Wednesday, 14 September 2011

“Die waarheid is altyd die sterkste argument…” ~ Sophokles

Haloes! :)


“Die waarheid is altyd die sterkste argument…” ~ Sophokles

Johannes 14:6

“Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg, en die waarheid en die lewe…”

Sagaria 8:16-17

“Wat julle moet doen, is dit: Praat die waarheid met mekaar, laat die waarheid en die reg geld in julle regspraak, sodat daar vrede onder julle kan wees. Moenie vals ede bly aflê nie. Ek haat sulke dinge, sê die Here…”

“As jy twyfel, praat die waarheid…” ~ Mark Twain

“As jy die waarheid praat, hoef jy niks te onthou nie…” ~ Mark Twain

As jy die waarheid praat hoef jy niks te onthou nie! Hoe COOL en waar (excuse the pun) is dit nie?! Ek dink as ons soos Pinocchio ‘n neus kan hê wat groei wanneer ons ‘n leuen vertel – sal baie van ons met lang neuse rondloop… Dit is waar kinders vir my ‘n absolute “treat” en inspirasie is! Hulle sal vir jou ‘n ding sê nes hulle hom sien – eerlik. Ek dink iets wat ons kan nastreef om te wees is ‘n “what you see is what you get” mens… Dit beteken nie dat mens daarop moet uit wees om mense seer te maak met wat jy sê nie, maar slegs om eerlik te wees. Ek glo dit sê iets van jou karakter… Dat jy iemand is op wie mense kan staatmaak, en op wie mense kan vertrou…

Daar is ‘n verskil tussen afbrekende eerlikheid, en opregte eerlikheid (konstruktiewe eerlikheid / kritiek)… Moenie dat mense jou afbreek met hulle woorde nie… As kind van God, is dit nie iets wat God vir jou lewe wil hê nie… God wil hê dat ons ‘n lewe moet leef om impak te maak… Dit kan ons slegs doen deur as kinders van die WAARHEID te leef… Ek weet dat baie mense jou dalk al baie seergemaak het deur leuens te vertel of net dinge weg te steek … Dit kan dit baie moeilik maak om mense weer “in te laat” en te vertrou… Die moeilike ding is – mens kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie… Dit kom weer terug na die “tweede kanse” wat ek die week oor geskryf het… Omdat een persoon jou seergemaak het, beteken nie dat almal dit sal doen nie… Ons moet net bid, dat God aan ons sal uitwys wie ons kan inlaat, en wie ons maar eerder op ‘n afstand moet hou… As jy nie weet nie – BID. God sal antwoord… Al vat dit partykeer 'n tydjie... Hy is die enigste persoon wat ons werklik HEELTEMAL kan vertrou… Ons as mense is feilbaar, en dis maklik om ander seer te maak. Ek wil jou net uitdaag, om “die verskil te wees”, wat jy graag sal wil sien… Wees iemand wat eerlik is, iemand op wie mense kan staatmaak… Sodat wanneer mense oor jou praat, hulle jou karakter sal besing – dat hulle sal weet dat jy iemand is wat altyd daar sal wees, maak nie saak wat nie…

Baie seen vir jou!

Tuesday, 13 September 2011

“Jy sal nie vir die duiwel nee kan sê, as jy nie vir Christus ja sê nie…” ~ Rick Warren

Haloes! :)


“Jy sal nie vir die duiwel nee kan sê, as jy nie vir Christus ja sê nie…” ~ Rick Warren

Matteus 6:13
“Laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose…”

Matteus 26:41

“Waak en bid, sodat julle nie in die versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak…”

“Ek weet goed dat wanneer God naby is, die duiwel ook op sy besigste is…” ~ Robert Murray McCheyne

“My versoekings was my teologiemeesters…” ~ Martin Luther

Die lewe is soos ‘n bootreis om die wêreld… Jy ontmoet mense van verskillende nasionaliteite en gelowe, mense met verskillende waardes… By elke plek waar jy stop, beleef jy ‘n ander omgewing – soos die seisoene van jou lewe… Party dele van jou reis mag dalk bietjie onplesierig wees, wanneer die boot hom op ontstuimige waters bevind – dis die moeilike tye wat ons in ons lewe moet deurmaak… Maar daar sal ook dele wees wat ONGELOOFLIK is, en wat jy die ervarings / jou belewenisse vir niks op hierdie aarde sal wil verruil nie…

