Tuesday, 6 December 2011

"Impossible is not a word, it's just an excuse not to try..." - Kutless

Haloes! :)


"Impossible is not a word, it's just an excuse not to try..." - Kutless

Jesaja 41:10,13

"Moenie bang wees nie, Ek is by jou... Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God... Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou... Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand. Moenie bang wees nie, Ek help jou..."

Deuternomium 31:8

"Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees... Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie..."

"Al wat jy moet doen om jou vrees te laat kwyn, is om groter vertroue te ontwikkel in jou vermoë om dit te hanteer wat ook al met jou mag gebeur..." ~ Susan Jeffers

"Balans is die geheim vir 'n gelukkig gesonde lewe, maar net jy kan bepaal wat balans vir jou beteken... Om balans te kry moet jy besluit wat vir jou belangrik is..." ~ Finesse, Julie 2006

Hoe baie het jy al gehoor dat mense sê – daar is nie ‘n KANS nie… Dit sal nie werk nie… Of dokters wat uitsprake maak dat daar ‘n tyd gekoppel is aan hoe lank iemand oor het om te lewe… As ek dink aan die woord onmoontlik, kom die volgende by my op – Kruisdood van Jesus… onmoontlik om uit die dood op te staan? I think not! Wat van die 2 vissies en die 5 broodjies wat derduisende kos gegee het? Onmoontlik? Nie vir God nie! AS jy duisend mense het wat skielik op jou erf toesak vir ete, en al wat jy het is 5 broodjies en 2 vissies, sal dit nie MENSLIK onmoontlik wees om hulle almal genoeg te gee om te eet, uit slegs daardie voorraad…

Menslik gesproke is BAIE dinge ONMOONTLIK… Daar is BITTER BAIE dinge wat ons as mense nie kan doen nie, of waar ons deur menslike beperkinge “short fall”… Baie keer probeer mens ook so hard om almal gelukkig te hou, dat jy jouself in die proses “kwaad” aandoen / net totaal en al moeg maak… Solank jy ELKE dag jou BESTE gee, in dit wat jy aanpak, is dit genoeg… Rome is nie in een dag gebou nie… God het 7 dae geneem om die aarde en alles daarop te skape… Hoekom moet jy alles in een dag probeer vermag? As jy dalk te veel hooi op jou vurk het op die oomblik, of voel jy bereik nie jou doelwitte nie, of dat 2011 nie aan jou verwagtinge voldoen het nie – gaan terug na die drawing board… Raak rustig – deur God wat jou krag gee, kan ENIGE iets… Onmoontlik is net ‘n mensgemaakte woord… En deur GOD, kry ons toegang tot ‘n bo-menslike krag om ons te kom versterk, en ons te help met elke liewe ding wat oor ons pad kom!

Ek bid dat God jou vandag sal kom versterk met Sy liefde en genade wat ALLE verstand te bowe gaan!

Blessings!

“Not everything that counts, can be counted…”

Haloes! :)


“Not everything that counts, can be counted…”

Spreuke 3:5-6
"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie... Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop..."

Lukas 1:37

"Niks is vir God onmoontlik nie..."

"JOY is not the absence of suffering, it is the presence of God..." ~ Robert Schuller

"Op enige tydstip kan 'n onbevredigende lewe weer in 'n avontuur verander as dit aan God oorgelaat word..." ~ Paul Tournier

Ek het skemertyd gesit en gedink – daar is NOOIT ‘n tyd wat die hele wêreld in donkerte gehul is nie?! Wanneer die son op een plek sak, is die son weer besig om iewers anders op te kom! Met ons lewens is dit dieselfde – dit kan dalk vir jou donker voel in jou eie lewe op die stadium… Miskien is jy in ‘n onbevredigende werk, verhouding, huwelik… Of miskien sukkel jy om maand vir maand deur te sien finansieel, en maak nie saak wat jy doen nie, uitkoms wil net nie kom nie… Miskien is jy werkloos en wil die regte werk net nie na vore kom nie, of miskien is jy siek, en sukkel jy om lig te sien aan die einde van die tonnel… Miskien is jy eensaam of voel jy totaal en al alleen, al is jy omring deur baie vriende / familie of mense…

