Wednesday, 8 February 2012

Run forest run... Weghardloop is nie 'n opsie nie...

Haloes! :)

Run forest run...  ~ Weghardloop is nie 'n opsie nie...

Psalm 108:14
"Met God aan ons kant sal ons oorwin... Hy sal self ons vyande vertrap..."

Sagaria 4:6
"Nie met mag en met krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees sê die Here, die Almagtige..."

"Die enigste plek waar sukses voor werk kom, is in die woordeboek..." ¬ Vidal Sassoon

"Niks misluk so totaal soos sukses sonder God nie..." ¬ Vic Pentz

Ek weet nie of jy dalk op die oomblik in jou lewe ervaar dat jy in 'n "one way" met jou kar ingedraai het, en dat jy net verkeer van voor sien aankom... Dat jy geen uitkoms sien nie, omdat daar in hierdie "one way" geen afdraai, of uitswaai plek is om te verhoed dat die aankomende verkeer jou motor totaal verwoes nie... Die lewe kan baie keer so voel... Een verkeerde afdraai, een verkeerde besluit, kan so 'n groot ongeluk veroorsaak dat jy nie heel ander kant uitkom nie... Die lewe is nie vir sissies nie... MAAR God maak nie sissies nie... Om die makliker roete te kies, soos om te "go with the flow" en om weg te hardloop vir jou probleme, gaan nie vir jou 'n suksesvolle uitkoms gee nie... Alles in ons lewens is kom terug na die KEUSES wat ons maak toe...

En om die regte keuse te kan maak, is om SAAM met God te kies... Bid dat God aan jou die wysheid sal gee om die REGTE keuses te maak... Daar waar jy partykeer verkeerde keuses maak, is dit ook nie 'n trainsmash nie... HOE jy die keuse hanteer, en hoe jy kies om te lewe NA die verkeerde besluit, is wat op die ou end die deurslag sal gee... God kan help om van die verkeerde besluit, die regte uitkoms te gee... Ons moet ons net hou aan Sy woord, en BID dat Hy ons lewe sal rig soos HY dit wil hê... Sodat ons op die ou end, MAKSIMUM seën daaruit kan put... Daar gaan baie dae kom wat jy gaan voel - "wat is nou eintlik die punt?" Ek verstaan nie hoekom God sekere dinge in my lewe toelaat nie... Ek is sommer net lus om 'n tas te pak, en weg te hardloop... Iewers heen waar niemand my ken nie, en waar ek oor kan begin... Jy kan oorbegin NET waar jy is... God is magtig om GROOT wonders te doen... Die wonders wat nie in ons lewens plaasvind, soos ons dit wil hê nie, is baie keer nie 'n gebrek van God om die wonders te kan verrig nie, maar 'n gebrek by elkeen van ons, om te kan GLO dat die wonders moontlik is... Daar waar dit lyk of daar werklik GEEN uitkoms meer is nie, BID - en ek BELOWE jou, as jy geloof in God het om die onmoontlike, moontlik te maak, SAL dit vir jou so wees... Hy belowe dit telkemale in Sy woord... Klim in jou kar, en hou aan ry, selfs al kom die verkeer van voor... God sal 'n pad maak, waar geen pad nog was nie...

Matthew 17:20: "You don't have enough faith," Jesus told them. "I tell you the truth, if you had faith even as small as a mustard seed, you could say to this mountain, 'Move from here to there,' and it would move. Nothing would be impossible."

blessings!

Tuesday, 7 February 2012

Life is like a box of chocolates - You never know what you are going to get... ~ Forest Gump

haloes :)





"Moet niks bere vir daardie spesiale geleentheid nie... Om te leef, is daardie spesiale geleentheid..." ¬ Anoniem

Psalm 37:5

"Laat jou lewe aan die Here oor, en vertrou op Hom... Hy sal sorg..."

Psalm 54:6

"Vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand..."

