Thursday, 6 October 2011

I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday. ~Author Unknown

Haloes! :)
I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday. ~Author Unknown

Fillipense 1:9

“Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word, en dat julle ‘n al beter begrip en ‘n fyn aanvoeling sal ontwikkel… Dit sal julle in staat stel om dinge te onderskei wat werklik saakmaak…”

Markus 9:23

“As ‘n mens glo, is alles moontlik…”

Nobody trips over mountains. It is the small pebble that causes you to stumble. Pass all the pebbles in your path and you will find you have crossed the mountain. ~Author Unknown

Problems are not stop signs, they are guidelines. ~Robert Schuller

Een van my gunsteling stukke in die Bybel is die volgende vers: Romeine 5:3-5… Dit sê die volgende: “Dis egter nie al nie… Ons jubel in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons sal leer om te volhard… Op sy beurt, kweek volharding betroubaarheid van karakter, en betroubaarheid van karakter, versterk ons toekomsverwagting… En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het… Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het…” Dis ‘n stukkie wat my al deur taai tye gedra het… My een vriend het een dag – sonder dat hy geweet het dat ek dit nodig het – net hierdie vers vir my gegee… Was ongelooflik, want dit was op daardie dag gestuur vir my, REG uit die Hemel uit…

Die vers het my ook laat besef, dat wanneer ons swaarkry, equip dit ons om weer vir ANDER mense daar te wees wanneer ons weet dat dinge in hulle lewens nie lekker gaan nie… Of waar mense soortgelyke goed face as waardeur ons al moes gaan… Jy hoef nie altyd woorde te hê om mense te bemoedig nie, jy kan net daar wees… Somtyds het mens net nodig om te weet dat iemand uitkyk vir jou, en dat iemand se deur oopstaan… ‘n Ander ongelooflike storie in die Bybel wat hierby aansluit, is van die meisie wat aan bloedvloeiing gely het… Wat SO geglo en vertrou het dat God haar sal genees as sy net aan Jesus se kleed kon vat… Dis SO ‘n voorbeeld vir ons… As jy GLO, kan ENIGE iets… Mens moet partkykeer net struggle deur goed, saam met God, ten einde groei te beleef, en vir God in die volste sin van die woord te ervaar… Die Hollanders hier antwoord gereeld as jy iets vra - "dit kan" :)  Ek wil vanoggend vir jou se - As jy GLO, dan kan dit!  Maak nie saak of jy limitiete het, of te moeg is, of te siek is, of finansieel nie in staat is nie...  Wonderwerke is moontlik as God in jou lewe is!  Jy moet net glo en vertrou, en vashou aan God se beloftes...  En dis verseker nie maklik nie!!!  Soos hierdie aanhaling se, kyk net na die klippie voor jou in die pad, en stap om hom...  Voor jy jou oe uitvee, het jy die hele berg "geconquer"...

Blessings!

Wednesday, 5 October 2011

“The best way out is always through…” ~ Robert Frost

Haloes! :)


“The best way out is always through…” ~ Robert Frost

Jesaja 40:26

“Wie het die sterre gemaak? Hy maak hulle sigbaar, die een na die ander, en roep elkeen by sy naam… Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie…”

Jesaja 41:10

“Moenie bang wees nie, want Ek is by jou… Moenie ontsteld wees nie, want Ek is jou God… Ek maak jou sterk, en wil jou help… Ek hou jou vas, met my reddende regterhand…”

To find what you seek in the road of life, the best proverb of all is that which says: "Leave no stone unturned." ~ Edward Bulwer Lytton

“Hope is like the sun, which, as we journey toward it, casts the shadow of our burden behind us…“ ~ Samuel Smiles

Het jy al verdwaal? Dis iets waarmee ek al ‘n paar keer gekonfronteer is (veral die laaste tyd wat ek myself in ‘n nuwe omgewing bevind het)… :) As die son skyn, en dit nog lig is, is dit heel oraait, want jy behoort gewoonlik vinniger op die regte koers weer te kan kom… Maar as dit reeds donker nag is, en alles dieselfde lyk, en jy geen bakens het om jou die weg te wys nie, kan dit nogals vreesaanjaend wees…

Die lewe is ook so… Partykeer kan jy so vasgevang raak in mense of dinge wat aanloklik lyk, dat jy heeltemal jou pad kan verloor… Dit kan gebeur in tye wat jy “kwaad” is vir God, vir sekere dinge wat dalk met jou gebeur het, wat moeilik is vir jou om te hanteer… Jou werk kan onvervullend wees, jou lewensmaat, ou of meisie kan net vir jou voel of dinge nie werk nie, jou vriendskappe kan sukkel, en jy kan dalk net permanent voel of jy jouself op moedverloor se vlakte bevind deur die dinge wat daagliks gebeur… Hierdie vers in Jesaja is ABSOLUUT ongelooflik mooi vir my… God het ELKE ster geskape, en ELKE een flikker ELKE aand… Sommige aande skyn hulle dalk nie so helder soos ander nie (soos ons ook maar – wanneer ons moeilike tye beleef of net totaal en al moeg is), maar al skyn hulle nie helder nie, beteken dit nie dat hulle nie meer daar is nie… God sal ook sorg dat hulle nie “wegraak” of uit hulle wentelbaan beweeg nie…