Dink gou oor die volgende – wanneer jy besig is met die dinge van God, raak jy vir die duiwel ‘n bedreiging… Ek het al baie gesien, wanneer mens liefdadigheidsprojekte aanpak, of net God se hande en voete probeer wees, is dit asof die duiwel “ekstra alert” is… Dis asof hy uit sy pad sal gaan, om goeie en opbouende dinge af te breek… Ons moet hom net nie vastrapplek in ons lewens gee nie. Wanneer jou Bybelstudie tye en jou verhouding met God ook floreer, is dit asof dit vir die duiwel ‘n uitdaging is om jou aan te val… God sal ALTYD getrou wees… Maak nie saak watter uitdagings of probleme oor jou pad kom nie – Hy sal jou deurdra… God weet ook dat ons sondaar mense is, en dat ons partykeer sukkel om altyd die regte ding te doen… Die goeie nuus is – jy is REEDS daarvoor vergewe… En Hy het jou onvoorwaardelik lief – sonder enige beperkinge… Ek weet dat dit somtyds moeilik kan voel - maar in die moeilike tye is juis wanneer ons net moet aanhou vertrou... God sal jou wel beloon vir dit, en Hy SAL jou gebede verhoor!!

Soos ek al voorheen gesê het, slegte goed gebeur met goeie mense, en mens verstaan nie altyd hoekom nie… Maar ek dink, as ons partykeer minder probeer om die moeilikhede / uitdagings te ontleed, en bietjie meer voluit lewe, sal ons nie anders kan as om daagliks opnuut bewus te raak van God se blessings in jou lewe nie… Daar is nie ‘n “checklist” waaraan jy moet voldoen om God se kind te wees nie… Hy het jou gekies, nog voor jy Hom gekies het… As jy nou nog nie die keuse gemaak het VIR Hom nie, is dit ook nog nie te laat nie… Sorg net dat jy daardie besluit neem, en lewe kies, voordat jy aan die einde van jou lewensreis kom… Laat God toe om na jou om te sien – jy hoef nie so sterk te wees, deur altyd na almal te kyk nie – plaas hulle net in God se hande… Al is dit partykeer bitter moeilik!! Ek laat jou met die volgende vers: Matteus 10:30 – Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel… Wees daarom nie bang nie… Julle is vir Hom meer werd as ‘n hele swerm mossies…”

Blessings!







Monday, 12 September 2011

“Ons vind vryheid as ons vir God vind; ons verloor vryheid as ons Hom verloor…” ~ Paul E Scherer

Haloes! :)


“Ons vind vryheid as ons vir God vind; ons verloor vryheid as ons Hom verloor…” ~ Paul E Scherer

Psalm 116:16

“Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar: U het my vry gemaak…”

Johannes 8:36

“Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees…”

“Die geheim van geluk is vryheid. En die geheim van vryheid is die regte keuses…” ~ Somerset Maugham

“Daar kan geen vriendskap wees waar daar nie vryheid is nie… Vriendskap floreer in ‘n ongedwonge atmosfeer en sal om nie deur enige omheinings laat inperk nie…” ~ William Penn

Ek wil gou hê jy moet jouself in die volgende situasie indink… Ek sit vanoggend ‘n boei aan jou voet, met een van daardie ysterballe aan, en ek sê vir jou – jy het 5 minute om, om die blok te stap. Ek dink selfs die fiksste mense onder ons, sal sukkel om dit reg te kry… Hoekom? Want die ysterbal gaan agter jou aansleep en jou “terughou”… Dit sal iets wat jou verhoed om die maksimum uit die stappie om die blok te haal, want iets wat eintlik veronderstel is om lekker te wees, gaan inspanning verg… Dit sal dalk ook pyn inhou, want dis addisionele gewig wat jy moet saam “piekel”…