"Dit is eintlik baie makliker om te lewe as wat baie mense dink... jy moet maar net die onmoontlike kan aanvaar, sonder die noodsaaklike kan klaarkom en die ondraaglike verduur..." ¬ Kathleen Norris

Die eerste quote het sommer dadelik my aandag vasgevang... moet niks bere vir daardie spesiale geleentheid nie... Om te lewe, is daardie spesiale geleentheid... Ons raak so ge-brainwash deur spookasem flieks, dat wanneer die lewe nie sulke perfekte swaaitjies en draaitjies maak soos wat ons, in ons gedagtes opbou nie, raak ons sommer teneergedruk en negatief... Die lewe is hard - dit is die realiteit... Dit is egter 'n spesiale geleentheid... Elke oggend wat jy jou oe oopmaak, het jou Hemelse Pa jou gespaar en geseen met nog 'n dag... 'n Dag vol van geleenthede... 'n Outjie by my werk het vandag vir my gese - Life is like a box of chocolates - You never know what you are going to get... ~ Forest Gump
Dink gou vir 'n oomblik hoeveel moeite jy doen as jy op 'n "date" met iemand gaan - of dit nou iemand spesiaal is / net 'n vriend of vriendin... Mens doen ekstra moeite met jouself en jy sien met afwagting en verwagting uit!!! Dit is ook hoe ons ELKE dag moet benader! Ons moet in verwag dat God ons gaan AMAZE met talle van daardie ongelooflike blessings wat Hy vir ons as sy kinders het... Ons moet VOLUIT lewe... Selfs al gaan jy die dag binne, en daardie box of chocolates bevat eintlik klippe daarin en nie sjokolade nie... Moenie dat dit jou onderkry nie, maar laat God toe om jou gedagtes te vernuwe... As jy elke dag geweet het hoe vandag sou wees, dink net hoe saai sou die lewe nie wees nie :) Ons sou ook minder geleentheid gekry het om karakter te bou, aangesien ons reeds sou weet wat vir ons voorle... JY, nes jy hierdie vandag lees, kan n inspirasie vir iemand anders vandag wees... Sonder dat jy dit besef, is daar mense wat jou bewonder, jou liefhet, en wens dat hulle soos jy kan wees... Deur tyd te maak vir mense, kan jy daardie goeie eienskappe uitdra - en sodoende Jesus se Koninkryk laat kom...
God het SO BAIE IN STORE vir jou LEWE! Bid dat Hy Sy strome van blessings op jou sal unleash!  Jou storie en dit wat jy moet deurmaak, kan dalk 'n best seller word, wat dan weer op sy beurt iemand anders kan insprieer om groot dinge te doen!

blessings :)

anelli**

anelli**

Sunday, 5 February 2012

Once you choose hope, anything's possible. ~ Christopher Reeve

Haloes! :)


Once you choose hope, anything's possible. ~ Christopher Reeve

Hebrews 13:5

God has said: I will not in any way fail you, nor give up on you, nor leave you without support… I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down, nor relax my hold on you! Assuredly not!

Lukas 1:37

“Niks is vir God onmoontlik nie…”

Hope is putting faith to work when doubting would be easier. ~Author Unknown

A little girl and her father were crossing a bridge. The father was kind of scared so he asked his little daughter, "Sweetheart, please hold my hand so that you don't fall into the river." The little girl said, "No, Dad. You hold my hand." "What's the difference?" Asked the puzzled father. "There's a big difference," replied the little girl. "If I hold your hand and something happens to me, chances are that I may let your hand go. But if you hold my hand, I know for sure that no matter what happens, you will never let my hand go." ~ Forward email

Hoe ongelooflik is hierdie storie nie!! Dit het my net weer laat besef – al is ons onttrou, God bly getrou… Al sukkel ons om vas te hou aan God se hand – Hy sal ons hand NOOIT los nie… Hy is ELKE dag, 24/7 by jou… Hy stap saam met jou waar ookal die lewe jou neem, of watookal die lewe oor jou pad stuur… Hierdie storietjie het my laat dink aan daardie klimrame wat ons beklouter het toe ons klein was… Daardie wat jy aan jou arms hang en van die een punt na die ander klouter deur jou een hand voor die ander te sit… Baie keer raak mens se hande so seer van vashou, en kry jou arms daardie spelde naalde gevoel, dat jy die balkie moet laat gaan, en dan weer op jou voete / agterent te lande kom op die gras. Om weer die klimraam aan te durf, sal jy gevoel in jou arms en hande moet kry – deur dit te rus… Die volgende keer kan jy dalk bietjie verder kom, soos wat jou arms geoefen raak, en jy sterker raak…