Hierdie dinge is als dinge wat ons lewensvreugde, oftewel JOY kan steel… Dit kan ons vul met negatiwiteit, en maak dat ons dag vir dag net die slegte dinge raaksien, omdat ons, ons fokus daarop plaas… Hierdie aanhalings van vandag,is almal vir my gevul met SOVEEL waarheid! ‘n Ander aanhaling wat hierby aansluit, is “the Joy of the Lord is my strength…” God is my en jou sterkte! Hy sal ons kom vul met ‘n innerlike vrede, en geluk wat nie in die wêreld gevind kan word nie… Om gelukkig te wees, beteken ook nie om NIE probleme te hê nie, dit beteken net om God in beheer te stel van daardie probleme en dit nie self te laat probeer uitsorteer nie! Wanneer jy jou lewe in God se hande plaas, is daar EINDELOSE moontlikhede van watter rigting jou lewe kan inslaan!! As jy dalk jouself op ‘n afdraend of skerp opdraend bevind op die oomblik – gee die stuurwiel in God se hande! Hy kan ENIGE tyd jou ‘n u-turn laat maak, en EINDELOSE moontlikhede oor jou pad laat kom!

Onthou – die klein dingetjies in die lewe, is wat geluk bring! Nie die groot goed nie… ‘n Vriendelike glimlag, spesiale herinneringe wat saam met vriende en familie gemaak word… Geld kan sulke dinge nie koop nie… Laat God toe om jou JOY te herstel, hier amper aan die einde van 2011… Laat Hom toe om jou te kom vul met nuwe krag vir die laaste stukkie… Hy het jou nog nie ‘n oomblik verlaat n ie – Hy stap nog HEELTYD langs jou… Hy sal jou ook hierdie laaste stukkie dra as jy nie meer kan nie… Bid net, en vra Hom…

Blessings!**

Sunday, 4 December 2011

"Om te faal is nie om te val nie, dis om te bly lê..." ~ Mary Pickford

Haloes! :)


"Om te faal is nie om te val nie, dis om te bly lê..." ~ Mary Pickford

Hebrews 13:5

God has said: 'I will not in any way fail you, or give you up or leave you without support. I will not, I will not in any degree leave you helpless or forsake you or let you down! Assuredly not!

2 Kings 18:5&7

Hezekiah trusted in the LORD! And the LORD was with him and he was successful in whatever he undertook...

"Om aan te hou is om sukses te behaal..." ~ Thomas Sutcliffe Mort

"Jy kan nooit die persoon oorwin wat weier om op te gee nie..." ~ Babe Ruth

Ek is seker daarvan elkeen van julle het al geval – letterlik J Ek het nou die dag, na ‘n lekker lang dag, ‘n trap misgetrap en geval (met my laptop en handsak :)). Maar omdat een van my kollegas saam met my daar was, het ek net so vinnig soos ek met die aarde kennis gemaak het, weer my voete gevind… Ek dink dit moes soos ‘n rubberbal effek gelyk het :) En al was dit vrek seer, en wou ek net in trane uitbars, het ek die meisie verseker dat ek 100% was, en dat ons maar kon aanstap…

Dit het my laat dink – hoeveel mense voel daagliks of hulle faal in dit wat hulle aanpak, en voel net om eerder te bly lê nie… Miskien is jy eensaam of voel jy totaal en al alleen met die omstandighede waarmee jy gekonfronteer word, of dat jy dink niemand sal agterkom as jy net opgee / bly lê nie… Soos wat my kollega langs my gestaan het, toe ek LETTERLIK geval het :), so is God daagliks langs jou as jy dalk faal in die dinge wat jy aanpak, of sukkel met “lewensdinge”… Miskien sukkel jy om jou finansies te bestuur, of om God volkome te vertrou met dinge wat jy face (siekte, verhoudings, opdraende by die werk of skool…) Miskien het vriende of familie jou teleurgestel, en sukkel jy om jou vertroue in mense terug te kry… Gee dit vanoggend vir God!!! Watookal jy mee sukkel – gee dit vir God!!

