Friday, 13 January 2012

“God said: I will take your death, and you can have My life!” ~ Richard (Hillsong Amsterdam)

Haloes! :)


“God said: I will take your death, and you can have My life!” ~ Richard (Hillsong Amsterdam)

1 Samuel 17:45-47

“Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ‘n swaard en ‘n spies en ‘n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy beledig het… Vandag gee die Here jou oor in my mag… Ek sal jou doodmaak, jou kop afkap, en die lyke van die Fillistynse leër vir die roofvoëls van die hemel en die wilde diere van die aarde gee… Die hele wêreld sal weet dat Israel ‘n God het… Almal sal weet dat die Here nie ‘n swaard en spies nodig het om Sy mense te red nie. Die oorlog is die Here s’n en Hy sal julle in ons mag oorgee!”

Philippians 4:12-13

“I know what it is to be in need, and I know what it is to have plenty… I have learned the secret of being content in any and every situation, whether well fed or hungry, whether living in plenty, or in want… I can do everything through Him who gives me strength…”

“We would accomplish many more things if we did not think of them as impossible.” - Vince Lombardi

“The positive thinker sees the invisible, feels the intangible and achieves the impossible.” - Anonymous

Al is jy so jonk soos Dawid, al het jy net 5 klippies en ‘n slingervel, al kan jy nie sien hoe daar ‘n positiewe uitkoms vir jou situasie moontlik is nie – solank jy vir God het, is die geveg SYNE en nie joune nie… Jy moet net jou posisie inneem, en toelaat dat Hy vir jou veg… Sy liggaam is op die Kruis gebreek vir ons, sodat ONS kan HEEL wees… Partykeer deel die lewe ‘n paar taai klappe uit, dat mens “battered en bruised” ander kant uitkom… Maar ons kan lewe met die WETE – God is met ons, maak nie saak wat nie… Hy sal nie toelaat dat ‘n haar op jou kop geskaad word nie…

Ons sukkel soms net met VOLKOME vertroue in God… Ons gee ons lewe oor aan Hom, en ons bely met ons mond dat ons vertrou, net om weer ons bekommernisse op te tel, deur te begin “worry” en dan te probeer om self die pad verder te loop… Ons probeer om al die antwoorde te hê, om die oplossings vir probleme te vind, en die uiteindelike gevolg is om heeltyd moeg, bekommerd of gedreineerd te voel… Deur in God te glo - al sien ons nie hoe die pad vorentoe lyk nie, al kan ons nie sien hoe daar oplossings vir ons probleme gaan kom, of genesing vir siekte nie, liefde in ons lewe, vriendskap vir eensames, finansiële deurbrake vir die wat swaarkry nie - dit is om FAITH te hê… Al wys alles moontlik teen die “odds”, om te weet, dat as jy vir Jesus het, dit soveel meer werd is as om jou te steur aan wat mense sê, want Hy is ‘n God wat SPESIALISEER IN ONMOONTLIKHEDE!!! Al wat Hy vra, is dat ons Hom sal vertrou, en sal glo dat Hy die uitkoms vir ons sal bring!! Plaas jou vertroue, hoop en FAITH op ons Lewende Hemelse Pappa vir 2012… Laat Hom toe om jou om te boul met die blessings wat Hy vir jou beplan…

Blessings!

Wednesday, 11 January 2012

“Impossible only means that you haven’t found the solution yet.” - Anonymous

Haloes! :)


“Impossible only means that you haven’t found the solution yet.” - Anonymous

Jeremia 29:11-12

“Ek weet wat Ek vir julle beplan het, sê die Here… Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie… Ek wil hê julle hoop vir die toekoms moet hê… Julle sal na my roep en kom bid… Ek sal na julle luister… As julle heelhartig na my soek, sal julle My vind…”

Hebreërs 12:1-2

“Met so ‘n magtige skare toeskouers rondom ons, om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry… Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê… Ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot die eindstreep steun… Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur… Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die Kruisdood nie laat afskrik nie…”

“ ‘n Voorneme vir die hart…”

In gelukkige oomblikke, prys God…
In moeilike oomblikke, nader tot God…
In stil oomblikke, aanbid God…
In pynlike oomblikke, vertrou God…
In elke oomblik, dank God… ~ Rick Warren