Die lewe is dieselfde… Ons gaan party dae van die “klimraam” afval as gevolg van die uitdagings wat oor ons pad kom… Ons hande wat nie meer kan vashou nie, omdat ons geen gevoel meer in ons arms het nie aangesien ons so verbete vashou aan die plankie… God staan en wag onder die klimraam om jou te vang wanneer jou arms jou nie meer kan dra nie… Hy sal jou nie ‘n OOMBLIK alleen laat nie… Hy is daar… Miskien is jy bang vir die week of volgende weke wat voorlê… Ek wil vanoggend vir jou sê - Maak nie saak WAT jy hierdie week tegemoet moet gaan nie – God sal jou nooit los nie… God is GROTER as ENIGE iets wat jy op die oomblik deurmaak… Matt Redman sing – “Even though I walk through the valley of the shadow of death, Your perfect love is casting out fear… I will fear no evil, for my God is with me… And if my God is with me, whom then shall I fear? O, no, You never let go, through the calm and through the storm… O no, You never let go, in every high and every low… O no, You never let go - Lord, you never let go of me…”

God sal jou NOOIT los nie… Weet dit die week! Hy is reeds daar waar jy Hom nodig het, en Hy sal jou beskerm teen ALLE gevaar… Hou net joune in Syne – Hy sal jou krag wees, en Hy sal uitkoms bring… Wag net op Hom…

Mag jy 'n pragtige week he!

blessings!! :)

Thursday, 2 February 2012

“I do not believe in past lives – we have one life, one chance… And it’s up to us what we do with it!” ~ One Tree Hill

Haloes! :)


“I do not believe in past lives – we have one life, one chance… And it’s up to us what we do with it!” ~ One Tree Hill

Josua 1:9

“Niemand sal teen jou bestand wees nie… Soos wat ek by Moses was, so sal Ek saam met jou ook wees… Ek sal jou nooit in die steek laat nie, jou nooit los nie… Wees sterk en wees dapper…”

Deuternomium 31:6

“Wees sterk en hou goeie moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees… Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie verlaat nie…”

Life is not always fair. Sometimes you get a splinter even sliding down a rainbow. ~Terri Guillemets


He who has a why to live, can bear almost any how. ~Friedrich Nietzsche

Ek wil vanoggend hierdie vers met jou deel: Proverbs 28:25 – Those who put their hope in the Lord, will prosper… ‘n Mens se lewe is opgedeel in seisoene… Daar is seisoene van Somer, wanneer dinge goed gaan, lig is, en jy net die lewe wil embrace! Daar is lente, wanneer alles nuut is, pragtig is, en blessings soos nuwe blomme daagliks in jou lewe blom! Daar is herfs, wanneer dinge sukkel om uit te werk, en ons daagliks met uitdagings gekonfronteer word… En dan is daar winter… Wanneer dit vir jou voel of jou dae met mistroostigheid en donker gehul is… Omdat die lewe jou onderkry… En jy dalk net nie meer weet watter kant toe nie, omdat dinge net nie wil uitwerk nie…

Een van my gunsteling aanhalings, kom uit Kung Fu Panda – Life is a gift… That is why it is called “the present”… Ons sien egter nie elke dag die groot geskenk wat aan ons gegee is nie?! Ons het ELKE dag 86,400 sekondes wat aan ons geskenk word! Wat jy daarmee doen, hang van jou af, maar niks van daardie sekondes kan na môre oorgedra word nie… Jy moet NOU daardie verskil maak, waaroor jy droom om EENDAG te maak… Jy moet NOU werk aan jou drome, NOU jou beste gee in jou swottings, jou werk, jou verhoudings! Jy moet NOU liefhê… Jy moet NOU die geleenthede aangryp wat jou kant toe kom, en wanneer jy dit aanpak, moet jy dit LEEF!! Moenie so in die toekoms leef, en uitsien na dit wat nog ver lê, dat jy verby die daaglikse seën kyk wat ELKE dag aan jou geskenk word nie!! LEEF in die NOU!!! Môre bring sy eie bekommernis en dinge… Moet nie een dag spyt wees oor als wat jy nie gedoen het nie = die tyd is nou… of jy al oud is, of nog baie jonk! Moenie vaskyk in jou ouderdom nie… God het ‘n doel vir ons elkeen – en dis NOOIT te laat vir ‘n nuwe begin nie… Met jou daaglikse geskenk van 86,400 sekondes – en ek sien dit, as DAAGLIKS ‘n nuwe kans, nuwe geleentheid om GROOT dinge vir God te doen, deur VOLUIT te lewe!!! Jy is nie per ongeluk waar jy jouself bevind nie! God het ‘n ONGELOOFLIKE plan vir jou, en Hy kan jou DAAR waar jy TANS is – al lyk dit somber en sonder enige geleenthede! – KAN Hy jou gebruik! Jy moet net ‘n gewillige hart hê… Laat God toe om jou te seën, deur jou te gebruik, waar Hy wil! Hy gaan jou omboul in 2012 as jy Hom toelaat, met alles wat Hy vir jou het! J Probeer ELKE dag EEN iets doen wat ‘n verskil in iemand anders se lewe maak – al is dit om vir iemand koffie te maak, of net ‘n gewillige oor te wees… Doen elke dag EEN iets vir jouself – wat vir jou lekker is (dit maak die lewe die moeite werd :)), en ook EEN iets wat jou bang maak (dit help jou om voluit te lewe!!)… FACE YOUR FEARS, BY LIVING YOUR DREAMS!!!! Moenie wag vir môre nie – doen dit NOU!