So sal God vir jou ook sorg… al voel dit vir jou of jy nie meer weet watter kant toe, of wat die weg is wat jy moet volg nie – jy is steeds in jou “wentelbaan”… Miskien beweeg jy net bietjie stadiger as wat jy sou wou, maar jy is steeds op koers… Jy was dalk net tydelik soos een van daardie “under construction” sites… God sal jou nie laat “wegraak” of verdwaal nie… Hy sal jou op koers hou, en Hy sal vir jou sorg, sodat jy jou LIGGIE kan laat SKYN! Jou God is in beheer :) Vertrou net, en los die bekommernisse agter… Vat Sy hand, en laat Hom toe om jou ‘n pad van seën te laat loop… Moenie bang wees vir wat die lewe jou kant toe gooi nie – God is ten VOLLE in beheer…

Blessings!

Tuesday, 4 October 2011

“You may have to fight a battle more than once to win it…” ~ Margaret Tatcher

Haloes! :)


“You may have to fight a battle more than once to win it…” ~ Margaret Tatcher

2 Kronieke 20:15-17

“Moenie bang wees nie! Moenie moedeloos wees oor die magtige leër nie, want die oorlog is nie julle s’n nie, maar God s’n… Môre moet julle teen hulle uittrek… Dit sal nie vir julle nodig wees om te veg nie… Neem net julle posisies in, en staan dan en kyk na die oorwinning van die Here… Hy is met julle! Moenie bang, of moedeloos word nie… Gaan môre soontoe, want die Here is met julle…”

Jakobus 5:13

“Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor… En die wat opgeruimd is, moenie ophou om lofliedere te sing nie…”

“Be kind, for everyone you meet is fighting a harder battle.” - Plato quotes

“It is impossible to win the race unless you venture to run, impossible to win the victory unless you dare to battle.” - Richard M. DeVos quotes

Wie sal jy saam met jou oorlog toe neem?? Elkeen van ons is geseën met gawes deur God… En God het vir ELKEEN van ons ander sterkpunte gegee… Die dinge waarin jy swak is, is dalk weer iemand anders se sterker eienskappe… My familie is defnitief in die span wat ek sal saamneem as ek die troepe bymekaar moet maak… Ek onthou toe ek klein was, het my ma eendag ‘n storie aan ons vertel… Sy’t gesê dat Jesus het ons 5 aan mekaar as geskenk gegee, en dat ons 5, soos 5 vuurhoutjies is… As jy een vuurhoutjie op sy eie neem, en jy probeer hom breek, sal dit sommer maklik knak… Maar as jy 5 vuurhoutjies saamsit, en ‘n 6e ene – wat Jesus verteenwoordig, gaan jy met ‘n gesukkel daardie vuurhoutjies gebreek kry… Dis iets wat my lewe lank by my sal bly…

JOU lewe is dieselfde… God seën jou met sekere mense, tydens sekere seisoene van jou lewe, om saam met jou ‘n pad te stap… Dis daardie “ekstra” vuurhoutjies wat jy het, om die aanslae van die LEWE af te weer… Of eerder – “when life happens”… Of dit ‘n lewensmaat, ou of meisie, of net vriende is, miskien ‘n kollega by die werk – God sal die “troepe” oftewel die “regte mense” stuur as ons net vra… Prediker 4:12 sê so mooi – “as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied… ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie…” Jesus is die tou wat sal sorg dat NIKS jou sal breek nie… As dit dalk vir jou voel of jy niemand het nie – wees verseker, dat as jy vir Jesus het, het jy alles, en sal NIKS jou kan breek nie… As ons swaakry, moet ons aanhou bid… As dit goed en sleg gaan, moet ons God loof… Want te midde van swaarky, het ons steeds VREK baie om voor dankbaar te wees!!! God sal sorg dat NIKS jou breek nie, as jy aanhou om Hom te vertrou, te bid, en te glo, dat HY jou bewaarder is… Hy sal uitkoms bring – die lig aan die einde van die tonnel, sal LIG vir jou donker situasie wees, en NIE ‘n trein van voor nie :) God sal voorsien…  Dis ALTYD te vroeg om moed op te gee!  NeVeR StOp FiGhTiNg FoR WhAt yOu bEliEvE in, aNd wHaT yOu WaNt!!  Aanhouer wen :)

Hoop jy sal ‘n pragtige daggie hê!

Blessings!