“What we can or cannot do, what we consider possible or impossible, is rarely a function of our true capability. It is more likely a function of our beliefs about who we are...” - Anthony Robbins

Balans… Mens kan soveel goeie voornemens hê, maar sodra die werk weer druk raak, kan ons al daardie goeie voornemens by die ruit uitgooi… Om balans in ons lewe te probeer toepas, moet ons besluit wat vir ons belangrik is… Wat wil jy bereik in 2012? Het jy al vir jou ‘n bucket list opgestel? Ek love dit om Oujaarsaand / aan die begin van die nuwe jaar, vir my ‘n lysie op te stel van dit wat ek graag sal bereik of aanpak in die Nuwe jaar… Nie voornemens nie, maar drome / verwagtinge - iets om voor te werk in die nuwe jaar wat kom... Ek haal dan altyd ook my vorige jaar lysie uit, en kyk hoeveel van die dinge wat ek gedroom het die vorige jaar se einde, ek in daardie huidige jaar verwesenlik het… As jy nog nie ‘n lysie het nie, maak tyd in hierdie week om vir jou ene op te stel…

Die enigste manier om jou doelwitte te bereik, is om te weet wat hulle is J En dan dra jy hierdie lysie op aan God… Bid daaroor… Dis vir my altyd amazing om terug te kyk en te sien hoeveel van my gebede God beantwoord het gedurende die jaar!! God wil weet wat jy wil aanpak, dit wat jy droom, dit wat jou hartsbegeertes is… Miskien wil jy ‘n nuwe uitdaging werksgewys aanpak – maar op die oomblik is daar geen geleenthede nie… Bid dat God sal voorsien, en VERTROU Hom daarvoor!! Miskien wil jy graag in ‘n verhouding wees – bid vir daardie persoon – dat God aan jou die REGTE persoon op die REGTE tyd sal gee… Miskien wil jy graag UIT ‘n verhouding klim – BID dat God jou van die courage sal voorsien om dit te doen… Die lys kan EINDELOOS wees! BID, bid, BID! Wanneer ons God nommer 1 in ons lewe stel, en Hom in beheer stel, val die dinge in plek… Wanneer jy God Sy regmatige plek in jou lewe sal gee, sal Hy aan jou balans gee… Rustigheid vir die dinge waarvoor jy moet wag, en krag om hard te werk daarvoor… Niks in die lewe wat die moeite werd is kom maklik nie… Ons moet partykeer net bereid wees om hard te werk, soms te veg vir wat ons wil he, maar ook om God te vertrou, en net geduldig te wag vir God se tyd – nie ons tyd nie… Die lys van blessings wat Hy vir jou - Sy kind het in hierdie nuwe jaar is EINDELOOS!!! Kom met verwagting voor God in gebed, en laat toe dat Hy jou bederf in die nuwe jaar :)

Blessings!

“Laat liefde jou lei in wat jy doen en dink – en ontdek die geheim van ‘n dieper verhouding met jouself, jou naaste en God…” ~ Leef tydskrif Januarie 2012

Haloes! :)


“Laat liefde jou lei in wat jy doen en dink – en ontdek die geheim van ‘n dieper verhouding met jouself, jou naaste en God…” ~ Leef tydskrif Januarie 2012

Romeine 13:8

“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê… Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit…”

1 Korintiërs 13:4-7

“Die liefde is geduldig en vriendelik… Die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie… Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie… Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier… Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, hou aan met hoop, en dit verduur alles…”

“For every question, the answer is Jesus…” ~ Quote Pastor Richard (Hillsong Amsterdam)

“A loving heart is the beginning of all knowledge…” ~ Thomas Carlyle

LIEFDE… ‘n Ses letter woord, maar dis tog iets waarmee baie van ons op ‘n daaglikse grondslag sukkel… As ons kyk na die definisie van liefde in 1 Korintiërs 13 is dit alles dinge wat redelik maklik lyk om te doen – geduld teenoor ons naaste, geduld om te wag op God, soos Hy op ons wag… Om daagliks vriendelik te wees met die mense wat oor ons pad kom… Vir ‘n vreemdeling te glimlag… Om die geelbaadjie te bêre en die mense rondom ons geluk te gun! Om nie jou eie beuel te blaas nie, om nie vol van jouself te wees nie… Om humble te wees en partykeer ander se belange bo jou eie te stel… Give and take (soos enige verhouding maar is)… Hartseer wees oor die onreg in die wêreld en bly te wees wanneer die waarheid seëvier… Een van my gunstelinge J om stil te bly oor ander se foute, en om ALTYD aan te hou, uit te hou, en HOOP te hê, maak nie saak WAT nie!