Blessings! :)

“If you are tired of starting over, stop giving up!”

Haloes! :)


“If you are tired of starting over, stop giving up!”

Jesaja 54:10

“Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit verander nie…”

Jesaja 41:10

“Moenie bang wees nie, want Ek is by jou… Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God… Ek maak jou sterk, Ek wil jou help, Ek hou jou vas met my reddende hand…”

“You, me or nobody is gonna hit as hard as life… But it ain’t about how hard ya hit… It’s about how hard you can hit and keep moving forward… How much you can take, and keep moving forward… That’s how winning is done…” ~ Rocky Balboa

Pain is temporary. It may last a minute, or an hour, or a day, or a year, but eventually it will subside and something else will take its place. If I quit, however, it lasts forever - Lance Armstrong

Ek is seker elkeen van julle het al teleurstelling beleef in jou lewe?! Dat jy SO hard werk vir iets en al jou kragte inspan, net om op nommer 99, dit nie te kry nie… Of dat jy by die werk, deurdat jy nie doen wat die meerderheid doen nie, benadeel word… of so hard swot, en dan nie die eksamen deurkom nie… Of jy aan sport deelneem, en by die laaste rondte van die kampioenskappe uitval… Of teleurstelling in liefde ervaar deurdat die persoon wat vir jou die wêreld is, net nie dieselfde voel oor jou nie… Ek dink almal van ons het al ten minste een (indien nie almal!) van die genoemde situasies beleef… Teleurstelling is nie lekker nie! Tog, vir ons om harder te baklei vir dit wat ons wil hê, is iets soos teleurstelling nodig… Dit help ons om sterker te word, en om werklik op te staan vir dit waarin ons glo en dit wat ons wil hê of bereik…

Baklei jy vir dit wat jy wil hê? Of staan jy maar terug en laat jy die lewe toe om sy gang te gaan? God laat dinge ultimately gebeur soos wat dit moet, en ek glo dat ons opeindig daar waar ons moet wees, en daar waar God ons wil gebruik en waar ons ultimately die meeste seën vir ons lewe sal ontvang… Spreuke 16:3: “Alles wat jy doen moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag…” MAAR, God het aan jou ‘n geskenk gegee toe jy gebore is – ‘n VRYE wil, om keuses te kan uitoefen! En Hy wil jou seën met daardie dinge… Maar ons kan nie net terugsit en hoop iets gebeur nie, ons moet bereid wees om te veg vir dit wat ons wil hê… Partykeer moet mens ‘n baie langer pad as ander mense stap om daardie drome te verwesenlik, maar wanneer jy dit uiteindelik regkry, deur God se genade, en Hom wat jou in staat stel om dit te doen – is daar geen woorde wat kan beskryf WATSE blessing dit is nie… Jy onthou die helfte van die tyd nie hoe hard jy moes werk / baklei vir dit wat jy wou hê nie… Al moes jy 100keer teleurstelling deurmaak, die feit dat jy 101 keer baklei het – is wat aan jou die ultimate oorwinning gaan gee! Aanhouer wen!! Moenie dat die eerste spoedhobbel jou laat tou opgooi nie!! FIGHT! God sal aan jou die oorwinning besorg – wanneer dit Sy tyd is… En die blessings wat jou kant toe gaan kom – is onbeskryflik… Bid vir God se tyd, en wees bereid om te veg, en te WAG :) 'n Se-ding wat my een vriendin by my ingedrill het is - Good things comes to those who wait! Believe it!!

Hoop jy sal 'n pragtige daggie he!!! Vol van God se rykste blessings :)

Blessings!