Dis baie keer so met die lewe ook… Daar het dalk goed gebeur in jou lewe, of goed oor jou pad gekom, wat jou weerhou daarvan om die lewe te kan hê waarvoor God jou bestem het, of om die lewe te kan hê, wat God vir jou wil hê… Jeremia 29:11 sê – “Ek weet wat ek vir jou beplan, goeie goed, en nie slegte dinge nie…” Dit beteken egter nie dat dinge altyd goed sal gaan nie, maar ek dink dit is daar as ‘n “rigting aanwyser” of ‘n stukkie hoop, net om ALTYD te weet dat jy nie alleen is as dinge dalk donker lyk nie – want dis net groei periodes… Baie keer met verhoudings, wanneer mens te veel druk daarop plaas, raak dit soos ‘n “ball and chain”… Daar is geen vryheid vir groei nie, en mense inhibeer mekaar om die mense te word wat God hulle bestem het om te wees… Ook met nuwe verhoudings (vriendskap / liefde) is dit baie keer so dat wanneer dit “geforseer” word, floreer dit nie… Soos met BAIE dinge in die lewe, glo ek dat God sal laat gebeur wat moet gebeur… Nuwe werke, finansiele sekuriteit, nuwe verhoudings – God sal die dinge in plek laat val wanneer ons Hom net toelaat om in beheer te wees…

Ek weet nie of jy dalk al oud getroud is, of nog opsoek is na jou regte maat nie en of daar dalk moontlik dinge is wat jou "terughou"… Wat jou verhoed om vorentoe te beweeg en nuwe dinge te ontdek en te beleef... Ek wil net vanoggend vir jou sê – laat God altyd jou basis wees, en laat julle vriendskap een wees waar julle mekaar die vryheid gee om ‘n “mens” buite die verhouding ook te wees… Moenie dat 'n verhouding, definieer wie JY is nie… Sny daardie ketting en ysterbal af wat jou terughou, en plaas jou lewe, verhoudings, finansies of siekte net in God se hande… Mens kan SO hard probeer, en baie keer NIKS uitrig nie… Maar sodra jy net oorgee en ophou WORRY, en vir God toelaat, sal Hy jou SO amaze, dat jy nie sal kan verstaan hoekom jy in die eerste plek getwyfel of bekommerd was nie… Hy laat die 100% dinge in plek val – wanneer ons Hom vertrou…

Blessings!


Sunday, 11 September 2011

Tweede kanse…

haloes! :)


Tweede kanse…

Psalm 130:3-4

“As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? Maar by U is vergifnis; daarom word U steeds gedien…”

Kolossense 3:13

“Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe…”

“God spaar die sondaar omdat Hy sy eie Seun nie gespaar het nie… God vergewe ons sonde omdat Hy hulle 2000 jaar gelede op sy enigste Seun gelê het…” ~ Charles H Spurgeon

“Here, vergewe my vir elke keer wat ek iemand se vriendelikheid misbruik; wat ek ‘n ander oordeel sonder om al die feite te ken; wat ek met my trots mure bou in plaas van afbreek; wat ek diskrimineer op grond van velkleur, geslag of status; wat ek my geestelik “beter” of “meer gevorder” ag as ander. Vader, vergewe my, vergewe my, vergewe my…” ~ Rita Snowdon

Ek dink tweede kanse is iets wat mens die moeilikste kry, in die wêreld waarin ons leef… Jy kan jou lewe lank ‘n goeie reputasie opbou, goeie beeld uitstraal, en dan EEN fout maak, en als kan dan daarmee heen wees… Of miskien net op die verkeerde tyd, op die verkeerde plek wees… Ons, as mense, is partykeer ook baie “judgemental”… Mens oordeel partykeer mense, sonder om hulle storie te ken…

Ek dink dat, om meer soos Jesus te wees, moet ons bereid wees om mense tweede kanse te gee… As dit nie vir Jesus was wat vir ons ‘n tweede kans gegee het nie, was nie een van ons vandag hier, met die oog daarop om eendag die Ewige Lewe te kon hê nie… Dieselfde geld vir JOUSELF… Baie mense is partykeer so hard op hulleself oor wat hulle verkeerd gedoen het, of NIE gedoen het nie, dat die lewe somtyds net by hulle verbygaan… Self-vergifnis is partykeer die moeilikste...