As God se kinders het ons versekering, en TALLE beloftes in Sy woord dat Hy ons nie alleen sal laat nie… VERTROU Hom daarvoor!!! Elkeen van ons het ‘n keuse wanneer ons val – ons kan bly lê, of ons kan opspring en terugveg J Die lewe aanpak deur MET God se krag, die bul by die horings te pak J Soos ‘n bul ‘n rooi doek storm, moet ons die “moeilikheid” wat ons face stormloop! Saam met God kan jy ENIGE iets doen!!! ENIGE IETS – NO LIMITS! Glo dit vandag…

Blessings!


Thursday, 1 December 2011

“Wanneer jy af is, is God besig met iets…Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”

Haloes! :)
“Wanneer jy af is, is God besig met iets… Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”
Joël 2:26
“Julle sal weer die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak…”
Psalm 91:11-12
“Want Hy sal Sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm… Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet nie stamp nie…”
Hoekom Kerk Toe Gaan???
'n Persoon skryf 'n brief aan 'n tydskrif en kla dat dit vir hom geen meer sin maak om kerk toe te gaan nie... Hy skryf: "Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kannie een onthou nie. So ek dink ek mors my tyd en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek".
Die artikel is in die tydskrif gepubliseer en 'n paar weke het verbygegaan voordat iemand soos volg op die artikel geantwoord het: "Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. Maar dit weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir daardie etes was nie, dan sou ek vandag dood gewees het. Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word nie sou ek vandag geestelik dood gewees het." ~ Anoniem (Forward email)
Hierdie stukkie was vir my ongelooflik special!!! Hoe waar is dit nie?! Mede Christene maak inpak in ’n mens se lewe… Of dit nou by die kerk, by die werk is, of as mens sosiaal verkeer… Onthou – jou lewe mag die enigste Bybel wees wat sommige mense lees!!! Wanneer ons deur “trails” gaan, is dit somtyd moeilik om opgeruimd, en positief te wees… En dit is wanneer dit SIELSKOS is om met mede Christene tyd te spandeer… Dis dieselfde as om met God tyd te spandeer. Mens se battery word sommer net re-charged, en jy kan voel hoe jy weer’n positiewe ingesteldheid kry vir DIE LEWE J
Ek weet ons dagprogramme is so ’n gejaagdheid, en dat mens meeste van die tyd, tyd het vir absoluut niks nie… Dis die maklikste om by kerk toe gaan / tyd saam met mense wat POSITIEWE inpak op jou lewe kan he, of selfs jou stiltetyd saam God tyd te “sny” om uiteindelik jou dagtake gedoen te kry. Onthou net – soos ons kos nodig het om aan die lewe te bly, het ons SIELSKOS nodig om nie INSANE (J) te raak nie, of om nie alle hoop te verloor nie… God wil jou daagliks Sy genade en liefde kom bewys en jou kom vul met NUWE HOOP vir die dag van môre... Sodat, al gebeur WAT, dit jou nie sal breek nie, maar net sterker maak… God stretch ons partykeer met die uitdagings wat oor ons pad kom - maar dit sal jou NOOIT breek nie... Daar is TE veel beloftes in Sy woord dat Hy net die goeie vir jou bestem het - so GLO dit!!! God wil JOU gebruik om daardie POSITIEWE inpak op die wêreld te maak, en ’n verskil vir die Koninkryk te wees… Wanneer mens se ingesteldheid anders is, val die slegte dinge sommer vinnig in plek… It needs to be mind over matter!! En ek weet dis maklik om te se, maar moeiliker om te leef! Maak nie saak wat nie - onthou dit waarvoor jy het om dankbaar te wees J Solank jy een iets het om voor dankbaar te wees vandag - is jy blessed!!! Ek hoop jy is vol HOOP vir hierdie laaste maand van die jaar!!! God het groot planne en blessings vir jou lewe!! Jy moet net 'n instrument in Sy hand wees - Hy sal sorg vir die musiek :)
Mag jy 'n PRAGTIGE Vrydag en naweek he!
Blessings!

