doen, deur dit te doen J  Enigste manier om ‘n probleem op te los, is om deur hom te werk, deur te druk en te alle tye te werk asof jy dit vir God doen, en nie vir mense nie…  Mens kry ook meer bevrediging uit jou werk as jy dit vir God doen, eerder as vir mense…  As jy jou hele lewe gaan spandeer om te fokus op dit wat jy nie het nie, eerder as om in dankbaarheid te leef vir dit wat jy wel het, gaan jy baie min innerlike geluk ervaar.  Moenie so bang wees vir nuwe dinge aanpak, of kanse vat dat jy op die ou end ophou leef nie… Soos Joyce Meyer se aanhaling ook se, moenie dat die duiwel jou so bang maak om 'n verandering te maak, of 'n besluit te neem, dat jy op die ou end niks doen nie... Solank Jesus saam met jou is, hoef jy NIKS te vrees nie…  God sal vir jou deure oopmaak wat NIEMAND sal kan toemaak nie, en Hy sal jou deurentyd SEËN soos hy vir Jabes geseen het…  Al wat Hy vra is dat jy Hom sal vertrou – Hy het jou beste belange op die hart J

Blessings!

Anelli**


Monday, 3 December 2012

“As believers in Jesus Christ, our work is to believe while God works on our behalf.” ~ Joyce Meyer


Haloes! J

“As believers in Jesus Christ, our work is to believe while God works on our behalf.” ~ Joyce Meyer

Mark 11:22-24

Have faith in God,” Jesus answered.  “Truly I tell you, if anyone says to this mountain, ‘Go, throw yourself into the sea,’ and does not doubt in their heart but believes that what they say will happen, it will be done for them. Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours.

Luke 7:27

“I will send my messenger ahead of you, who will prepare your way before you…”

“Wanneer twyfel probeer insluip, kan ons doen wat die psalmdigter gedoen het: Ons kan terugkyk en onthou dat God nog altyd by sy kinders was…  Almal van ons het al by tye gewonder of ons iets sou oorleef…  Maar ons het…”  ~ Joyce Meyer

Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.

Weet nie hoe baie van julle al situasies beleef het waar julle gewens het – ek wens net ek kan tyd FAST FORWARD nou, sodat ek oor ‘n jaar of wat kan terugkyk op hierdie situasie en daaroor kan lag J  Of miskien was jy gekonfronteer met besluite – ‘n vurk in die pad, en het jy REGTIG nie geweet meer watter kant toe nie…  Dit voel of jy bid, maar of daar net nie duidelikheid kom vir jou gebede nie…  Die FAST FORWARD situasies, is gewoonlik tye wanneer dinge verkeerd gaan of wanneer ons met moeilike situasies gekonfronteer word, en wanneer dinge net absoluut deurmekaar voel… 

Joyce Meyer se aanhaling is weer vir my VOL waarheid!  Die duiwel plant daagliks saadjies van twyfel – VERAL wanneer mens deur moeilike tye gaan…  Deur die twyfel te saai, laat Hy ons twyfel aan God – en tot WAT God alles in staat is!  MAAR, ons kan soos BAIE inspirasies in die Bybel, WEET dat God nog ALTYD by Sy kinders was!!  Al was daar VREK baie tye van moeilikheid, en al het ons gewonder of ons daardeur sou kom – die feit dat jy hierdie lees vandag is ‘n BEWYS dat jy deur AL die vorige moeilike tye is!!  En dat God jou die krag gegee het om deur dit te kom, en die lewe VOLUIT en VIERKANTIG in die oë te kan kyk!!!  Ons kan rus in die wete dat soos ‘n advokaat vir sy kliënt baklei, so baklei God ELKE dag vir ons…  Die belangrikste is om nie te gaan lê nie, maar om saam met God te veg…  God sal jou oorwinning laat kry – jy moet net sterk staan in jou geloof, en jou vertroue in Hom plaas!  Al hoe ons kan sterk staan wanneer die duiwel ons probeer aanval, is deur God se woord te bestudeer, en deur te bid!  Our God is greater, Our God is stronger, Lord you are higher than any other, Our God is Healer, awesome in power, our God...  Our God...  ~  Hillsong

God stap vandag voor jou, om die pad gelyk te maak, agter jou om jou op te help as jy mag val...  Langs jou, om 'n helpende hand te verleen, onder jou, om jou te dra indien jy nie verder kan nie...