Ekt Vrydagaand ‘n ongeluk gesien waar twee mense langs die pad gelê het – omgery deur ‘n motor of trem… Hulle het die laken oor die een ou getrek toe ek daar verbyry, en die ander ou kon ek sien, het gesukkel om asem te kry… Dit het my nogals geruk, en iets wat net weer HERBEVESTIG is, is dat jy ELKE oomblik wat aan jou geleen is, moet LEEF… Moenie sit en wag vir “die regte tyd” nie… Wanneer ek meer geld het, of gesonder voel, of “in ‘n beter plek is” nie… Die twee mense wat ek gesien het, het GEEN tweede kans nie… Dit wat hulle wou doen – sal altyd by “wou doen” bly… As hullle dalk woorde met iemand gehad het en nooit jammer gesê het nie, sal hulle dit nou nooit kan doen nie… As hulle iemand liefgehad het, maar nooit die moed gehad het om die persoon te vertel nie, is dit ook iets wat vir altyd verlore is…

Moet nooit dat die mense wat vir jou saakmaak, twyfel hoe jy oor hulle voel nie… Moet ook nie jou lewe uitstel vir ‘n beter tyd nie… Gee mense ‘n tweede kans… Ek sê altyd – ek glo die beste van almal tot die teendeel bewys is… Moenie mense oordeel nie... Baie mense tree partykeer op 'n spesifieke manier op, om hul hartseer en pyn te verbloem... Onthou T.H. Thompson and John Watson het gesê: 'Be kinder than necessary,for everyone you meet is fighting some kind of battle…' Lewe VOLUIT...

Blessings!

Thursday, 8 September 2011

“Mense is net so gelukkig as wat hulle besluit om te wees…” ~ Abraham Lincoln

haloes! :)


“Mense is net so gelukkig as wat hulle besluit om te wees…” ~ Abraham Lincoln

Psalm 128:1-2

“Dit gaan goed met elkeen wat die wil van die Here doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees…”

Prediker 5:18-19

“God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. So ‘n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee…”

“Wie gelukkig is, bring aan ander geluk sonder om iemand dit te ontneem. Geluk keer altyd terug na die wat dit gee…” ~ C Sylva

“Miskien het hulle wat dit waag om gelukkig te wees die meeste moed…” ~ Joubert

Vandag gaan ‘n goeie dag vir jou wees? Of nie? Die besluit lê by JOU! Mens se gemoed, gedagtes en waarop jy jou aandag fokus is alles dinge wat jou gemoedstoestand beïnvloed… Wanneer jy “down” voel, is my raad vir jou vandag – moenie op ‘n hopie gaan sit, en jammer voel vir jouself nie, of op jou eie wees nie… Gaan uit en stap ‘n ent, of gaan kuier by iemand wat opbouende geselskap vir jou is of spandeer tyd saam met God… Ek het al baie ervaar, dat wanneer jy bietjie in God se natuur tyd gaan spandeer, voel jou siel sommer weer “restored”… Die moegheid en probleme van elke dag vervaag, en uiteindelik is dit net jy en God…

En tye wat saam met God spandeer word, is tye van vernuwing, tye waar ons nuwe krag vind, en hoop vir die dag van more… Joubert se aanhaling is vir my UITSTEKEND! “Miskien het hulle wat dit waag om gelukkig te wees, die meeste moed…” Elke persoon is verantwoordelik vir sy eie geluk… As mens gaan sit en wag vir geluk om na jou kant toe te kom, of as jy wag vir ‘n ander persoon om vir jou geluk te bring, gaan jy dalk vir ewig wag… Maar wanneer jy om jou rondkyk, en jou blessings begin tel (veral op dae wanneer jy down voel), raak die lys eindeloos, en ons God raak oneindig groot… Bv die Sonsopkoms, sonsondergang, lekker lag, goeie vriende… Die goeie goed weeg gewoonlik swaarder as die slegte dinge… Ons moet net die tyd neem om die klein dingetjies raak te sien, en dankbaar te wees daarvoor… Neem sommer nou ‘n wilsbesluit dat vandag ‘n GOEIE dag sal wees!! Tel jou seëninge, en jy sal sommer sien – ‘n slegte dag sal in ‘n goeie ene omskep kan word… Die WIL moet net daar wees… Jaag na die dinge wat jou gelukkig maak! Moenie dat goeie goed en tye by jou verbygaan, omdat jy nie bietjie wou waag nie... As jy seerkry deur 'n bietjie te gewaag het - het jy ten minste probeer, en voluit gelewe! Soos daardie ongelooflike aanhaling se - mens is meer spyt oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het...

Blessings!