Wednesday, 7 September 2011

"Jy hoef nie groot of beroemd te wees om 'n impak te maak nie..."

Haloes! :)


"Jy hoef nie groot of beroemd te wees om 'n impak te maak nie..."

Psalm 60:14

“Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap…”

1 Johannes 3:22; 24

“En wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind. Wie Sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom…”

“Daar is geen oowinning sonder stryd nie. Daar is geen volmaaktheid sonder volharding nie. As ons wil triomfeer, moet ons probeer. As ons wil wen, moet ons veg…” ~ W Graham Scroggie

“Hy wat bang is om oorwin te word, kan ‘n nederlaag verwag…” ~ Napoleon Bonaparte

Hier waar ek myself op die oomblik bevind, reën dit baie, en die wind waai… Dis nou herfs, en jy kan sommer sien dat die winter vinnig oppad is… Almal hierso ry met fietse, en soos die wind partykeer waai, is dit maar moeilik om daardie fiets te laat vorentoe gaan – dis ‘n ou padfiets, so geen ratte nie J Jy moet maar net trap om vorentoe te kan beweeg…

Dit het my vandag laat dink aan “om te fight”… Jy sal slegs ‘n oorwinning kan behaal, as jy aanhou en uithou… Dis soos om met ‘n fiets in wind te ry – om van punt A na punt B te beweeg, sal jy moet aanhou trap. As jy ophou trap, loop jy die risiko om of af te val van jou fiets af, OF stil te staan, of partykeer sommer net heeltyd agteruit boer… Hierdie aanhaling van W Graham Scroggie, is ook vir my AWESOME verby, want GEEN oorwinning kom sonder ‘n stryd nie… Stryd teen verhoudings / huweliksprobleme, stryd teen siekte, stryd teen werkloosheid, finansiële onsekerheid… En NOG belangriker is dat ons dit nie op ons eie kan oorwin nie… Slegs deur God se genade, God se leiding, ondersteuning en daar wees vir ons kan ons vasbyt, uithou en aanhou… Al voel dit dalk of jy heeltyd die wind van voor kry, en jy nie meer lekker weet watter kant toe nie, hou net aan trap, aan fight, aan glo… God sal sorg vir die oorwinning, as jy net sorg vir die vertroue in Hom… Hy het jou oneindig baie lief, en Hy kan ENIGE situasie omdraai... Lukas 1:37 - een van my gunsteling verse soos julle al kon agterkom se: "For anything is possible (maak nie saak WAT mense se nie) - if we just believe..."

Blessings!





Tuesday, 6 September 2011

“Liefde kyk altyd deur ‘n teleskoop; jaloesie deur ‘n mikroskoop…” ~ Josh Billings

haloes! :)

“Liefde kyk altyd deur ‘n teleskoop; jaloesie deur ‘n mikroskoop…” ~ Josh Billings

1 Korintiërs 13:3

“Die liefde is nie jaloers nie…”

Spreuke 23:17

“Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien…”

“Jaloesie kyk altyd deur ‘n vergrootglas wat nietige dingetjies groot maak; dwergies word in reuse verander en agterdog, in die waarheid…” ~ Miguel de Cervantes

“Sover dit die groenoogmonster “jaloesie” betref: bestry hom onmiddellik en vergiftig hom met ‘n ekstra dosis vreindelikheid teenoor die persoon wat hy wil hê jy moet haat…” ~ George Porter

Ek dink dat baie van ons al die “groen baadjie” aangehad… Dis moeilik, want dis ‘n eienskap wat sommer net vanself kom… Sonder dat jy dit agterkom, glip hy partykeer net in… Daar kan baie dinge wees dit wat aanwakker… Mens kan jaloers raak wanneer iemand beter as jy presteer by die werk of op skool… Wanneer iemand vir wie jy lief is, nie genoeg aandag aan jou gee nie, of as dit dalk lyk of daar nooit “tye van reën” in ander mense se lewens val nie en dit dalk vir jou voel of die reën aanhoudend val…

Die duiwel sal altyd probeer om jou “joy” te steel… En jaloesie is een van daardie dinge wat jou joy steel… Dit laat jou sommer “gagga” voel aan die binnekant, sonder dat jy dit eers besef… Dit kan jou laat hartseer voel, en jou sommer net vul met ‘n gevoel van weersin teenoor die mense wat die “gevoel” by jou aanwakker… Soos ‘n mens onkruid moet uitroei wanneer dit in jou tuin groei, sodat dit nie die ander plante vernietig nie, moet ons jaloesie hanteer sodra ons daarvan bewus raak. Dit kan die lewe sommer baie sleg maak vir jou – asook die mense rondom jou… En al hoe mens dit kan doen, is deur te bid… Met jou eie krag gaan jy dit nie regkry om lief te wees vir iemand terwyl jy eintlik jaloesie koester nie… Onthou dat God vir ELKE persoon ‘n hand kaarte gedeel het, en JOU beurt van goeie goed SAL kom… Ons moet net ‘n wilsbesluit neem om vir ander mense te gun, wanneer seën hulle kant toe kom…

Soos wat mens 'n berg uitklim - treetjie vir treetjie, so moet mens die lewe aanpak... Die opdraende dele van die berg, hou net vir SO lank aan... Daarna kry jy 'n uitsig wat gewoonlik skrik vir NIKS, en van daardie pad af, kan jy weer bietjie die afdraend aanpak... God is met jou - of jy jouself nou bevind op die opdraand, afdraand, of by die uitkykpunt. Ek bid dat jy vandag Sy liefde, en genade sal ervaar in jou lewe... Dat die groenoogmonster sal wegbly, en dat niemand jou minderwaardig sal laat voel nie! JY = koningskind, en die gras lyk gewoonlik altyd net groener in iemand anders se lewe... Jy is ONGELOOFLIK spesiaal en God het jou baie lief!!!

blessings!