Blessings!

Anelli**


Sunday, 2 December 2012

“Jesus is by ons, daarom hoef ons geen uitdaging te vrees nie… Sy krag is al wat ons nodig het…” ~ Joyce Meyer


Haloes! :)

“Jesus is by ons, daarom hoef ons geen uitdaging te vrees nie…  Sy krag is al wat ons nodig het…”  ~ Joyce Meyer

Psalm 31:25

“Daarom, wees sterk en vol moed, almal wat op die Here vertrou…”

Isaiah 41:10-13

So do not fear, for I am with you;  do not be dismayed, for I am your God.  I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand.  “All who rage against you will surely be ashamed and disgraced;  those who oppose you will be as nothing and perish.  Though you search or your enemies, you will not find them.  Those who wage war against you will be as nothing at all.  For I am the Lord your God who takes hold of your right hand and says to you, Do not fear; I will help you.

“Courage is not the absence of fear, but rather the judgement that something else is more important than fear.” ― Ambrose Redmoon

“Have courage for the great sorrows of life and patience for the small ones; and when you have laboriously accomplished your daily task, go to sleep in peace. God is awake...” ― Victor Hugo

Voor ‘n groot toets of eksamen het mens altyd bietjie vlinders in die maag…  Of daar is onsekerheid in jou gemoed van – ‘het ek genoeg gedoen??’ ‘Het ek op die regte dinge gefokus??’  ‘Ek wens ek het nog tyd gehad’, of ‘ek wens dis al verby!!’  Dis normaal om so te voel – want ons is NET MENS!!  Net soos ons toetse en eksamens moet aflê, kom ons net so dikwels te staan voor “lewenstoetse”…  Waar ons ook gekonfronteer word met moeilike situasies, besluite en omstandighede wat partykeer buite ons beheer is…  Die duiwel is baie goed daarin om saadjies van twyfel in mens se gemoed te kom plant van – “jy is nie goed genoeg nie…  of jy sal in elk geval nie dit regkry nie, so hoekom probeer jy dan nog?”  Hy kom steel ook ons JOY wanneer hy dit doen, want op die manier begin ons twyfel in ons vermoëns, maar ook in God…  In Fillipense 4:13 staan – “Jy is tot ALLES in staat deur HOM wat jou die krag gee…”

Al drie aanhalings vandag is vir my SO van toepassing op ons alledaagse lewe!  Ek wil Joyce Meyer se woorde beaam…  Jesus is 24 uur, 7 dae ‘n week, elke minuut van elke dag aan jou sy…  Jy hoef GEEN uitdaging wat jou kant toe kom te vrees nie, want Hy is by jou…  Soos ‘n bodyguard ‘n baie belangrike persoon oppas, SO SAL HY VIR JOU SORG!  Al wat jy nodig het vir oorwinning oor moeilike situasies, is vertroue in God, wat aan jou sy is…   En die WETE dat Hy jou van krag sal voorsien, om jou die oorwinning te gee…  Dit beteken steeds nie dat ons nie sal bang word partykeer nie, maar soos wat Ambrose Redmoon sê – om moed te hê beteken nie dat ons nie bang is nie, die feit dat ons die krag kry om te veg vir wat ons wil hê en deur te druk deur moeilike tye, is die WETE dat daar IEMAND groter is as ons vrees…  En dan laaste maar nie die minste nie…  Deur die wete dat Jesus by jou is, en groter is as enige iets wat jy vandag of hierdie week mag FACE, kan jy met ‘n rustigheid gaan slaap deur te weet – Hy is in beheer…  Hy sal heel nag oor jou die wag hou, en jou beskerm teen ALLE gevaar…  Jesus is reeds in hierdie week wat voor jou lê…  EN Hy staan reg om jou by te staan, te help en te dra daar waar jy nie verder kan nie…  Jy hoef NIKS hierdie week in eie krag aan te pak nie – maar jy kan net vertrou op Jesus…  Ek los jou met ‘n vers (wat veral hierdie tyd van die jaar ALTYD vir my rus en vertroosting bring!)  Isaiah 40:31 - but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.

Lekker daggie vir jou!  Jesus is in BEHEER!

Blessings!

Anelli**