“Nothing that is worthwhile is ever easy…Remember that…”~ Nicholas Sparks, Message in a Bottle…

Haloes! :)
“Nothing that is worthwhile is ever easy… Remember that…” ~ Nicholas Sparks, Message in a Bottle…
Fillipense 4:13
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my die krag gee…”
Isaiah 40:31
“But those who put their hope in the Lord, will renew their strength… They will soar on wings like eagles, they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”
Vitamiene vir die Siel...
Ons almal het vitamiene nodig in ons liggaam, al is party belangriker as ander.
Vitamiene A;vir Aanmoediging en Inspirasie vir elke dag.
Vitamiene B;vir Blydskap, smile so nou en dan vir iemand! Jy maak dalk net iemand se daggie.
Vitamiene D;vir Dankbaarheid. Wees dankbaar vir alles wat jy het waarmee God jou geseen het.
Vitamiene E;wees Eg en Eerlik met jouself en almal om jou.. Eerlikheid is die pad na enige iemand se Respek.
Maar: Vitamiene C; is die belangrikste:
Vitamiene C;
Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag gee...

Ek het die laaste tyd nogals baie oor die volgende gedink – Niks in die lewe wat die moeite werd is, kom maklik nie… Dit verg gewoonlik harde werk, kosbare tyd wat geinvesteer moet word, en dat jy werklik ‘n passie moet hê om te veg vir dit wat jy wil hê… “Good things comes to those who wait…” Dis iets wat mens moet onthou wanneer jy dalk ongeduldig wil raak omdat dinge nie in plek wil val nie, of wanneer dit dalk vir jou voel of jy heeltyd net “obstacles” in jou pad het, en dat die dinge wat jy graag in die lewe wil hê, jou bly ontglip…
Iets wat mens egter net moet onthou – alles wat jy graag wil hê, gaan nie net noodwendig in mens se skoot val nie. God is ons ultimate provider, en Hy sal voorsien wanneer ons bid, maar ons moet self ook bereid wees om te werk en te veg vir dit wat ons wil hê… Ons het die belofte dat Jesus ons nooit sal verlaat nie – Hy sal ons help, en ons is tot ENIGE iets in staat deur Hom wat ons die krag gee, maar ons moet van ons kant af ook werk… Hierdie laat my dink aan die storie van die ou wat gestrand was in die middel van die oseaan, en op ‘n dobberende stuk hout gewag het vir “redding” om te kom. Hy’t gebid dat God sal voorsien, en hom sal red… 3 Keer het daar bote verbygekom en aangebied om hom op te tel en na veiligheid te neem, maar hy het elke keer net gesê – die Here sal vir my ‘n uitweg stuur… Hy het op die ou end gesterf, en toe hy by die hemelse poorte kom, het hy aan God gevra – hoekom het U my verlaat en my nie gered of voorsien toe ek U redding nodig gehad het nie? U het dan gesê U sal altyd voorsien! Die Here het toe net gereageer deur te sê – 3 keer het Ek vir jou ‘n uitweg gestuur, maar jy wou dit nie vat nie…
Die antwoord op ons vrae is baie keer reg voor ons neus… Ons is baie keer vol fiemies met dit waarmee God ons seën… Ek bid dat jy sal bid vir God se wil oor jou lewe… God gee mens nie altyd waarvoor jy bid nie, maar Hy gee jou ALTYD wat jy nodig het… Veg vir dit wat jy wil hê, en GLO dat God in elke behoefte wat jy het sal voorsien… Of dit nou is om gesond te wees, om finansiele sekuriteit te hê, om liefde te vind, of verhoudings te herstel, om werksekuriteit / gelukkigheid te hê – gee dit oor in jou Paps se hande… En keep on fighting!!! Niks wat die moeite werd is, kom maklik nie – wees bereid om van jouself te gee, te bid, te wag en te veg, vir dit wat jy graag sal wil hê…
Blessings!