Monday, 5 September 2011

“Iemand is nie ‘n held omdat hy dapperder as al die ander is nie, maar omdat hy tien minute langer dapper is…” ~ Ralph Waldo Emerson

haloes! :)

“Iemand is nie ‘n held omdat hy dapperder as al die ander is nie, maar omdat hy tien minute langer dapper is…” ~ Ralph Waldo Emerson



Jakobus 1:3-4

“Soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet enduit volgehou word sodat julle tot volle geestelike ryheid kan kom, sonder enige tekortkoming…”

Openbaring 3:10

“Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel…”

“Ons kan alle dinge doen deur die genade van God, wat Hy nooit weier aan hulle wat dit ernstig van Hom vra nie… Klop, hou aan met klop, en ek verseker jou dat Hy vir jou sal oopmaak…” ~ Broer Lawrence

“Ons kan enige iets doen wat ons wil, as ons lank genoeg daarmee aanhou…” ~ Helen Keller

Dink gou aan jou eerste fiets wat jy gekry het… Gewoonlik begin mens met 'n fiets wat “training wheels” op het… En sodra jy genoeg selfvertroue of genoeg oefening met die fietsry ding het, haal jy die wiele af, en ry dan sonder daardie ondersteuning verder. Nadat die “training wheels” afgekom het, is dit ‘n aanpassing om jou balans te hou, en baie keer kan mens val en baie seerkry… Die lewe is vir my baie soos fietsry… As jy een keer leer fietsry het, sal jy dit nie verleer nie – net soos jy leer om – wanneer die lewe gebeur - deur te druk “when the going gets tough…”

Ek dink egter op ons “lewensfiets” het ons steeds die ondersteuning in die vorm van “training wheels”… God is daar om ons op die regte pad te stuur… Wanneer die wiele afkom, en ons dalk val en seerkry, is Hy daar om ons op te help, en ons “seerplekke” heel te maak… Party van ons is partykeer te bang om op die fiets te klim, omdat ons bang is vir mislukkings, of seerkry… Een van my gunsteling sê-goed is dat “tyd alle wonde heelmaak…” Al het jy jou “nerf-af” geval, of is jou hart in stukke gebreek, of het jou lewe dalk draaie met jou geloop wat jy wens jy kan uitvee… Onthou – alles wat in jou lewe gebeur, is wat jou die UITSONDERLIKE mens maak wat jy vandag is… As dit nie vir gisters was nie, sou jy nie JY wees nie…

Moenie bang wees om op jou “fiets” te klim nie… God sal jou regop hou… Al het jy dalk pas afgeval, en al voel jy jou bene kan nie meer verder trap nie… HY sal sorg!! Jy kan werklik ENIGE iets doen, deur Hom wat jou krag gee! (Fil 4:13) , en ENIGE situasie – maak nie saak HOE die dinge lyk, kan deur Hom, wat moontlik is om meer te doen as wat ons ooit kan bid of dink, kan deur God omgedraai word…

Blessings!

Anel*

Sunday, 4 September 2011

“Die lewe is te kosbaar. Moet dit nie vernietig nie…” ~ Moeder Teresa

“Die lewe is te kosbaar. Moet dit nie vernietig nie…” ~ Moeder Teresa


Hebreërs 6:11

“Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê, totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is…”

Romeine 15:13

“Mag God, die bron van hoop, julle deur geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees…”

“Die mense wat leef asof daar nie lewe na die dood is nie, sal niks wen as hulle reg is nie en alles verloor as hulle verkeerd is. Die mense wat lewe asof die hede die toekoms sal beïnvloed, sal niks verloor as hulle verkeerd is nie, en alles wen indien hulle reg is…” ~ Blaise Pascal

“Dis die realiteit van die dood wat lewe kosbaar maak. Waardeer wat jy nou het. Lewe beteken geleentheid, al vereis dit risiko’s. Moenie jou droom opgee nie. Geniet die lewe. Maak vandag beter – nou…” ~ Ernst van Zyl

God is die enigste persoon wat weet wanneer ons begin (geboortedatum) en eindpunt van ons lewe (sterftedatum) is… Ek dink mens vergeet partykeer dat ons net tydelik vir hierdie aarde geleen is. Ons is hier om die lewe vir ander ‘n beter plek te maak… En ook om ELKE oomblik VOLUIT te lewe! Mens besef baie keer eers wat jy het, wanneer jy dit verloor het. Ek dink dat dit belangrik is dat jy jouself daagliks moet herinner dat vandag ‘n geskenk is! Ons moet daagliks ook dankie sê vir dit wat ons het… Ek het die naweek net weer besef – toe ek 2 blokke ver moes stap met swaar groceries, watter voorreg (en nie ‘n reg), dit is om ‘n motor te kan hê, en na die winkel te kan ry, en jou goed in te laai, huis toe te ry en dit te kan uitpak nie.