Hoe kan ek al hierdie dinge doen in 2012? Dis erg moeilik!! Mens raak so maklik kwaad as dit lyk of ander mense nie dieselfde trails as jy moet deurmaak nie… AS dit lyk of dinge net in hul skoot val, en hulle nie so hard soos jy hoef te werk nie… Wanneer mense deur oneerlike maniere bo uitkom, en jy partykeer ‘n langer pad moet stap omdat jy die eerbare pad loop… Of as ons kwaad raak, is dit partykeer moeilik om nie ander mense se foute voor hul kop te gooi nie… Om eerder stil te bly en die vrede te bewaar… God weet wat Hy vir ELKEEN van ons uitgesit het… Hy sal sorg dat JOU regmatige deel jou toeval… JY moet net jou vertroue in Hom stel, en GLO dat DIT wat Hy jou beloof het, vir jou so sal wees… God se hoofopdrag vir ons lewe, is dat ons, ons medemens en God moet liefhê… Met die tipe liefde wat HY vir ons gehad het, toe Hy Sy Seun gegee het, om aan ‘n Houtkruis te sterwe… Al hoe ons die bogenoemde kan regkry is deur Jesus wat ons verander, die dag wat ons Hom aanneem as ons verlosser, en deur voortdurende gebed… My gebed vir jou vir 2012 is dat jy Sy liefde, wat ALLES oorweldig sal ervaar in hierdie jaar, maar ook ‘n liefde vir jou naaste sal ontwikkel wat ALLE verstand te bowe gaan… Dat jy die mense wat jou lastig val en irriteer, die mense wat bedel, die mense wat jou beskinder sal liefhê soos Jesus jou liefhet…

Blessings!

Monday, 9 January 2012

So many of our dreams at first seem impossible, then they seem improbable, and then, when we summon the will, they soon become inevitable.” - Christopher Reeve

Haloes! :)


So many of our dreams at first seem impossible, then they seem improbable, and then, when we summon the will, they soon become inevitable.” - Christopher Reeve

Johannes 6:1-13

“Hierna het Jesus na die oorkant van die Meer van Galilea vertrek, wat ook die Meer van Tiberias genoem word… ‘n Baie groot skare mense het Hom bly volg omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy gedoen het toe Hy die siekes genees het. Toe Jesus opkyk, sien Hy ‘n baie groot skare mense na Hom toe aangestap kom… Hy sê daarop vir Fillipus: Waar moet ons brood koop sodat hierdie mense iets te ete kry? Jesus het dit net gesê om Hom te toets, want Hy het self geweet wat Hy sou doen…

Fillipus het geantwoord: Dit sal ‘n klein fortuin kos om aan elkeen van hulle net ‘n stukkie kos te gee… Een van Sy dissipels, Andreas, die broer van Simon Petrus sê vir Jesus: Hier is ‘n seuntjie wat 5 garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense? Jesus het daarop gereageer: Reël dit so dat die mense gaan sit… Daar was baie gras op die plek en die mense het gaan sit… Die mans was ongeveer 5,000. Jesus het toe die brode geneem, ‘n dankgebed gedoen en aan die mense wat daar gesit het, uitgedeel en ook soveel van die vissies as wat hulle wou hê… Nadat die skare mense versadig was, sê Jesus vir Sy dissipels: Maak die oorskietstukke bymekaar sodat daar niks vermors word nie… Hulle het dit toe bymekaargemaak en twaalf mandjies volgemaak met die oorskietstukke van wat van die 5 garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het…”