Monday, 3 October 2011

“Failure will never overtake me if my determination to succeed is strong enough.” - Og Mandino quotes

Haloes! :)


“Failure will never overtake me if my determination to succeed is strong enough.” - Og Mandino quotes

2 Korintiërs 11:30-31

“As daar dan nog grootgepraat moet word, sal ek spog, maar dan veel eerder oor my swakhede… Die God en Vader van die Here Jesus weet – aan Hom kom die lof toe, tot in ewigheid – dat ek nie ‘n leuen vertel het nie…”

2 Korintiërs 12:8-9

“Drie maal het ek de Here gesmeek dat Hy my moet verlaat… Hy het egter vir my gesê, my genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking…”

“Anyone can give up, it's the easiest thing in the world to do. But to hold it together when everyone else would understand if you fell apart, that's true strength.” ~ Anonymous

“Being deeply loved by someone gives you strength, while loving someone deeply gives you courage.” - Lao Tzu quotes

2 Korintiërs 11 is ‘n groot openbaarmaking van alles wat Paulus in sy lewe moes deurmaak teen al sy teenstanders – om op te staan vir dit waarin hy geglo het… Tegnologie word daagliks meer gevorderd… As ons egter kyk oor die eeue heen (van Paulus se tyd tot nou), is daar buiten tegnologie, maar min dinge wat WERKLIK verander het... Daar is steeds mense in tronke (ek glo daar is baie wat onskuldig daar is), finansiële moeilikheid, bekommernisse, siekte, teenslae van die duiwel, spanning, moedeloosheid, ontberings ens… Die lys kan vir ewig aangaan dink ek J

Iets wat Paulus egter vir ons leer, is dat swaarkry nodig is om te kan volhard… Partykeer moet ons op ons heeltemal op ons knieë gedwing word om ten volle op Jesus staat te maak en te vertrou… Sonder dat ons dit altyd agterkom, maak ons tog maar op ons eie kragte staat om dinge “reg” te kry - of dit nou jou werk, skoolwerk, siekte, finansies, blyplek soek, stress, bekommernis – watookal is – God is in beheer van dit... Mense gaan jou DAAGLIKS teleurstel… Al wie jy op kan staatmaak – 24/7 is Jesus… Hy is die enigste persoon wat jou nie sal seermaak nie, maar eerder sal HEELMAAK… Hy is die ENIGSTE persoon wat vir jou uitkoms kan bring, en die ENIGSTE persoon wat jou ALTYD sal back… Maak nie saak wat jy al gedoen het of nog GAAN doen nie… Met Jesus in jou “hoekie” (soos in ‘n bokskryt) sal jy ENIGE fight wen… God se genade is vir jou genoeg… Dit kom JUIS tot VOLLE werking wanneer jy swak is…

Mag jy vandag, sommer daar waar jy nou is, net WEET dat jy ONGELOOFLIK spesiaal is – moenie dat ENIGE iemand jou anders laat glo nie… God het jou SUPER baie baie lief!! En deur Sy genade, is jy tot ALLES in staat!!

Blessings!

Sunday, 2 October 2011

Somebody call 911...

Haloes! :)

Somebody call 911…


Psalm 9:11

“Die wat u Naam bely, vertrou op U, want niemand wat U soek laat U in die steek nie, Here…”

Psalm 9:10

“Die Here is ‘n skuilplek vir die onderdrukte, ‘n toevlug in tye van moeilikheid…”

“We would accomplish many more things if we did not think of them as impossible…” - Vince Lombardi

“It always seems impossible until it’s done…” ~ Nelson Mandela

As jy in GROOT moeilikheid is, wat doen jy? Gewoonlik sal jy iemand bel wat jou kan help… En in uitsonderlike gevalle wat gewone mense of vriende nie in staat is om jou te help nie – soos bv met inbrake / rooftogte / hijackings ens, bel jy die polisie… In Amerika – is die noodlyn 911… Rescue 911 (baie ou program) was altyd so ‘n intense program vir my, om te sien hoe mense werklik in groot moeilikheid is, en hoe die telefoon operateur dan die persoon probeer rustig maak, en net te verseker dat hulp oppad is, en dat hulle net moet vasbyt… Die persoon het baie keer op die lyn met die persoon gebly, totdat hulp opgedaag het om die persoon uit die moeilikheid te help…

Ek het net gister met my boetie gepraat, en hy sê toe vir my – lees Psalm 9:11… Hoe AMAZING is dit nie?!?! Psalm 9:11 – kan as’t ware ons “noodlyn” hemel toe wees… Dis ‘n ongelooflike boodskap wat God vir ons gee… Ons moet net aanhou glo en vertrou, God sal ons nie in die steek laat nie… Maak nie saak wat gebeur nie… Al voel ons – sjoe! Ek’t NOU hulp nodig!!! Ek weet nie wat om te doen nie… Alles voel soos doodloopstrate… Ons gebed hemel toe, is soos ‘n 911 oproep… “Die operateur” nl Jesus, is heeltyd by ons, terwyl ons WATOOKAL moet face… Hy sal nie die “foon” neersit / nie na jou luister terwyl jy bid nie… Hy is DAAR – heeltyd…

Ons almal het daagliks verskillende situasies waarmee ons gekonfronteer word, en dis dikwels so dat mens meer uitdagende en moeiliker dae het, as goeie en lekker dae… Weet net wanneer die slegte dae kom – Psalm 9:11, of jou “911” lyn - is OOP hemel toe… En God sal ELKE oomblik, van ELKE LIEWE dag by jou wees… Geen probleem of onmoontlike situasie is te groot vir jou Pa nie… Sy spesialiteit is die onmoontlike…

Blessings!