Ernst van Zyl se aanhaling is werklik vir my besonders! Moenie terugstaan vir dit wat jy in die lewe wil hê nie… Niemand gaan vir jou opstaan as jy nie vir jouself baklei nie, en dinge gaan nie net na jou toe kom as jy nie daarvoor werk nie. Neem risiko’s, en moenie jou drome prysgee nie! Ek weet mense dink al cliché as jy sê - leef vandag asof dit jou laaste was. Maar imagine, dat jy net 24 uur oorgehad het. Wat sou jy met die tyd doen? En wanneer jy identifiseer het wat jy sou doen – DOEN DIT! Moenie sit en wag tot die lewe met jou gebeur nie, gebeur met die LEWE! Mag mense se dae beter wees omdat jy daarin is. Baie keer wanneer jyself ‘n “blou dag” beleef, en jy vir iemand anders daar kan wees, voel jy sommer self beter. God sal die regte mense oor jou pad stuur, en die deure oopmaak wat niemand kan toemaak nie…

Al is jou situasie dalk HOE moeilik op die oomblik – waar God is, is daar GEEN onmoontlikhede nie… God kan van die slegste gebeurtenisse in jou lewe omswaai om die beste ooit te word! Jy moet net vertrou, en LEWE!! Ek het in ‘n fliek “Letter’s to Juliet” ‘n aanhaling gehoor wat sê – “Life is the messy bits…” Moenie wag vir die reën om verby te gaan (as dit dalk is waar jy jouself bevind nie) – dans in die reën!! Die kanse wat mens neem en dit waarvoor jy baklei en werk in jou lewe – is gewoonlik van jou spesiaalste herinneringe op die ou end! Waag om te lewe :)

Blessings!

Thursday, 1 September 2011

“Harde werk is die suurdeeg wat die deeg laat rys…” ~ Anoniem

Haloes! :)


“Harde werk is die suurdeeg wat die deeg laat rys…” ~ Anoniem

Efesiërs 6:6-7

“Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. Doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie…”

Psalm 37:3; 90:17

“Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand…”

“Werk is goed, solank jy net nie vergeet om te lewe nie…” ~ Afrika-spreekwoord

“Die begin is die belangrikste deel van die werk…” ~ Anoniem

Prioriteite… Kom ons wees eerlik, die lewe is een groot gejaagd! Werk is BAIE, en as mens nie ‘n plan of ‘n proses het hoe ons werk nie, kan ons DAE ongelooflik besig wees en ons kan steeds niks uitrig nie. Dis ook BAIE keer baie makliker om die dinge te doen waarin ons goed is, of dinge wat ons weet wat om te verwag, of watookal van ons verwag word, as die dinge wat vir ons moeilik lyk. Dis baie keer makliker om die moeilikhede uit te stel – vir “later”… Later, raak gewoonlik nog later, en dan partykeer word dit nooit gedoen nie, OF dit het ‘n sneeubal effek, en raak ons so oorweldig, dat die lewe net ‘n blur raak, en die werk AL word wat bestaan…

BALANS… Dis vir my ‘n ONGELOOFLIKE belangrike woordjie wanneer dit by werk kom. Ons werk of swottings raak partykeer AL waarvoor ons lewe… Ons geestelike lewe ly daaronder, ons geliefdes ly daaronder, en belangriker – ONS ly daaronder. Wanneer mens in die “ratrace” vasgevang word, word dit moeilik om perspektief te kry, en te besef dat ons ‘n tree moet terugneem, en dat ons moet sorg dat ons ‘n gesonde balans handhaaf. Onthou – NIEMAND is onvervangbaar in ‘n werksposisie nie. Jy kan hoe goed wees, en ALLES vir jou firma gegee het. Iemand anders kan ook opgelei word om jou werk te kan verrig… Ek het grusame stories al gehoor van mense wat 30+jaar van hulle lewe gegee het vir ‘n firma, net om te hoor dat daar herstrukturerings is, en hulle diens nie meer nodig is nie… In familielewens, is daar egter net 1 soos jy…

Ons moet ons beste gee by die werk of in ons swottings – want as Jesus by die werk of by jou lessenaar langs jou staan, moet jy Hom trots maak oor hoe jy jou dagtaak verrig. MAAR – daar moet geleer word hoe om balans te handhaaf tussen jou werk, geestelike lewe, persoonlike lewe ens. As jy nie vir jou ‘n ritme gaan kry om balans te handhaaf nie, gaan jou werk jou lewe raak. God kan daardie balans in jou lewe sit. BID, en plaas vir God eerste… Wanneer ons, ons dae met Hom begin, sal die res sommer net in plek val J

Blessings!

Anel*