“Everything is theoretically impossible, until it is done.” - Robert A. Heinlein


“The word impossible is not in my dictionary.” - Napoleon Bonaparte


Die dominee het ‘n groot waarheid in hierdie storietjie aangeraak in die Kerk, Sondag… Die dissipels het NET onmoontlikheid gesien toe hulle moes dink daaraan om die menigte skare kos te gee… Tog het ‘n klein seuntjie sy vissies en broodjies oorhandig aan Jesus en gesê – ek kan nie die skare hiermee kos gee nie, maar Jesus, neem wat ek het, en gebruik dit om deur my te werk… Iets wat ons daagliks kan bely, is dat ons swak is, en nie in staat om alles wat die lewe na my kant toe gooi te hanteer, of die wêreld se probleme op ons eie op te los nie… 2012 sal defnitief sy uitdagings hê, en ons sal defnitief dae hê wat ons onderkry… Maar as ons hierdie seuntjie met die vissies en die broodjies as ons voorbeeld gebruik en sy optrede DAAGLIKS toepas deur te gee vir God wat jy het, kan Hy WONDERWERKE daarmee verrig!!! Laat Hom toe om die onmoontlike in jou lewe, deur Sy kragtige werking, moontlik te maak… Al wat dit van ons vra, is vertroue in ons Almagtige God en om alles wat ons so onderkry, net te “surrender”… God is GROTER as ENIGE iets wat jy op die oomblik of in 2012 gaan moet deurmaak… GLO dit!

Blessings!

Sunday, 8 January 2012

"What would you do if you knew you could not fail? Keep that thought, and go out and do it!" - Quote from the movie New Year's eve...

Haloes! :)


“What would you do if you knew you could not fail? Keep that thought, and go out and do it!!” ~ Quote from the movie New Year’s eve…

Hebreërs 10:23

“Laat ons nou vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het…”

1 Corinthians 2:9-10

“However, it is written: No eye has seen, no ear has heard, no mind has conceived what God has prepared for those who love Him… But God has revealed it to us by His Spirit…”

“When was the last time, you did something for the first time?”

“It always seems impossible until its done.” - Nelson Mandela

Nuwe jaar, nuwe begin!!! Alles wat in 2011 gebeur het, is in daardie hoofstuk van jou lewe ingesluit, maar ook afgesluit met die jaar wat geëindig het… Dis vir my iets wat so ongelooflik is – met ‘n nuwe jaar, kom nuwe geleenthede… Dis asof jy ‘n tweede kans kry, ‘n skoon bladsy, en nuwe hoofstuk om weer voor te begin, en WAT jy met jou lewe in 2012 doen, hang van JOU af! Jy is die skrywer van jou eie “destiny”… God het ‘n HUGE plan vir jou lewe – maar deur middel van jou besluite, en hoe jy lewe, hang die storie ultimately van jou af…

‘n Boodskap wat ek oor en oor in die Feestyd en oor nuwe jaar gekry het, is dat ons ‘n lewe van LIEFDE moet leef… Aangesien 2012 vir elkeen van ons die begin van ‘n nuwe hoofstuk in ons lewensstorie is, het ek ‘n lysie van “5 dinge wat ons, ons “list to live by for 2012” moet maak…

1. Maak seker dat die mense (familie en vriende) in jou lewe WEET hoeveel hulle vir jou beteken!! Sê sommer op ‘n daaglikse of weeklikse grondslag dat jy hulle liefhet! Maak dit ‘n “habit”… Dis iets wat mens moet aanleer, en later sal dit natuurlik kom…

2. God is ‘n God van tweede kanse: Maak tyd om die mense wat jy moet vergewe, te vergewe… Al raad wat ek met dit het, is dat jy moet bid, dat God jou hart sal kom sagmaak, en jou denke ten opsigte van daardie persoon te vernuwe… Hy het vir jou en vir my ‘n tweede kans gegee deurdat Hy vir ons kom sterf het op die Kruis… Hoe kan ons dan, as ons verwag dat HY vir ons ‘n tweede kans moet gee, ander mense dit ontse?

3. Besef dat tyd kosbaar is… Doen wat jy kan, VANDAG… Moenie uitstel nie, want ons weet nie hoeveel tyd nog aan ons geleen is nie…

4. Doen jou werk daagliks soos vir God, en nie vir mense nie… Jy sal meer vreugde uit jou werk put op die manier :)

5. Hê lief sonder limiete, waag meer, en plaas DAAGLIKS jou wêreld in God se hande… Stel Hom in beheer as die Stuurman van jou lewe vir 2012…

Ek hoop jy sal 'n pragtige dag sal he, sterkte vir die van julle wat moet werk :)

Blessings!